‘Sy het gewag vir haar lyfie om slap te word’

Koekemoer in die hof. Foto: Foto: 90.6 FM Stereo Nuus

Koekemoer in die hof. Foto: Foto: 90.6 FM Stereo Nuus

Landdros Robert Button het tydens die vonnisoplegging van Soniya Koekemoer (34) wat haar dogtertjie met ʼn tou verwurg het, gesê die gemeenskap het haar in die steek gelaat.

Koekemoer is Dinsdag in die streekhof in Vanderbijlpark tot 18 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op haar negejarige dogtertjie Michelle.

Volgens 90.6 FM Stereo Nuus het Button gesê Koekemoer moes hulp kry nadat sy 16 jaar gelede met bipolêre gemoedsversteuring gediagnoseer is. Hy het gevra waar lede van die gemeenskap was en waarom hulle haar nie gehelp het nie. “Die gemeenskap staan saam met jou in die beskuldigdebank,” het hy gesê.

Die staatsaanklaer adv. Erik van der Merwe het die hof vroeër versoek om Koekemoer tot minstens 20 jaar tronkstraf of lewenslank te vonnis vir die moord op haar dogtertjie. Hy het aangevoer Koekemoer het nie voldoende berou getoon vir haar daad nie.

Van der Merwe het gesê Koekemoer het Michelle met voorbedagte rade vermoor. “Koekemoer het die aand van 9 Junie besluit om ʼn einde aan alles te maak en sodoende ʼn nylontou gebruik om Michelle te verwurg.” Volgens van der Merwe het Koekemoer ook tydens die moord tyd gehad om terug te tree en die tou te verslap om só haar dogtertjie se lewe te red, maar sy het dit nie gedoen nie en gewag vir haar lyfie om slap te word.

Michelle Koekemoer

Michelle Koekemoer

Francois de Kock, Koekemoer se regsverteenwoordiger, het egter by die hof gepleit om versagtende omstandighede in ag te neem. Hy het aangevoer dat Koekemoer nie die moord op haar kind beplan het nie en dat dit die resultaat was van ʼn ma se moedeloosheid. Hy het ook ter versagting aangevoer dat Koekemoer skuldig gepleit en berou getoon het.

Landdros Button het in sy uitspraak gesê die hof glo dat Koekemoer die moord beplan het. Hy het egter ook gesê Koekemoer se selfmoordpoging was ʼn oproep om hulp. Button het gesê dit is nie die hof se plek om Koekemoer te oordeel nie, maar dat sy wel eendag rekenskap sal moet gee vir haar dade.

Koekemoer is op 22 Julie in hegtenis geneem nadat Michelle se liggaam op 10 Junie in haar bed in haar slaapkamer gevind is. Sy en haar ma het in ʼn woonstelblok in Vanderbijlpark gewoon.

Koekemoer het aanvanklik beweer sy het Michelle die laaste keer lewend gesien toe sy die vorige aand vir haar ʼn storie gelees en haar in die bed gesit het. Volgens Koekemoer het sy wakker geword met ʼn tou om haar nek en dadelik na haar dogter se kamer gegaan. Sy het gesê sy het Michelle se liggaam op haar bed aangetref, ook met ʼn tou om haar nek.

Lees alle vorige berigte oor Soniya Koekemoer op Maroela Media.

Inligting met vergunning van 90.6 FM Stereo Nuus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Anoniem ·

So so bitterlik hartverskeurend. Daai arme kindjie. Watse vrees moes sy nie gehad het om te sien wat haar mamma aan haar doen nie? My ander vraag is waar is die pa in die hele storie? Rus in vrede klein poplap!!

Johann ·

Dit breek my hart elke keer as ek van die gevalle lees. (Poppie van Brits geval ook)
Ongelukkig het ek geen simpatie met haar omstandighede nie.
Daar is GEEN rede/ verskoning om ‘n kind te vermoor nie.
Daardie mense moet verewig en altyd in die tronk gaan sit.
Geen doodstraf nie – hulle moet die res van hulle lewe in ‘n tronk spandeer om te dink wat hulle gedoen het.
GEEN KIND EN GEEN VROU EN GEEN DIER verdien die dood nie.

ELMARE ·

Ek besef al hoemeer dat baie afrikaners is skaam vir die arme afrikaner. Dit breek my hart as ek na die plakkerskampe kyk, die armoede, die klip gooi en dan vra ek myself af wat doen ek om te help. Draai my kop weg en druk my ore toe om die nood kreet te hoor van hierdie vervalle mense met hul seer en pyn. Hoekom hoe ons nie op klippe gooi en steek ‘n hand uit om ons volk op te help nie.

