Swygsame dwelmhandelaar blykbaar onstuitbaar

Die vermeende dwelmhandelaar van Brakpan het R4 000 se dwelms by haar gehad. Foto: SAPD

Lede van Ekurhuleni-metropolisie se dwelmeenheid het Sondag gereageer op inligting dat ʼn vrouedwelmhandelaar glo opnuut haar ware in Curryweg op Brakpan verkoop, presies ʼn week nadat sy op ʼn soortgelyke aanklag in hegtenis geneem is.

Sondag het lede van die eenheid haar weer in hegtenis geneem, dié keer met dwelms met ʼn geskatte straatwaarde van R4 000 en amper R300 kontant in haar besit.

Nadat hulle die sogenaamde Lolli-huis in Curryweg, wat aan lede van die eenheid uitgewys is, deursoek het, het hulle op 30 Mandrax-tablette, 70 sakkies dagga en nog 16 geknoopte sakkies dagga asook ʼn plastieksak met meer as 2,5 kg van dié dwelm afgekom.

Die 43-jarige verdagte, wat haar swygreg uitgeoefen het toe sy ondervra is oor hoekom sy steeds op straat werk nadat sy ʼn week tevore ook in hegtenis geneem is, word in die Brakpanse polisiestasie aangehou op aanklagte van dwelmhandel.

Sy kom na verwagting Maandagoggend in die plaaslike landdroshof voor.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Duimpie se Maat ·

Ag laat haar vry, dan neem julle haar weer volgende week in hegtenis. Werk aan goeie statestiek.

Corne ·

Yes, dis werk skepping, sy hou nou 2 beamptes per week besig.

Hermien Pienaar ·

Waarom so op eiers loop rondom dwelmhandel? Sy moes met haar eerste inhegtenisneming toegesluit gewees het; Mense met kriminele gene is onrehabiliteerbaar. Sy ruineer mense se lewens, so waarom haar toelaat om daarmee aan te hou? Daar word te sagkens met dwels in Suid-Afrika omgegaan en mense besef nie die impak daarvan nie. Sluit asseblief hierdie mense toe vir lewenslank!

Koos de Meyer. ·

Nee ons tronke alreeds te vol. Maak soos sekere lande, dwelms, doodstraf klaar.

Brutus ·

Begin al meer te dink dat as jy in Suid Afrika bly, moet jy dalk dwelms gebruik. Dis al wanneer jy gaan dink dit is n wonderlikke land, is om op n high te wees

Geregtigheid ·

Common sense het n bonatuurlike ding geword. Gee borgtog om net nog meer skade te doen.

Leon Pit ·

Die GROOT skuldige in die saak en ander kan net voor ons regstelsel se deur gele word. Feite.

se net ·

Sy tender……………………..vir n permanente adres.
Die tronk, want als is gratis en sy betaal nie n sent nie.

Heksie ·

Telke male daar in ou Brakpan mense herhaaldelik vir dieselfde oortreding toegesluit, dis asof hulle net nie omgee nie … Ek weet Pinkie se kos is lekker, dis seker die rede ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.