Sy hoor die stemme van haar man se moordenaars

Thabo Nkala, Edmore Ndlovu en Mduduzi Lawrence Mathibela. Foto: Brenda Masilela/ANA

“My lewe was nog nie weer dieselfde nie. Ek is konstant in die hospitaal en hoor heeltyd die stemme van die mans wat my man sinneloos vermoor het. Hulle het my lewe verwoes.”

So het een van die vroue gesê wat in Oktober 2015 deur drie mans verkrag is voordat hulle haar man gedwing het om sy klere uit te trek en in ‘n dam in te stap, waar hy verdrink het. Die drie mans, Mduduzi Lawrence Mathibela (33), Edmore Ndlovu (24) en Thabo Nkala (26), is Dinsdag skuldig bevind aan moord, verkragting en roof.

Die drie was deel van ʼn bende van 12 mans wat op 17 Oktober 2015 twee egpare in Rhodespark in Kensington aangeval het. Die bende het die twee mans in ʼn dam ingedwing, waar hulle verdrink het en die vroue seksueel aangerand en verkrag is voordat hulle beroof is.

Volgens die klagstaat was die bende mans met ‘n vuurwapen en ‘n mes gewapen. Hulle het die vrouens gedwing om op die grond te lê voordat hul onderklere met die mes afgesny en hulle verkrag is.

Die drie mans, wat reeds skuldig bevind is, se regsverteenwoordigers het Dinsdagmiddag versagtende omstandighede aangevoer ten gunste van ligter vonnisse. Die regsverteenwoordigers het onder andere verwys daarna dat al drie mans jong kinders het.

Die saak gaan Woensdag voort.

Lees alle vorige berigte oor die Rhodespark-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Viva misdaad ·

Ja betoog vir ligter strawwe sodat hulle gouer weer vry is om te moor en te verkrag dan kan daar weer geld gemaak word om hulle te verdedig. Wat n siek wêreld waar alles oor geld gaan

Neeeeeeee ·

Ja Viva en dan nog as jy jong kinders het doen jy nie sulke boosheid.

babsie ·

Hulle moet daaraan gedink het dat hulle kinders het watse voorbeeld gaan hulle wees vir die kinders?????

Asjas ·

As die slagoffers nie jong kinders gehad het nie, is en was hulle nog steeds iemand se jong kinders. Het die Hof daaraan gedink?? Die kriminele gaan ‘n groter gevaar wees vir hul kinders. As ek die Ma is sal ek toesien dat daardie pa nooit weer naby my of my kinders kom nie!!

snoefie ·

het hulle nie al jong kinders gehad toe hulle die misdade willens en wetens gepleeg het nie? toe was die welstand van die kinders nie van belang nie. hoekom moet dit nou wees?

Riaan ·

Bring terug die doodstraf, probleem opgelos, so maklik soos dit. Waar is FW de Klerk en sy travante wat die land verkoop het?

Christa ·

Hahaha Riaan, jy gaan ‘n groot job he om almal op te spoor wat in die referendum JA gestem het vir ‘n demokratiese SA. FW de Klerk het net 1 stem gehad.!!!

Elisabeth ·

Beteken nie as jy vir demokrasie gestem het het jy vir kommiuniste gestem nie, net dat alle ideoliogie om ń tafel verdra sal word. Nog minder is gestem dat Afrika net ń swart land is. Stories wat mense glo. Nog belagliker is om jou vertroue in ń ander mens te sit.

Bokram ·

Vergeet van die doodstraf Riaan,dis al n baie ou wens en sal nooit gebeur nie,Dink jy regtig apartheid sou nog bestaan het vandag as dit nie vir FW was nie??Hou op vir FW te blameer,dit sou elkgeval gebeur het,dalk net op n ander manier,dit was net n kwessie van tyd.

Boerseun ·

Wat julle se is nie veitlik nie, niemand sal weet nie want n ander roete is nooit probeer nie. Wat Riaan se is wel veitlik.

Geen hoop ·

Dis om van SIEK te word!!! Versagte omstandighede??? Waar in jou lewe?!?

Anel ·

Verwyder die pa’s van hul kinders voordat hul die voorbeeld sien van hoe hul pa’s “operate” en dan dieselfde doen. Ek sou dit nie as strafversagting gesien het nie. Hulle het geen menslikheid getoon nie. Oktober 2015? Dan het hul moontlik al kinders gehad voor die dade gepleeg is!

se net ·

Hoe kan iemand sulke misdadigers help in die hof ek verstaan dit nie, al gee jy my die wereld se geld sal ek nie sulke mense bystaan hulle saak hanteer nie niks nie. En dan vra julle nog “versagtende omstandighede aangevoer ten gunste van ligter vonnisse? Seriously!!!!!!!!!!!!!

