Swerm bye val kinders aan

Argieffoto (Foto: PollyDot, Pixabay)

Argieffoto (Foto: PollyDot, Pixabay)

ʼn Groep kinders, tussen vyf en sewe jaar oud, is Dinsdag naby Benoni in Gauteng deur ʼn swerm bye aangeval.

“Paramedici het omstreeks 16:30 na die toneel op die hoek van Jones- en Pitfonteinweg gehaas,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “ʼn Taxi met agt kinders het glo in Jonesweg gery toe ʼn swerm bye by die vensters ingevlieg en die kinders en die bestuurder begin steek het.”

Paramedici het vinnig gewerk om die kinders te stabiliseer. “Een van die kinders en die taxibestuurder was in ʼn kritieke toestand, en die ander kinders was in ʼn ernstige toestand. Hulle is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Botha bygevoeg.

Bye is baie aktief hierdie tyd van die jaar wanneer swerms na ʼn nuwe korf toe skuif.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jani ·

Ek was self stout toe ek so oud was. Ek hoop nie die bye is vakant gemaak. Bye raak skaarser. Daardie kinders het heel moontlik gaan moeilikheid soek. Pakslae!

maria ·

Maar die kinders was dan in n taxi……….hoekom moet hulle pak kry? Lees weer!

Pierre ·

Bye wat swerm is nie agresief nie. Iemand moes die swerm by hul nes gesteur het.

Toela Lambrechts ·

Jani lees asseblief die artikel voordat jy kommentaar lewer.Die ki nders was in n taxi, nie besig om kwaad te doen.

Hannelie ·

Op 24 Desember 2015 was altwee my honde 7 uur die oggend aangeval deur “n swerm bye wat of gepla was op “n anderplek want ons het die hele erf deursoek vir “n nes en kon niks vind. Ek het gesien wat bye tot instaat is en altwee my honde is dood in die proses. Hulle was baie agresief gewees ek kan net dink hoe die kinders moes voel en vasgekeer in ‘n taxi !

Riette ·

Bye kan vir verskeie redes kwaad raak en begin steek. Dalk ‘n geluid soos ‘n grassnyer of iets. My man boer met bye en Sondag was daar ‘n geval in ons dorp waar bye ‘n klomp honde aangeval het. Van die vyf honde het net een dit gemaak. Hulle het ook almal in die omgewing gesteek wat verbygeloop het of wat die honde wou help. Dalk is dit maar net ‘n geval van op die verkeerde plek op die verkeerde tyd. Shame. As iemand allergies was kon hulle dalk dood gewees het.

Sumari ·

Genade mense lees net weer die kinders was in ‘n taxi. Hoe de joos moes hulle die bye terg terwyl hulle in ‘n taxi was.

Petro ·

Ons is Saterdag by ‘n vakansie oord deur bye aangeval terwyl ons net swembad toe gestap het. Een seuntjie 10x gesteek. Die oggend nog was daar geen bye nie, en toe 6h die aand is daar hordes en het reeds ‘n korf begin maak. So erg dat mense liewer huis toe gery het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.