Swendelaar teiken glo ryk, wit vroue

Polisie is op soek na slagoffers van beweerde Rudi Brits. (Foto: Verskaf)

Die Wes-Kaapse polisie is op soek na vroue wat kan help met ʼn ondersoek na ʼn man in die Stellenbosch-omgewing wat glo vroue jare lank uit geld en besittings bedrieg het.

Die man, Rudi Brits, het glo welvarende vroue die afgelope tien jaar op sosiale media bevriend en dan met hulle in ʼn romantiese verhouding betrokke geraak. “Hy sou dan intrek by die slagoffers en groot bedrae geld by hulle begin leen. Ná ʼn ruk verdwyn hy met al die geld en ʼn paar duur huishoudelike items,” het die polisie Donderdag in ʼn verklaring gesê.

Brits is in November deur die Oos-Kaapse blitspatrollie in hegtenis geneem. “Tot dusver kon die polisie Brits met 20 sake van diefstal en bedrog verbind, wat hy tussen 2010 en 2020 gepleeg het,” lui die verklaring. Hy is tans in aanhouding en verskyn weer op 6 Februarie in die Stellenbosch-landdroshof vir sy borgtogaansoek.

Die sake word gekoördineer deur kol. Deon Beneke, tussentydse stasiebevelvoerder van die Stellenbosch-polisie.

Slagoffers van Brits wat nog nie ʼn kriminele klag teen hom gelê het nie, word versoek om kol. Beneke te bel by 021 809 5109 of 082 850 9742.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

30 Kommentare

jongste oudste gewildste
Frik

Party manne het dit net.

Bert

Dis eintlik verstommend hoe ver mans kom met al die mooi woordjies by eensame vroue, omgekeerd natuurlik ook, ken ‘n hele paar van hulle.

Karel

Baie mans is ook maar net so desperaat. Ek het 2 vriende wat nou maar net eenvoudig nie van vrouens kan wegbly nie. Hulle kon elk al n pragtige motorfiets gekoop het met die geld wat hulle al gemors het.

Jerry B

Geen hoop, vat hom Vet toe

Nic

Karel, jy dink soos ek. Soos hulle se, dis goedkoper om die melk by die winkel te koop as om `n koei aantehou