Gerd Lourens ·

Daar is fooie wat net eenvoudig geskryf moet word!!! Gewetenloos.

Lekker Piet ·

As daar na hulle dade gekyk word kan ek nie sien wat se positiewe invloed hulle op hul kinders se lewens kan he sou hulle n verminderde vonnis opgele word.

Adel ·

Jis dit maak mens so be…… vir wat moet hulle versagtende omstandighede kry, hulle moes aan hulle kinders gedink het voordat hulle sulke walglike dade aan ander mense gedoen het!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

gert ·

Gee hulle vir die gemeenskap. Hulle weet hoe om moordenaars te straf.

Lollie ·

Ek voel jammer vir die vroue maar laat hulle saam staan teen misdaad en geweld. Dit raak almal.

duif ·

As hulle ligter vonnisse gaan kry agv hul “kinders”, gaan dit ‘n maklike verskoning wees vir toekomstige misdade. Sê net ek het kinders en jy kan doen wat jy wil.

Acca ·

Dis om van siek te word. Barbaars geen ander woord daarvoor nie. Moor en verkrag en dit is normaal of so word daar gedink. Siek

Sophia la cock ·

Kan jy glo wil versagting hê, het hulle aan versagting gedink toe hulle daardie vieslike dade gepleeg het. Sluit hulle toe en gooi weg die sleutels.

VanAfrika ·

Hulle moes toe aan hulle kinders gedink het voor hulle n ander kind se pa vermoor het en ma verkrag het.

Anoniem ·

Versagting??? Geen versagting nie. Hul maak tien teen een nie eers hul kinders groot nie, want anders sou hul mos aan die nagevolge van hul dade gedink het. Die kinders is 100% beter daaraan toe as om saam met moordenaars en verkragters groot te word. Dink aan die invloed wat hulle op hul kinders sal hê!!!!!

Peace ·

Seker van die wreedste moorde wat die afgelope tyd gebeur het en goed vergelyk kan word met plaasmoorde. Die verkragting is net so erg, want hoekom as jy mense wil beroof moet hulle verkrag en vermoor word? Ek sal die logika daaragter nooit verstaan nie. Hier was dit mense van dieselfde kleur en STEEDS het hulle geen simpatie of respek vir hulle eie landsgenote gehad nie. Dit is skrikwekkend, ek hoop regtig die regter maak hier ‘n voorbeeld van hierdie hartelose moordenaars. Ek hoop werklik met berading en baie hulp kom julle deur hierdie verskriklike trauma. Ek wens julle alles van die beste toe. NEEWAT jy die krimineel moet dink aan die slagoffers se kinders en familie, TE LAAT om aan julle kinders te dink, die moordenaars het NIE my simpatie nie, wel die slagoffers wat met hierdie verskriklike tragedie moet saamleef.

Stem saam ·

Peace, ek stem meer as 100% saam. Sulke siek gedrag, op die een kant pleit hulle, ons het klein kindertjies, maar op die anderkant pleeg hul soos jy sê een van die wreedste moorde en die verkragting en die misdaad is net soos die ander op onskuldige mense. Mense wat nog nooit in misdaad betrokke was, mense wat nog nooit iemand te na gekom het. Verder wil ek amper so ver gaan om te sê, gaan volg op, dit sal my nie verbaas as die slagoffers by liefdadigheid betrokke is nie. Ek voel werklik saam die regter moet die hoogste straf oplê. Dit sal nie die misdaad wegvat nie, maar ten minste sal ons dan die gevoel kry dat die moordenaars nie meer regte as die slagoffers het nie. Aan hierdie vroue, kry berading, probeer hard om jou lewe terug te vat, moet nie toelaat dat die gemors nog die res van jou lewe ook steel. Dit is maklik om te praat, maar werklik dit is my gebed dat jul weer die kop kan optel en leef.

