Swembad-droom vir Senekal verwesenlik

Leah het besoek afgelê aan Senekal om saam met Lottoland te help om ‘n verskil in dié dorp te maak. (Foto: Skermgreep)

Senekal, die Vrystaatse dorpie onder meer bekend vir sy Sasko-silo’s wat al twee dekades leeg staan, het al vir meer as 27 jaar ʼn seer oog in die gemeenskap – die dorpswembad.

Tot nou.

Lottoland help ʼn dorp en kykNET reis die afgelope paar weke reg oor die land saam met aanbieder Leah om hande met verskeie rolspelers te vat om ʼn verskil te weeg te bring in afgeleefde gemeenskappe.

Dorpe soos Hofmeyr, Philippolis en Willowmore het al ʼn hupstoot gekry met ʼn geldelike skenking, en in Woensdagaand se episode was Senekal aan die beurt.

Die gemeenskap se grootste droom was om die swembad, wat 27 jaar lank ongebruik gestaan het, te restoureer. Met Leah se aanvanklike besoek aan die dorp, was die swembad toegegroei en vuil. Die perseel was ook onveilig, onhigiënies en dit is nie ongewoon dat daar dwelms gebruik word nie.

Danksy Lottoland help ʼn dorp se groen koevertjie met R500 000, kon die swembad nou tot sy volle glorie herstel word en ʼn nuwe uitspanplek vir die dorp en sy inwoners word.

Die proses was egter nie sonder struikelblokke nie: Al die pype en mure moes oorgedoen word, bome moes afgesaag word, en rommel en onkruid moes verbrand word. Die swembad het ook ʼn massiewe kraak in gehad, wat herstel moes word.

Een persoon wat die swembadprojek ten volle ondersteun is Charles Pieterse, die plaaslike skoolhoof van Hoërskool Paul Erasmus.

“Ons wil die kinders in die skool en in ons dorp behou. As ons nie aan die kinders geleenthede kan gee nie, het hulle mos ʼn rede om weg te gaan.”

Die dorp swembad-droom is verwesenlik. (Foto: Skermgreep)

Frans Cronjé, komiteelid van die Senekal-Matwabeng-gemeenskapsforum en rolprentmaker (Hansie; Faith Like Potatoes), het twee jaar gelede hier kom wortelskiet met die doel om ʼn verskil te help bewerkstellig.

“Die swembad het ʼn simbool van hoop geword. Iets wat onmoontlik was, is nou reg. Dis amper soos ʼn wedergeboorte.”

Dinge het reeds die afgelope twee jaar al gewoel op die pragtige plattelandse dorpie en Leah was verstom oor die verskil wat sy ervaar het. Volgens Frans het hulle 5 500 slaggate in die bestek van ʼn jaar reggemaak, die stopstrate is geverf en die stortingsterreine is opgeruim.

Die Sasko-silo’s, ʼn bekende baken van die dorp, staan al die afgelope 20 jaar leeg nadat Sasko die dorp verlaat het. Dit het meegebring dat sowat 1 000 mense hulle werk verloor het en van die sakeondernemings op die dorp was genoop om hul deure te sluit. Dit het die dorp se ekonomie ʼn reuseknou toegedien.

Hier het die ywerige Vrystaters weer begin inklim om die silo’s te restoureer. Daar is planne vir ʼn sonneblomolie-pers, ʼn rolprentateljee en om dit as ʼn venue te ontwikkel.

“Kom ons leer meer hoe om Senekal te vier, en ook die Oos-Vrystaat en Suid-Afrika te vier. As ons fokus op die goeters wat werk en wat kán werk en gebeur, dan kan ons die lewe lekker maak.

“Dis wat mense hoop gee, daardie klein stappies,” het Frans dit opgesom.

Skryf in vir Lottoland help ʼn dorp Seisoen 2!

Lottoland is terug met ʼn tweede seisoen van Lottoland help ʼn dorp – ʼn program wat hoop bring na Suid-Afrika se dorpe. Skryf jou gemeenskap se droomprojek in en staan ʼn kans om met behulp van Lottoland ʼn verskil te maak.

Dorpe wat deur Lottoland gekies word vir die reeks, ontvang geld vir hulle droomprojekte, maar met ʼn uitdaging – elke dorp het slegs vier weke om die projekte te voltooi.

Skryf jou gemeenskap se droomprojekte in en staan ʼn kans om met behulp van Lottoland ʼn verskil te maak.

  • Belangstellendes kan inskryf op kykNET se webblad of ʼn e-pos stuur na [email protected].

Lottoland help ʼn dorp wys Woensdagaande om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) of stroom op DStv Stream.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bolandse Nooi ·

Dis al hoe dinge gaan regkom in dié land – as die blankes weer beheer oorneem van goed waar die ANC-beheerde munisipaliteite faal. Ons sien dit daagliks …

domheks ·

Kyk tog dat dit nie weer afgebreek word nie! Al wat cANCer goed is mee.

Jaco ·

Almal dorpe waar die hoogheilige ANC met hulle non-racial human rights in beheer is, waar lottogeld gebruik word om vervalle dinge weer reg te kry. Eintlik behoort DA-beheerde munisipaliteite gehelp te word. “die rassistiese DA” sorg mos volgens die ANC net vir “ryk wit mense”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.