Sooo jammer ·

Ek het soveel simpatie met haar. Ek het ook op ‘n stadium gevoel alles raak net soveel dat kinder- en selfmoord die enigste uitkoms sou wees. Min besef mens in daardie omstandighede dat jou lot wel kan verander as jy net alles oo gee aan die Here.

CHRISTA ·

Elmarie, wat het armoede en skaam met Afrikaners uit te waai? Selfs ons HERE JESUS het 2000 jaar gelede gesê: Die armes sal julle ALTYD by julle hê!! My Ouma het vir my Pa onderklere en hempies uit gebleikte meelsakke gemaak!!! My Oupa was ‘n PLAASWERKER, maar hulle was trotse mense!! My Pa het met ‘n St 6 kwalifikasie sy eie pluimveeboerdery begin en hy was suksesvol!!! My broer het ‘n landbougraad gehad en hy kon nie eers my Pa se boerdery suksesvol voortsit na sy afsterwe nie!!!

Sooo jammer ·

Ek het soveel simpatie met haar. Ek het ook op ‘n stadium in my lewe gedink selfmoord en kindermoord sou die oplossing wees op my omstandighede. Dit het alles verander toe ek my lewe ten volle oorgegee het aan God en Sy genade ondervind het. Ook om eerlik te kon wees met my familie het baie bevryding gebring. Mens is so geneig om weg te steek en te dink hulle gee nie om nie. Intussen is dit die teendeel. Hulle gee om. Hulle weet net nie. Sterkte Sonyia en Familie.

Helen ·

Ek dink nie dis regverdig dat Button sê die gemeenskap is ook skuldig nie. Die gemeenskap het nie geweet sy gaan so simpel ding aanvang nie, en dis ook nie die gemeenskap se plig om vir te sê om nie babas te hê, reeds nadat sy gediagnoseer was nie! Sy het mos geweet van haar “toestand”, dan moes sy mos iets gedoen het daaraan. Sy alleen het die moord gepleeg, nie die gemeenskap nie! Pleks sy maar net haarself uitgehaal het, en die kind dan vir die gemeenskap gelos het. Jammer as ek nou gevoelloos klink, maar sy het ook nie gevoel gehad toe sy haar kind doodgemaak het nie.

miv ·

Sy’t goed geweet wat sy doen as sy gewag het vir die lyfie om slap te word. Moenie die gemeenskap betrek nie. Sy kon gaan hulp soek het, sy’t dan moeite gedoen om dagga te gaan soek. Gemaklik om ander die skuld te gee.

lizette ·

God het dit gesien en om iemand se lewe in jou eie hande te vat is n Baie Baie groot sonde. Ons is net vermekaar geleen hier op aarde. Ons is Syne. Mense vergeet hulle Skepper en dan moet ons onthou wat gaan HY vir ons se gaan weg EK ken jou nie. dis scary. Geen simpatie vir haar straf nie. sy verdien dit. In die woord se HY wees soos God, sag en liefde vol en nou het sy satan sy sin gegee.

jaco ·

die regter sê “die gemeenskap” het haar in die steek gelaat. In my “gemeenskap” het ek al talle kere mense met geestesaftwykings en dwelmprobleme verwys na professionele hulp sodat hulle kon regkom. In meeste gevalle het hulle my afgejak. So wat maak jy as jy dan die perd tot by die water gebring het en hy wil nie drink nie???

FC ·

Ons as die publiek is aangewese op die howe om reg en geregtigheid te laat geskied. Ek voel nie dat dit in hierdie geval gebeur het nie. Volgens die uitspraak was die moord beplan. Hoe op dese aarde kan daar genade wees vir ‘n beplande moord op ‘n onskuldige kind ?
Ek hoop regtig dat hierdie saak ook op hersiening geneem sal word vir swaarder straf.