Charmaine Coetzee ·

Hulle moes aan hulle kinders dan gedink het toe hulle die misdade gaan pleeg het toe het hulle nie aan enige een gedink nie net aan verkragting en moor net my opinie xxxx

Nonnie ·

Ek kan nie help om jammer te voel vir hul regsverteenwoordigers nie, want dit bly hul brood en botter. Om darem iemand so siek te verteenwoordig, is seker ook nie maklik nie. En ja, hulle moes maar gedink het aan hul jong kinders voor hul tot hierdie absolute wreedaardige stap oorgegaan het, was seer sekerlik ook nie ‘n eerste vir hulle nie! Geen genade moet aan hulle betoon word nie, geen!

Kosie ·

Ek is verbaas dat hulle nie die vroue ook in die dam ingegooi het na die verkragting nie. Regtig dom siende dat hulle reeds moord gepleeg het en ‘n beter kans sou gehad het om weg te kom.

Uvonka ·

Oee julle moet asb net die REGTE van MOORDENAARS in SA bevraagteken nie.

Aai ·

Ek stem saam met die kommentare …. dat die skuldiges kinders het behoort te tel as verswarende omstandighede : juis omdat hulle kinders het behoort hulle makliker te kan dink hoe hulle sou voel as iemand dit aan hulle kinders doen!

Charlotte ·

Versagting?????????Hul moes aan hul kinders gedink het voor hul vroue vekrag het. Hul moet maar dat Malema vir hul kinders en vrouens sorg. SIEK SIEK SIEK!!!!!!!!Haal almal uit samelewing en sluit hul op in inrigting waar hul nooit weer buite kan gaan en mense seermaak nie

marous ·

Vat hulle na dieselfde dam toe , en oorhandig hulle aan die familie . Dan sal die balans herstel word. Die regstelsel het geen afskrikking meer nie.

Reg en geregtigheid ·

Die doel met wetgewing, polisie, howe en die prosesse is om disipline en orde te handhaaf. Diegene wat buite wetgewing ooptree moet geregtelik gestraf en gedisiplineer word. Daar is ñ rede waarom sekere kriminele dade swaarder gestraf word en langer tyd uitgedien voor moet word. Rehabilitasie is ook een van die redes vir tronkstraf. Ongelukkig word kinders groot met verkeerde voorbeelde en word dan ‘skrik gemaak’ met ñ naweek in die selle vir klein diefstal of onordelike optrede sodat hul kan sien wie hulle selmaata gaan wees as hulle sou voortgaan. Om in ñ bende op te tree en 2 mense vas te bind en hul aan genade oorlaat na jy hulle doelbewus in ñ dam gooi en vrouens se onderklere met messe af te sny en hul waardigheid weg te neem deur hulle magteloos te verkrag verdien geen versagtende vonnisoplegging nie. Die dade word beplan en bespreek en word nie in ñ oomblik van desperaatheid vir enige iets gedoen nie. Daar is mense met kos behoefte wat steel en met aggressie probleme wat op die ingewing iemand ñ vuishou gee. Nie dat dit reg is nie maar daardie is omstandighede wat optrede aanvoer. Daardie mense is rehabiliteerbaar. As jy ñ lewe kon neem, doelbewus, bepland en voorafbespreek – verdien jy ñ lewenslange vonnis want ons weet in SA is die doodstraf geskiedenis. Hierdie vrouens sal ook nooit weer slaap as die gruwels ooit aou vrygelaat moet word nie. Hierdie land gaan tot niet.

Jakoba ·

Die regsverteenwoordiger vra vir vesagtende vonnisse omdat al 3 jong kinders het. Wat de hel, hulle het nie aan daarfie kinders gedink toe hulle misdaad gepleeg het nie. Wat van daardie vrou wie se lewe verwoes is, moet sy vir ewig in vrees lewe? Laat hulle lewenslank sit.

wilma ·

versagting…..hulle moet lewenslank sit. En wat van die vrou se lewe. Sy moet elke dag in vrees lewe en haar lewe is nou verwoes. SIEK SIEK SIEK!!!!

Margaret ·

Hoe durf hulle die feit dat hulle jong kinders het as ” versagtende” omstandighede gebruik. Ek wed jou dat hulle niks positiefs bydrae tot hulle kinders nie. Die reg is onregverdig as hulle dit toestaan .

Madeleine Human ·

Het hul enigsins daaraan gedink dat daardie 2 egpare ook dalk kindertjies het? NEEEEE hul moet net iets doen om die moodrdadigheid in hul
gemoed te voed. Hul moet nou maar in die tronk sit vir hul tyd, geen mense regte moet aan sulke misdadigers gegee word nie, hul het hul slagoffer
se mense regte ontneem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.