Swemmer verdwyn onder water by Jeffreysbaai

Hoofstrand by Jeffreysbaai (2006) Foto: CC BY 2.5 via Wikipedia

’n 26-jarige man word vermis nadat hy op Nuwejaarsdag by Jeffreysbaai in die Oos-Kaap se hoofstrand onder die water verdwyn het.

Sers. Majola Nkholi, woordvoerder van die polisie, sê die man het Saterdag omstreeks 13:00 in die see by die hoofstrand geswem toe hy om hulp geroep het. Hy het oomblikke daarna onder die water verdwyn.

Die man se identiteit is nie bekend gemaak nie.

Nkholi sê lewensredders en die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het ’n soektog van stapel gestuur.

Die man het ten tyde van sy verdwyning ’n broek met ’n blommotief aangehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
bfree

Hoop nie ek trap op tone nie maar …. My vraag is waarom is daar so baie verdrinkings in Jeffreys tydens December maande? My niggie het ook 3 jaar terug daar verdrink… dit was amper 20 minute voor iemand eers agter gekom het dat iets aangaan… toe haar kind op haar rug uitspoel. die arme kind hou nogal haar mamma se kop op dat sy moet asem kry maar was klaar na d ewigheid. is daar genoeg lewensredders? ek weet nie hoe lyk dit daar nie? maar is rerig hartseer vir die arme families wat dieselfde pyn moet deurgaan… sterkte… Lees meer »

Marius

Die see is gevaarlik punt. Benader hom met respek en vrees en jy sal ok wees.

Plaaskind

Dalk ‘n haai?