Sweeftuig stort naby lughawe neer

Foto: Bitou-munisipaliteit

ʼn Man is dood en nog ʼn man beseer toe ʼn sweeftuig Maandag naby die Plettenbergbaai-lughawe in die Wes-Kaap neergestort het.

Die Bitou-munisipaliteit het gesê die nooddienste het hulle na die toneel gehaas. Reddingswerkers het hard gewerk om die twee mans uit die sweeftuig te bevry.

Een van die mans is op die toneel dood verklaar. Die ander man is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal in Knysna gehaas.

“Ons betuig ons innige meegevoel aan die oorledene se familie en wil die beseerde vinnige beterskap toewens,” het die munisipaliteit gesê.

Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie duidelik nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Aannalie ·

Rerig Maroela, n begrafnisdekking advertensie in die berig waarin berig word dat iemand gesterf het!

Vlieënier ·

Daar gaan ‘n groot man…
Rus in vrede SL, dankie vir jou enorme bydrae op ‘n wye gebied.

Ons gaan Snoopy mis :(

Vlieënier ·

So bietjie meer inligting oor Stu Lithgow:
Sluit 1970 aan by die SALM. Vlieg as Harvard instrukteur vir 6j. Later SAL – vlieg Boeing 727, 737 ,747’s asook Airbus A300 en A340’s. Tree af in 2017 na 36 jaar diens en amper 25,000h. Hou aan om aktief in Plett te vlieg ens.
(AS ek reg onthou was Stu ook deel van die ‘Flying Lions’ span?)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.