‘Sy was net dronk’ sê polisie glo ná aanval

Sanet de Lange. Foto: Facebook

Sanet de Lange. Foto: Facebook

ʼn Jong vrou van Kaapstad is verlede week glo erg deur drie mans aangerand nadat sy buite ʼn nagklub in ʼn metertaxi geklim het.

Sanet de Lange (18) is Vrydagoggend bebloed langs ʼn straat in Claremont gevind. Die polisie het haar na die Groote Schuur-hospitaal gehaas.

Marius Strydom (29), De Lange se halfbroer, het gesê sy suster en haar vriendinne het die Donderdagaand in die nagklub Tiger Tiger gekuier. De Lange se vriende is omstreeks 04:00 weg by die klub, maar sy het nog langer gebly.

Sy het later in ʼn metertaxi buite die kuierplek geklim om huis toe te gaan. “Alhoewel sy nie presies alles kan onthou wat met haar gebeur het nie, onthou sy daar was twee mans in die taxi en dat sy ʼn baie vreemde gevoel gekry het. Sy het baie onveilig gevoel en geweet sy moet net wegkom,” het Strydom gesê.

Hy vertel De Lange het ongeveer ʼn kilometer weg van die kuierplek uit die taxi gespring en gehardloop. Die mans het haar glo agternagesit en op die grond vasgedruk. “Sy onthou dat daar drie mans was wat haar aangerand het. Hulle het haar so hard geskop en geslaan en probeer om haar kop in te trap. Sy kon daarin slaag om weg te hardloop en het oor ʼn kerk in die omgewing se muur gespring,” het Strydom gesê. Daar het De Lange glo onder ʼn hoop blare weggekruip terwyl sy gehoor het hoe die verdagtes na haar soek.

“Toe dit stil geword het, het sy by die pad af gestap om hulp te soek. Sy was seker op pad polisiestasie toe, maar het langs die pad haar bewussyn verloor en iemand het haar later daar gevind.” De Lange moes steke aan ʼn wond langs haar kop kry, en het verskeie ander snye en kneusplekke asook harsingskudding opgedoen.

Strydom was hoogs ontstoke toe hy vertel het van sy ervaring met die polisie ná die voorval. Hy het gesê hy is die Vrydagoggend na die polisiestasie om met die beamptes te praat wat sy suster hospitaal toe geneem het, maar het ʼn baie koue ontvangs gekry. “Hulle het net aanhou sê hoe dronk sy was en dat die beserings seker veroorsaak is omdat sy geval het. Hulle was geensins besorg oor haar welstand nie en het ongeërg gevra hoekom ons ʼn saak wil oopmaak, want sy was net dronk,” het hy gesê.

“Dit is onaanvaarbaar dat misdaad teen vroue so afgewater word of dat daar gemaak word asof dit op die een of ander rede die vrou se skuld is,” het hy gesê. “Ongeag of my suster gedrink het of nie, sy het die verantwoordelike ding gedoen deur nie huis toe te bestuur nie, maar van ʼn taxi gebruik te maak. Nou word sy blameer vir wat met haar gebeur het. Dit is hoekom ek bewusmaking van hierdie voorval wil skep. Dit is onaanvaarbaar dat vroue soos tweedeklas burgers behandel word.”

Strydom het ook gesê taximaatskappye moet maatreëls gereed hê om die veiligheid van hul kliënte te verseker, soos kameras voor en agter in die voertuie. Hy het ook bevraagteken hoekom daar geen vrouetaxibestuurders is of hoekom taxigebruikers nie die opsie het om ʼn vrouebestuurder te versoek nie. “Dit is ongelooflik teleurstellend om te sien hoe apaties mense oor misdaad teen vroue is.”

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die polisie kan geen kommentaar oor die voorval lewer nie aangesien De Lange se familie nie ʼn saak aanhangig gemaak het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Theresa ·

Goeie hemel tog – Ek moet liewers nie hier kommentaar lewer nie. (Dit sal in elk geval nie geplaas word nie).

Nicolette ·

Ek stem saam met jou die is n 18 jarige meisie eintlik nog ‘n kind in ‘n plek vir wat nie helemal geskik is en as sy volwasse was sou sy verder kon dink. Bly in ‘n groep of bly by die huis. Boet is histeries oor sussie maar dink kok nie dat dit juis onveilig is vir sussie

Knersus D ·

My punt presies – en wanneer ek dit so stel, delete Maroela my kommentaar.

