Swendelaars teiken voormalige mynwerkers

Argieffoto

Die departement van arbeid het Vrydag voormalige mynwerkers gewaarsku om versigtig te wees vir enigiemand wat hulp aanbied om hulle met eise by te staan by die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF).

Die departement het met ʼn veldtog begin vir voormalige mynwerkers om te registreer vir WVF-voordele wat nooit geëis is nie. Die departement begin in die Noord-Kaap.

“Ons het geen verbintenis met enige forum of agent wat as ʼn middelman wil optree nie,” het Emily Maneli, direkteur van provinsiale bedrywighede, gesê. “Ons distansieer onsself van dié gedrag en versoek dat sulke persone by die naaste polisiestasie aangegee word.”

Die departement is op soek na mense wat voor April 2002 weg is by Suid-Afrikaanse myne om miljoen rand in onopgeëiste voordele uit te betaal.

Registrasies het vandeesweek suksesvol verloop in Douglas en Barkly-Wes en die projek duur volgende week voort in Warrenton en Pampierstad.

Alle voormalige mynwerkers, wat ná April 2002 weg is by die myne sal kragtens die Wet op Werkloosheidsversekering geassesseer word, het die departement verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eddie ·

Waar kan mens meer uitvind hieroor. Ek is in 1995 by die myne weg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.