Sy sê “ja” op Tafelberg

Foto: Snow Report, Facebook

Foto: Snow Report, Facebook

Talle persone het Saterdagoggend vroeg die koue aangedurf om sneeu op Tafelberg in Kaapstad te gaan soek. Een jong man het die geleentheid gebruik om die ja-woord te vra.

Snow Report berig Jarryd Buratovich het vanoggend in die ysige koue Erin Fick om haar hand gevra, en sy het ja gesê.

Die Weerdiens het intussen bevestig dat hy nog ligte sneeuval Saterdagaand op die Drakensberge en op berge in Lesotho en KwaZulu-Natal verwag. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.