Hennie ·

Ek is jammer, die SAP kan nie besluit of dit ‘n wettig klagte is al dan nie, hul moet die klagte afneem, ondersoek en die misdadigers opspoor. Kapt. Van Wyk moet nie sê hul kan nie kommentaar lewer nie maar die broer was daar om klagte aan te meld of lede op toneel kon ‘n dossier oop gemaak het, dit is ‘n regsplig wat op hul rus maar die kort weg word gekies. En ja, sy het die reg om daardie tyd van die oggend daar te wees, die grondwet meld dit of sy 18 of 28 is, wat maak dit verskil. Marcelle ek ondersteun jou 100%.

Jakoba ·

Antoinette het jy al ooit daaraan gedink dat haar ouers dalk ver van haar af is en sy by haar halfbroer woon of het dit ooit deur jou verstand gegaan dat albei die ouers dalk alreeds gesterf het. Sy het ‘n verkeerde besluit geneem om nie saam met haar vriende huiswaarts te keer nie, ek sien so baie jong mense wat daardie besluit neem om nog ;n bietjie langer te bly met baie baie slegte konsekwente, hulle eindig op soos sy of hulle verloor hulle lewe aan die hand van misdadigers. Sy is ‘n baie baie gelukkige jong meisie om nie dood te wees nie. My hart gaan uit na haar, mag reg en geregtighied seevier en soek daardie meter taxi want hy was saam deel van die aanval gewees

Kabous ·

Jacoba, rustig suster. As ‘n pragtige 18 jarige meisie so iets oorkom MOET ‘n mens dadelik vra waar is die ouers? Ja sy het ‘n STUPID besluit geneem om nie saam met haar vriende huis toe te gaan nie, en JA sy is UITERS gelukkig om te leef of ten minste nie verkrag te wees nie, maar tot die teendeel bewys is sal ek ook graag wil weet hoe haar ouers/voogde hierdie gedrag va uitgaan tot 04:00 in die ogvend toelaat? Dalk het sy gelieg oor waar sy was en dat sy dalk by ‘n vriendin oorgeslaap het, maar dan is die ouers ook nie betroke genoeg om te weet sy het sub standaard vriende nie. Watter tipe vriende los in elk geval ‘n mooi jong meisie alleen by ‘n kuierplek. Ek was ook 18, maar ek was nie ‘n mooi jong meisie nie en dit was in ‘n ander era, so dalk moet ek ook nie “judge” nie.

Michelle ·

Ek wil net sê dat ongeag watter tyd of waar sy was en ook of sy dronk was of nie NIEMAND het die reg om iemand anders aan te rand nie. Dis siek dat mense die vingers wys na almal behalwe die skuldige party wat haar aangerand het. Dis skending van menseregte, maar heel ooglopend beteken dit absoluut niks in die land van ons! Waar die slagoffers die skuldiges genoem word!

Janine ·

Wat bedoel jy: ‘waar is die ouers’? Die kind is 18 en dus oud genoeg om uit te gaan. Miskien is die broer die woordvoerder vir die gesin en hul ouers wil nie nog met die media ook deel nie.

Ek is absoluut keelvol dat mens nerens meer veilig is nie. Of dit nou jou huis, in jou kar, in die dorp of waarookal is.

lizza ·

Al wat ek kan sè is sterkte aan jou en die familie. Kallie jy wat so ver van jou dogter af is kan nie maklik wees nie. Veral met die negatiewe kommentaar maak my skoon naar.

Marieza ·

Ek kan nie glo wat ek lees nie! Ja, sy was onverantwoordelik. Amper alle studente is onverantwoordelik. Het sy dit dus verdien? Nee! Regverdig dit wat hierdie mans met haar gemaak het? Nee! Wat se twak is hierdie “‘n man is maar ‘n man”? Oppas dames, hulle het blykbaar geen beheer oor hulle dade nie!

Se maar net ·

Luister of sy 18 of 50 is sy bly ‘n mens en ‘n vrou!!! Sy was verantwoordelik genoeg om ‘n taxi te kry. Maar soos altyd word sy veroordeel. Wat van die verdomde mans wat haar aangerand het en sekerlik sou verkrag het. Word wakker !!! 18 Is jy klaar ‘n volwasse!!! Sou dit so groot verskil gemaak het as sy ouer was??? Verander dit dan wat met haar gebeur het ne omdat sy in jare verskil.

Elizma ·

Of sy 8, 18, 80 of watter ouderdom is, GEEN een het die reg om haar aan te rand nie.

