‘Sy is in my arms dood,’ getuig ma in moordverhoor

Die tweejarige dogtertjie is dood op die sypaadjie voor haar ouerhuis aangetref. (Foto: Verskaf)

WAARSKUWING: Hierdie berig bevat inhoud wat sommige lesers kan ontstel.

Haar tweejarige dogtertjie is in haar arms dood, waarna sy haar man per SMS van hul jongste se afsterwe laat weet het.

Dit was die getuienis van die 30-jarige ma van Alberton wat in die hooggeregshof, wat in Palm Ridge aan die Oos-Rand sit, saam met haar vervreemde man tereg staan op aanklagte van onder meer die moord en verkragting van hul kind.

Die dogtertjie is op 11 Mei 2021 deur paramedici op die sypaadjie voor haar ouerhuis dood verklaar.

Haar ma het Donderdag getuig sy “was bang vir die abuse en dat haar kinders weer van haar weggevat sal word”.

Luidens die ma, wat ook laat blyk het sy en die pa is nog getroud maar vervreemd, is die sussie en haar sibbe drie keer vantevore deur maatskaplike werkers weggeneem. Dit was as gevolg van dwelm- en alkoholmisbruik.

Dit het ook in haar getuienis aan die lig gekom sy en haar man het drie kinders – die dogtertjie (2) en twee ouer boeties, nou onderskeidelik vyf en agt jaar oud.

Die agtjarige boetie het reeds getuig albei sy ouers het hom en sy oorlede sussie aangerand.

“Hulle het die verkeerde goed met my en my sussie gedoen.” Hy het onthou sy sussie het wonde gehad, in ooreenstemming met die getuienis van die forensiese patoloog.

Die patoloog het getuig die dogtertjie het onder meer wonde oor haar hele liggaam, asook aan haar geslagsdele, gehad.

Die ma het getuig sy was geskok toe sy dié getuienis gehoor. “Ek was nie elke keer by my kind gewees nie,” en het hardop begin huil toe sy gevra is om na foto’s van haar dogter se liggaam te kyk.

Volgens die ma was dié wonde weens die pa se aanranding. Hy sou woedend raak as die dogtertjie hom nie groet nie, haar slaan met ʼn skoen of sy hande, teen ʼn kas slinger en op haar maag druk. Hy sou ook sy pinkie in haar boud druk “sodat sy kan stoel”, het die ma getuig.

“Meeste van die tyd was ek daar [met die aanrandings]. Ek het vir hom [die pa] gesê hy moet dit uitwerk deur bonding tussen hulle twee. Hy sou antwoord sy moet groet, ‘want ek is haar pa’.”

Sy het ontken dat sy ooit haar dogter of seuns aangerand het. Volgens haar het die aanranding sowat ʼn maand voor haar dogter se dood gebeur.

Drie dae voor die dogtertjie se dood was sy siek en kon die ma sien sy verkeer in pyn. “Ons het nie hulp gekry vir haar nie,” het sy verder getuig.

Alberton, mishandeling, verwaarlosing, Chané Bezuidenhout

Die ouerpaar tydens ‘n vorige hofverskyning. (Foto: Verskaf)

Op die derde dag kon haar dogter nie enige kos inhou nie. Sy is vroegaand dood.

“Ek kan nie die presiese tyd onthou nie, maar dit was al donker. Ek het laat sy op die bed lê en was in die kombuis. Ek het nog gewonder hoekom sy so stil lê… sy het doodgegaan in my arms soos wat ek haar opgetel het.”

Sy het hierna histeries haar ma geroep, op die bank gaan sit en ʼn SMS aan haar man by die werk gestuur.

“Hy het by die huis gekom, haar uit my arms gevat en na buite geneem en op die sypaadjie neergelê en die ambulans gebel,” het sy verder getuig.

Sy ontken dat sy die dogtertjie vroeër met ʼn kabel gewurg het. “Dit is nie waar nie, ek sal nooit iets aan my kinders doen nie.”

Sy is spyt sy het eers ná haar dogter se dood oor die mishandeling na vore gekom het. “Ek kon vir my kinders opgestaan het op die regte manier.” Sy het ook getuig sy was seergemaak deur haar seun se “valse” getuienis. Wat hy oor sy pa getuig het, was ook nie alles waar nie, het sy getuig.

Vir die duur van haar getuienis het die pa aandagtig geluister, sonder om enige emosie te toon.

Hofverrigtinge is tot later uitgestel.

‘Ek was net nalatig’

Die ma het ook getuig, tydens kruisondervraging van haar vervreemde man se regsverteenwoordiger, sy was nalatig met die kinders.

Die eerste keer is haar seun weggeneem omdat sy en die pa ʼn woordewisseling by ʼn inkopiesentrum gehad het. Sy en die pa het weggestap en hul seun alleen in die motor gelos. “Ek was nalatig gewees om net weg te loop”.

