Swem: Sates is Suid-Afrika se nuwe goue seun

Matthew Sates (@fina1908/Twitter)

Matthew Sates, 18-jarige swemmer van Pietermaritzburg, het die swemwêreld aan die praat. Hy het tien medaljes (nege goud en een silwer) verower in die eerste twee kortbad-Wêreldbekerbyeenkomste in Berlyn en Boedapest. Hy is ook die voorste manswemmer ná die twee byeenkomste.

Hy het by albei byeenkomste die 100 m, 200 m en 400 m- individuele wisselslag gewen. Tien jaar gelede het Chad le Clos ook daardie driekuns behaal by agtereenvolgende byeenkomste in Beijing en Singapoer.

Gister het hy ook weer die 200  m-vryslag gewen. Sates het die kant net 0,11 sekonde voor die Australiër Kylie Chalmers geraak. Sy tyd was die sesde vinnigste ooit in die item. Donderdag het hy die byeenkoms begin met sy derde junior wêreldrekord in ses dae toe hy die 400 m-vryslag gewen het.

Groot dinge word van Sates verwag. Net die Olimpiese legende Michael Phelps het vinniger tye geswem in die 200 m- individuele wisselslag en die 100 m-vryslag toe hy dieselfde ouderdom was. Phelps het 28 Olimpiese medaljes gewen, waarvan 23 goud was.

Matthew Sates (Foto: Swem Suid-Afrika via SwimSwam.com)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frank ·

Wonderlik, maar hoe is dit dat ek nog nooit sy naam raakgelees het nie? Soveel talent!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.