Lalla ·

die vrou en haar regsverteenwoordiger moenie kon snert praat nie. Ek is op anti jammer pille (my naam vir dit) en ek maak my self seer as dinge net bietjie te erg raak. My kop los my sommer heeltemal. Maar nog nooit, soos in nog nooit! Het ek enige skade aan my eie kind gedoen, nog nooit eers daaraan gedink nie. dis siek en laag en gemeen. Sy is nie die woord vrou en/of ma werd nie, sy is minder as niks en ek hoop sy kry geen mediese sorg in die tronk (wat dan moet ons nou weer extra belasting betaal omdat ons die verskil tussen reg en verdeerd ken). Sy verdien om met haar siekte en gewete in die tronk te vrot! En regter dis te min, nie almal weet wie ly aan depressie en wie nie. My man, my ma en pa en sussie weet van my depressie, Nie die gemeenskap nie want dit het niks met niemand uit te waai ek soek nie simpatie nie! Die ma het presies geweet wat sy doen, sy het dit beplan, uitgevoer (seker nog haar eie kind in die oe gekyk), en dan nog gelieg oor wat gebeur het. Jammer maar daar is baie mense daar buite wat aan depressie ly en moord is nie `n antwoord nie, jy gebruik jou siekte as `n verskooning vir jou onaanvaarbare stupid besluite.

Tashia ·

Kanie glo sy noem haar self n ma nie…plaas vat sy haar eie lewe plaas van n onskuldige kindjie…sy verdien nie n ag sjame of arme vrou nie sy moet sit en leef met die kretiek want sy moes weet dit is verkeerd en hkm was sy nie in n inrigting vir hulp nie…niemand kry daai oukie jammer wat die boer in die nag kom slag nie…dan is daar van jul wat haar verdedig sies man!! Kry vir jou ook n pillitjie vir hulp dan as jy die ma verdedig of jammer kry..ja net ons Hemelse Vader kan ons oordeel maar daars mense op die aarde gesit om ons in die wet ook te oordeel dat jy nie die hele nasie God Se kinders moet uit moor nie…en jou weg tesluit vir ander se beskerming

PJ ·

Hoe moes die arme meisiekind gevoel het toe sy besig was om dood te gaan en seker haar ma in die oe gekyk en gewonder hoekom doen mamma dit……Hierdie land moet die doodstraf terug bring….Neem eerder jou eie lewe en gun die arme kind n kans in die lewe….Jy gaan swaar trek in die trunk veral as die Here jou saak gaan begin werk, Nugter en alleen….

Leo ·

Hoe kan jy as Ma jou eie kind doodmaak?! Sy het gewag dat haar lyfie slap word….hoe doen mens dit?? Dit gaan my verstand te bowe. Wat moes deur daai arme klein lyfie se kop gegaan het toe sy sien wat haar Mamma aan haar doen? Het sy gesien? Het sy geweet? Dit is vrae wat nooit beantwoord sal wees nie. Net sy en haar Mamma sal weet. My hart breek.

Amanda ·

Absurd!! Ek maak al vir 11 jaar alleen 3 kinders groot soms onder baie moeilike omstandighede, laaste uitweg ooit was om van hul “ontslae” te raak. Hoe doen mens so iets? Die gemeenskap het nie die kind gehelp maak nie, hoekom het sy nie gaan hulp soek op die regte plekke nie? Ounooi jou lewe was kort maar jy beter af waar jy nou is… En terloops ook op n kannie worry pilletjie na my man oorlede is, maar dit laat my nie my kop verloor nie….!!

Barmhartig ·

Johannes 8 vers 7: Maar toe hulle aanhou om HOM te vra, het HY HOM opgerig en vir hulle gesê: Laat die een wat sonder sonde is, die eerste klip op haar gooi. Deur die Landros se besluit, het ons HERE alreeds tot Sonyika gespreek. Mense, dit is nie ons plek en gegewe om te oordeel nie. Dit is juis wat ons land so seer maak.

O neeeeee ·

Wat ons land so seer maak is dat alles deesdae reg is. Everything goes, jy mag ‘n universiteit aan die brand steek, jy mag ‘n polisieman met ‘n baksteen slaan, jy mag twee sekuriteitswagte in ‘n hokkie toesluit en die plek aan die brand steek, jy mag vrouens en kinders verkrag en vermoor .. DIS wat SA ‘n slegte land maak, nie die oordeel oor die slegte dade nie. Niemand gooi klippe nie, en niemand is sonder sonde nie maar HOU OP OM DIE BYBEL SELEKTIEF AAN TE HAAL. Om iemand te VERMOOR sal altyd verkeerd wees en daar is geen regverdiging daarvoor nie, en ek hoef nie sondeloos te wees om nie te mag se om jou kind te vermoor is VERKEERD en AFSKUWELIK nie.

Aai ·

My hart gaan uit na almal wat vir Michelle lief was en omgegee het. DIt is hartseer dat iemand so moedeloos raak dat hulle gedryf word tot so ‘n daad. Ek bid vir Soniya en hoop dat sy die nodige hulp en medikasie sal kry.

