Swemmer vermis in see aan Noordkus

Reddingsdienste soek na die vermiste swemmer. (Foto: IPSS Medical Rescue)

Die soektog na ’n vermiste swemmer is Vrydagoggend hervat nadat hy Donderdagmiddag in die see aan die KwaZulu-Natalse Noordkus vermis geraak het.

Quentin Power, bevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Ballito, sê die NSRI is omstreeks 15:56 na Tinley Manor-strand ontbied nadat ooggetuies gesien het hoe ’n man onder die water verdwyn het.

Volgens IPSS Medical Rescue het die man in die see gaan swem en in die moeilikheid beland. ’n Vriend het tevergeefs probeer om die man te hulp te snel en die man is laas gesien toe hy onder die water verdwyn het.

“Ondanks ’n uitgebreide soektog na die see en kus is geen teken van die vermiste man gevind nie,” sê Power.

Die soektog na die man is vanoggend met sonsopkoms weer voortgesit.

Die polisie het intussen ’n ondersoek van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.