As iemand enige van jul hoog heilige mense wil aanval, ontjou tog om vir die aanvaller te sè ju drink nie en os ouer as 18……

zahn ·

Dankie Elizma, ek is self ‘n man, en ware mans doen nie dit nie, ons sal eerder seker maak sy kom veilig by die huis. Nou word alle mans onder dieseflde kam geskeer. sies man, ek is sommer skaam, maar soos ek sê, ware mans doen nie sulke goed nie. En ek probeer my seun leer dat vroumense, enige vrou, bly’n vrou, word nooit jou besitting nie, en is beslis nie klap materiaal nie. Ware mans klap aan mekaar as die omstandighede dit vereis, en hardloop ook nie polisie toe om dan ‘n saak te maak nie, as julle verstaan wat ek bedoel maar nie hardop mag sê nie..

Winston ·

Zahn. Beter kon jy dit nie sê nie. Stem volkome saam. Daai mans moet deur ware mans so ge…….m word. Dan sal hulle leer

Akram ·

Genugtig. niemand verdien so iets nie. gelukkig leef sy nog. Die vriende het reeds teen 04:00 geloop. Hoe laat wou sy dan huistoe? soos reeds genoem, hoekom nie saam met die groep geloop nie? plaas dat sy maar gewag het tot die son opkom. het sy allen uit die plek geloop? Kom ons gee haar kaans om reg tekom. dalk onthou sy meer. dalk is daar meer agter die storie….

Donna ·

Julle is belaglik rerig!!

Het julle by die huis gesit en boek lees? Kry ‘n lewe asb..

Julle behoort julle te skaam.

ladybug ·

Sy sê mos sy het saam met vriendinne gekuier, maar dis nie te sê dat sy nie aangerand is nie! SAPS, julle stel weereens teleur!

Dennis ·

Sanet Ek hoop Jy herstel vinnig . De Lange familie Julle moet ‘n Klag indien by SAP sodat hulle die saak kan ondersoek niemand verdien om aan gerand te word nie.

Jo ·

Ek voel skoon siek oor van die kommentare hierbo. Sy is jonk, sy was onverantwoordelik in die sin dat sy alleen by ‘n klub gebly het tot daardie tyd van die nag. Maar, vir in geval julle dit nog nie weet nie, dis die nuwe lewe van jong mense deesdae. Keur ek dit goed? Nee. Se ek dis reg? Nee. Wat ek wel se is dat ons die realiteit in die oe moet kyk en weet dit is die huidige tendens. Dis nie meer soos jare gelede dat sussie se “boyfriend” by die huis kom kuier en hulle tweetjies allerhande snaakse dinge in die sitkamer aanvang terwyl pappie en mammie salig onbewus in die bed le en lees nie. Die lewe het ongelukkig verander. En hierdie sieklik “sy het mos daarvoor gesoek” is gek! Hoe kan julle sulke snert kwytraak? Watter meisie soek daarna om verkrag of aangerand te word? Liewe genugtig, luister na julleself. Dit is uiters jammer dat hierdie insident plaasgevind het. Ek voel jammer vir die meisiekind en hoop dat hierdie gebeure haar sal help om voortaan verstandig op te tree en te weet dat die wereld boos is. Aan die ander kant, daar is jong meisies wat aangerand, vermoor en verkrag word terwyl hulle oppad werk toe, kerk toe of huis toe is. Helder oordag. Het hulle ook daarvoor gesoek volgens julle siening?

ELSA ·

JA SY IS JONK……MAAR NOG STEEDS KYK HOE LYK SY AANGERAND…WREED…..

Knersus D ·

Ouderdom is skynbaar nie die problem nie. Sanet, die les hier te leer is om te oorleef. Ongelukkig is daar elemente wat maklike prooi teiken. Wees ‘street-wise’ en reel met bv. ‘n Marius om jou te kom oplaai wanneer jy klaar ge-party het. Ek is woedend oor wat met jou gebeur het, maar jy het ‘n paar foutjies gemaak wat jou lewe kon ge-eis het.

Hoop jy is gou weer op die been.

NoemNet ·

Destyds toe ek jonk en onbesonne dade aangevang het, was daar ‘n reël onder ons groepie vriendinne – jy gaan huis toe saam wie jy daar aangekom het – nooit het ons iemand agter gelaat nie veral nie wanneer ons geweet het ons gaan kuier nie. Ek praat nie wat met die kind gebeur het goed nie want liewe genade dit kon my kind gewees het maar sjoe ek hoop sy’t nou geleer om nooit weer op haar eie te kuier nie. Dis net te gevaarlik vir ons meisiekinders deesdae!