CHRISTA ·

Hierdie vrou is 7 jaar voor haar kind se geboorte gediagnoseer met biopolêre gemoedsversteuring. Waarom het die psigiater of wie haar ook al gediagnoseer het nie ‘n oog oor haar gehou en bepaal of sy eendag haar eie kind sal kan hanteer. Indien die psigiater bevind dat sy nie die stres van ouerskap sal kan hanteer nie, moet daar wetgewing ingebring word wat verpligte steralisasie toestaan. As sy nie eers haar eie lewe kan hanteer nie, hoe gaan sy kan volhou met ‘n kindjie wat 24 uur per dag haar sorg nodig het?!!

Estie ·

Die regter klink asof hy nie ‘volkome begrip van bi-polar het nie. Hy is reg dat die ma nie ‘n ondersteunings-stelsel gehad het nie, maar hy skep nou die indruk dat mense wat aan Maniese Depressie lei ‘n fisiese gevaar vir die mense om jul inhou. Terwyl dit erg moeilik is om.saam met mense wat bi-poler is te lewe & hul kinders kan emosionele skade lei agv onbeheerde gemoeds-stemminge, is Bi-polere mens geneig tot selfmoord, nie moord op ander nie. Maniese Depressie is ‘n gemoeds-versteuring (& beheerbaar), dit is nie ‘n persoonlikheids-afwyking (bv ‘n sosiopaat) of geestesversteurdheid (bv skisofrenie) nie. Terwyl mens met bi-polar wel psigotiese episodes kan he, le dit nie tot moord nie, veral nie voorbedagte moord nie. Die regter se woorde mag nou ‘n hele blik onaangame wurms uitgiet op die groot persentasie mense wat met Maniese Depressie gediagnoseer is & die laaste ding wat hul nodig het, is dat die samelewing paranoies raak oor die moontlikheid dat hul kinders vermoor kan word. Mense is maar lui om navorsing te doen & hul gaan nou die regter se uitspraak aanvaar as ‘n totale opsomming van bi-polere mense in die algemeen. Maroela Media, ek stel voor dat jul ‘n artikel plaas oor die toestand & kenners se opinies verkry.

Barmhartig ·

Alles wat verkeerd gedoen, gesê, gedink en bedink word, bly verkeerd. Ek beaam dit en ons moet natuurlik dit afmaak vir wat dit is. Ek meen net om weer en weer en weer mense te roskam wat alreeds geroskam is deur die Regstelsel en effektief alreeds n vonnis opgele is, het alreeds die Regter se oordeel weg, ongeag wie dit ookal is. Dit is die Regter/Landros se werk en aan hom opgele. Dit is nie aan ons gewone mens opgele om oordeel te vel nie. Ek is nie bang en sal nie bang gepraat word om Die Here se Woord aan te haal nie. Ek meen dit in goeder trou en met goeie rede. Juis oor al die onvergewensgesindheid in ons land, gebeur die nare goed met ons. Hoekom moet ons dit nog meer aanblaas. Ek kies om te vergewe want Jesus het ons vergewe.

Theresa ·

Hoor baie van optredes en marse wat gehou word vir misdaad teen vroue en kinders. Vroue raak egter gereeld deel van dié wat die kinders benadeel? Ons land het dringend hulp nodig – die droogte was net ‘n klein deeltjie van ‘n reuse nood en probleem.

Oom Kalahari ·

Michelle, jy was ‘n pragkind en dit is hartverskeurend dat jou lewe jou ontneem is. Vandag is jy in God se Paradys waar jy net liefde, geluk en vrede sal vind. Waarom moet onskuldige kindertjies al die trauma en moord deurmaak, dit is ‘n siek en duiwels wêreld waarin ons leef.
Mens kry trane, word kwaad en voel frustreerd om daagliks hierdie tipe van moorde te moet aanhoor op onskuldige kinders, vrouens en boere.
Rus sag en in vrede kleine Michelle.

gert ·

ek is nie daar om te oordeel , – ek het self 2 pragtige dogtertjies , ..maar die Vader weet , ..in jou lewe doen jy nooit ‘n kind leed aan nie ! wat se tipe mens is jy ?? Aan die een kant wil ek vir jou bid …, maar aan die ander kant hoop ek jy kry al jou hel in die tronk !

rus sag my meisie …. by Jesus is jy veilig !

Mary ·

Heel moontlik het hierdie vrou hulp gesoek, en niemand kon help nie.
Of eerder hul wou nie help nie. So, die beste uitweg is : Sy moes altwee van hulle om die lewe bring.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.