Swembad kry voete by Gautengse fabriek

Vele hande, ligte werk … Die direkteur van die veselglasfabriek wie se swembad gesteel is, vermoed ’n heel paar mense het dit weggedra aangesien die betrokke swembad 250 kg weeg. Foto: Poly Phoenix Fibreglass Products via Facebook

Werknemers van ʼn swembadfabriek in die nywerheidsgebied Spartan in Kempton Park het Maandagoggend tot hul skok ontdek iemand het die naweek ʼn veselglasswembad van die sypaadjie voor hul perseel gesteel.

“Poly Phoenix Fibreglass Products bestaan al van 1969 af en bou al die afgelope 40 jaar swembaddens,” vertel die verkoopsman Christo van der Westhuizen, “maar dis die heel eerste keer dat so iets gebeur.”

Hy vertel omdat ʼn swembad van 4 x 3 m so swaar is, maak hulle dit nie vas nie. “Dit het op die sypaadjie gestaan omdat dit moes uitgaan na ʼn klant.”

Van der Westhuizen vertel die veiligheidswag op die perseel oorkant hul fabriek sê hy het twee verdagte mans Sondag daar gewaar, maar nie gesien dat enigiemand die swembad wegdra of op ʼn voertuig laai nie.

“Die swembad weeg sowat 250 kg,” sê Cheryl Heyden, Poly Phoenix se direktrise, “maar ʼn mens hoef nie ʼn genie te wees om dit weg te dra nie; jy kort net ʼn bietjie beplanning en baie mense om jou te help.”

Dis vir haar “eienaardig” dat die wag oorkant die straat nie gesien het wat van die swembad word nie, maar gee toe hy kon aan die agterkant van die perseel gewees het toe dit gebeur het.

“Ek wil hom nog uitvra, maar die polisie het gesê hulle moet eers met hom praat,” het sy Donderdag gesê.

Van der Westhuizen vra mense moenie ʼn swembad by enige Jan Rap en sy maat koop nie. “Ons reeksnommer is op die swembad en ons maatskappy se naam is op die trap. Dis maklik herkenbaar.”

Heyden sê die swembad is R18 400 werd. Hulle het ʼn beloning uitgeloof vir enige inligting wat hulle kan help om dit terug te kry. “ʼn Klomp mense het al gebel. Party beskuldig hul bure en ander sê hulle sal ons help om die swembad op te spoor – ons moet net eers vinnig vir hulle geld gee.”

Enigiemand met bruikbare inligting oor wat van die swembad geword het, kan Heyden by 083 266 8822 of 011 394 2220/1 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Hendrik ·

Hoe koppel ‘n mens nou weer die pomp aan die swembad? Ek sukkel sedert die naweek om dit te doen..

Jim ·

Hendrik, vra vir Poly Phoenix om jou te help. Hulle doen al vir 40 jaar die werk en sal weet hoe!

John Samuel ·

Waar sien mens die reeksnommer..? Ek vra namens my buurman…

: ]]

Jim ·

John, jou buurman het reeds die reeksnommer en maatskappy se naam doodgeverf, nou toets hy maar net deur jou of dit nog sigbaar is. So, as jy dit nie kan sien nie, het hy n goeie job gedoen.

chris ·

ek het my kinders belowe ons gaan n swembad he voor kersfess.

Neels ·

Hear no evel, see no evel , do no evel. Sy wil hom nog vra of hy iets gesien het, die standard antwoord sal wees “ haket sibi, unghase, no nothing. Dink sy nou hy sal vir sy salaris van tussen R3000 en R6000 sy lewe ingevaarstel vir n simpel R18000. Daar is makliker maniere om daai salaris te verdubbel. In elkgeval in die nuwe SA los jy nie eers n rolletjie toilet papier op die sypaaidjie nie

hittegolf... ·

Hulle (die diewe) verwag seker n vreeslike hittegolf!

Petro ·

hahaha ja nee dis soos die kerkklok in danville van die ng gemeente… helske groot ding en niemand sien en hoor niks….

ac ·

Die afgelope naweek het ‘n wendyhouse van ‘n persoon net verdwyn waar hy gestaan het,toe hy saterdagmiddag van werk kom was huis net weg niemand het niks gesien nie en nou’n swembad????

Sputnik ·

Die diewens het seker sommer nou ‘n aantrekkamer bygekry! :-)

Jim ·

Ja wragtie, Sputnik, ek dink dis n goeie leidraad, Spoor die wendyhouse op en jy het die swembad!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.