Swendelaars misbruik glo Gauteng-premier se naam

David Makhura, premier van Gauteng Foto: GCIS

David Makhura, premier van Gauteng Foto: GCIS

Die provinsiale regering in Gauteng het die publiek gewaarsku teen ʼn bedrogspul wat onder premier David Makhura se naam die ronde doen.

ʼn Woordvoerder van die provinsiale regering het in ʼn verklaring gesê die swendelaars gebruik die premier se naam en maak beloftes van werk, beleggingsgeleenthede en maatskaplike toelaes. “Die bedrieërs het ʼn vals Yahoo-e-posadres opgestel en gebruik dit om persone uit te nooi om aansoek te doen vir werk of ander voordele uit die regering.”

Makhura het die bedrogspul veroordeel. “Daar is ʼn bedrogspul wat niksvermoedende mense probeer kul uit hul swaarverdiende geld in ruil vir ekonomiese geleenthede in die provinsie,” het hy gesê. “Ons is ontsteld dat hierdie gewetenlose misdadigers ons pogings en ingrypings om armoede, werkloosheid en ongelykheid te bestry, uitbuit. Ons het die wetstoepassers in kennis gestel.”

Die provinsiale regering versoek enigiemand wat ʼn e-pos van [email protected] ontvang het, om dit aan [email protected] te stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.