Ingevolge ʼn hofbevel is die seun vir drie maande weggeneem.

Hierna is die seun en sy sussie weggeneem omdat die ma en pa gefuif en gedrink het. Volgens die ma het iemand haar drank “gedokter”. Sy het die pa se weergawe ontken dat sy ʼn oordosis dwelms – glo CAT en tik – geneem en in die hospitaal opgeneem is.

“Ek het self die dwelms gelos ná die eerste keer wat my seun weggeneem is. Ek het nie weer dwelms gebruik nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Delia ·

Jy is n treurige verskoning van n eiersel donateur, nie n ma nie.

Jannie ·

Tot jy nie skuld aanvaar vir jou aandeel nie, sal dit nie beter gaan nie. Julle is skande vir ouers. Sies!!!!!

Loun ·

Maak nie saak wat met jou gebeur nie, ek wens jou toe dieselfde pyn en lyding wat daardie onskuldige kinders moes deurmaak, mag daar n wet kom wat mense soos jy steriliseer om nooit ooit weer kinders temag hê nie.

Helene ·

Mooi gese Delia! Flip dat enige iemand dit net eens kan dink om ‘n kind seer te maak. Ek sal maar liewer hier ophou, want die woorde wat ek dink vir die twee “goeters” is nie baie mooi nie…..

Johan ·

Nie sy of haar man is ‘n aanwins vir die samelewing nie.

Alida ·

Watter regter of maatskaplike werker het die besluit geneem dat daardie kinders DRIE KEER teruggeplaas is by die ouers nadat hulle weggeneem is? Hulle behoort saam met die ouers in die beskuldigdebank te staan.

miraclealigner ·

Party mense is bedoel om ouers te wees, ander is bedoel om net geboorte te kan skenk. Ek is nie seker of julle by enige van die 2x klassifikasies inpas nie… Vir mense soos ons wat nie KAN kinders kry nie is hierdie ‘n dolk in my hart, my hart skeur in twee elke keer as ek dié geblurde gesiggie sien en ek weet dan sy is nou in ‘n beter plek sonder enige hartseer of pyn. Maar dit is reg, die oordeelsdag is oppad, en julle plek is geboek…

trotsNAMSA ·

en waar is die familie lede / vriende van die twee ? Sien niks, doen niks.

Patch ·

Vrou jy is nie die victim hier nie, mag jy ook vir lank toegesluit word. As jy weet van al die dinge wat die pa aangevang het en niks daaraan gedoen het nie is jy net so skuldig.

honeybee ·

Waar is die ander seuntjie, hoor net van die dogtertjie en die 8jarige seuntjie.

LIEZL ·

100% saam met jou @miraclealigner, sou so graag ‘n kinderlyfie in my huis wou hê, maar dit was ons nie beskore nie. My hart is gebreek vir hierdie pragtige dogtertjie wat nie die kans gegun is om die beste mamma en pappa te hê nie. Ek verstaan nie. Die mense is nie waardig om mamma en pappa genoem te word nie.

Hannelie ·

Jy is nie ‘n ma nie…..jy is gemors!!! Jy verdien geen kind of iemand om vir jou lief te wees nie, want jy kon nie eens vir jou kinders liefde gee nie.

Susan ·

Die Maatskaplike Werkers en Regter wat hiedie kinders bly terug gee het aan hul ouers, is saam skuldig. Waarom word hul nie aangekla nie?

Papsak ·

Jy is n treurige ma regtig so mooi dogterjie en julle het haar van haar lewe ontneem hoekom het julle nie die kids in iemand se sorg gesit nie hoekom so lelik wees omhaar seer te gemaak het dit breek my hart ???????

Janc ·

Ek besef jy kry slegte ouers, maar dat die Custodian van ons kindertjies drie keer hierdie kinders terugversorg het aan hierdie ouers, is vir my skokkend. Hulle het groot deel aan hierdie onskuldige kind se dood en ook die pyn wat sy moes verdra het.

Mariana ·

Wat my dronkslaan is die feit dat die kinders al 3 maal weggeneem is van haar en wragtig weer vir haar gegee is, ek stem hulle is net so verantwoordelik vir haar dood en dit laat my wonder hoeveel ander kinders dieselfde paadjie loop. Hulle moet ook aangekla word. En sy het hom per sms laat weet, hoekom nie gebel nie. Wys net dat selfs haar kind se dood niks beteken het nie. Sy het liewer haar kinders oorgegee aan die mishandeling voordat sy dit aan haarself gedoen wou hê. Om te sê sy is ‘n swak ma of nie ma genoem kan word nie is lig gestel. Sy is ‘n monster nes die man. Als was belangriker as daai kinders. Hoop hulle kry die straf wat hulle verdien in die tronk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.