Die Demokratiese Alliansie het gesê Philisiwe Mthethwa, uitvoerende hoof van die Nasionale Bemagtigingsfonds (NBF), is waarskynlik die hoogs betaalde staatsdiensamptenaar.
Mthethwa het tydens die vorige finansiële jaar ʼn gekombineerde salarispakket van meer as R6 miljoen ontvang. “Dit is R2 miljoen meer as wat pres. Cyril Ramaphosa verdien,” het Dean Macpherson, DA-LP en skaduminister van handel en nywerheid, gesê.
Sy is al ʼn paar jaar lank die “hoogs betaalde staatsdiensamptenaar” en haar pakket sluit ʼn bonus van R2 miljoen in. “Haar massiewe salaris is skokkend, gegewe die feit dat die NBF baie min geld het om sy werk te doen en dat die entiteit nie veel kan wys vir die uitvoerende hoof se buitensporige salaris nie.
“Die NBF is in 1998 op die been gebring om kapitale finansiering te verskaf aan swart entrepreneurs en terwyl hul aanvanklike werk suksesse getoon het ná hulle finansiering van die regering ontvang het, het herhaaldelike begrotingsbesnoeiings die organisasie sonder finansiering gelaat, buiten om hul oorbetaalde uitvoerende lede te finansier teen ʼn gekombineerde totaal van meer as R17 miljoen – wat almal bonusse verdien van tussen R580 000 en R1,2 miljoen.”
Macpherson het gesê dit is duidelik dat daar talle staatsentiteite is wat nie eintlik ʼn doel dien buiten om die leefstyl van hoogs betaalde uitvoerende lede te finansier nie.
“Die tyd van praat is nou verby. Ons kan nie geld spandeer om die leefstyl van staatsamptenare te finansier ten koste van entrepreneurs wat desperaat is om hul ondernemings te vergroot en werk te skep nie.”
Hy het gesê die party sal met Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, in gesprek tree om te hoor wanneer die NBF by die Industrial Development Corporation (IDC), ‘n staatsbeheerde finansierder, ingesluit sal word sodat die “belange van klein ondernemings eerste gestel kan word”.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
57 Kommentare
Iesh????????
Absoluut verregaande.
Wat is sy van Nathi Mthethwa?
R16,438 per DAG ?
Sousryer kamakashi pilot