Marnelle Harford ·

Ek kan ni glo dat intelligente volwassenes sulke snert op sosiale media kan kwytraaknie. Die artikel handel oor n kind wat aangerand is en die plaaslike Sapd doen niks daaromtrent ni. Hou jul eie kommentaar oor haar leefwyse vir julself en doen liewers iets oor die regstelsel in SA wat uitmekaar val.
Sou sy n verpleegster gewees het en nagdiens gewerk het en 5h die oggend uit haar werk gestap het & selfde het gebeur. Wat sou jul dan gesê het?
As dit my familielid / kind was, het ek verseker die Sapd al omgekeer.

Dave ·

Ek lei af dat daar dom kommentare verwyder is – goed so. Dit is egter ook dom om te vra waarom daar nie vroulike taxibestuurders is nie. Geen vrou sal dom genoeg wees om so werk te aanvaar nie.

Jakoba ·

Dave in Duitsland is daar pienk Taxies net vir vroue. Geen man word op daardie Taxi toegelaat nie. My vriendin se dogter en seun woon en studeer tans daar, as sy uitgaan die aand, bel sy die pienk taxi en hulle kom haal haar en laai haar by haar woonstel af. Die pienk Taxies word net deur vroue bestuur en nie deur mans nie. Ek dink dit is ‘n baie goeie ding.

Theresa ·

Dit was haar goeie reg om te kies om met publieke vervoer te ry. Die feit is, dit was NIE veilig nie. Wat is die probleem dat mense steeds nie bymekaar staan om hierdie vuil vorm van vervoer totaal en al te verban in ons land nie? Dit moes vir haar ‘n oplossing gewees het, nie ‘n onveilige alternatief nie. In elk geval moet alle mense deesdae (almal) probeer om nooit alleen iewers heen te loop of te ry nie. Mens moet ook ten alle koste probeer om nie van die verpestelike taxi-bedryf gebruik te maak nie. Hul is geensins te vertrou nie. Ook ongelukkig nie altyd almal wat binne-in sit en wag nie. Sterkte – word gou gesond. Hoop die familie maak ‘n saak hiervan. Die polisie se gedrag hieromtrent is uiters swak, ongevraagd en onprofessioneel.

Jakoos ·

Theresa jy sal nooit taxis verban kry in SA – vir goed 90% van die bevolking is dit hul enigste vervoermiddel. As mens wil woes kuier moet jy vooraf beplan vir betroubare vervoer, dis al wat ek sê. En ja, kuier en rondgaan in groepe is maar die veiligste opsie.

nig ·

Jammer vir die mooie meisie maar ja, in ons land moet mens in groepe kuier, in groepe gaan draf ens, vir mens se eie veiligheidsontwil. Ek wonder nou net – waar werk sy as sy op ‘n Donderdagand tot Vrydag 04h00 in ‘n nagklub kan kuier? Bedoelende hoe kan mens gaan werk as mens so laat (vroeg!) kuier. Dalk ‘n student wat bietjie klas kan bank…

Kandas ·

My jinne julle! Ek het self ook al gekuier tot die son opkom – met 2 whisky’s en verder tab. En my vriende is ook vroeer weg – hoofsaaklik omdat hulle te gekuier was om die band verder te geniet….. sou dit reg gewees het as een of ander booswig my oor die kop wou slaan of die bosse wou insleep? I THINK NOT! Ek hoop die meisiemens herstel vinnig en dat sy nie alle vertroue in die mensdom verloor nie – daar loop nog ‘n paar goeie siele daar buite rond.

nig ·

Kandas niemand sê julle kan nie so lank kuier nie, mens wonder net het jul ouers baie geld dat julle as studente so kan kuier? Kan dink wat ‘n paar drankies in so plek moet kos! En ook dat jul dan nie sal kan klasdraf na so “te veel gekuierdery” – dan mors julle mos hul geld. Oeee en nou gaan almal weer galbraak dat hulle kan kuier soos hul wil. Dink maar aan jul lewer en aan jul ouers se geld ens ens voor julle afgaan! Niemand sê dis REG dat sy aangerand is nie, mens wonder net oor alles, dis ons reg!

Juanita ·

Iets maak nie sin nie. Seker maar omrede ons in SA gewoond is, sy verwys na 2 mans in taxi, ry n kilo, spring uit en word deur 3 mans aangerand? Die arme kind is te dronk om te onthou wat gebeur het maar kry dit darem reg om oor n muur te spring? Nee julle ek ruik n rot…

Linda ·

Ja dit is nie reg om so laat uit te bly en alleen te kuier nie – niemand kan dit meer doen nie.. SA is n siek land. Maar dit gee niemand die reg om so iets te doen nie. Net iets om aan te dink : as sy dan so dronk was- hoekom het sy gaan wegkruip. Maak nie sin nie.!!! Eks self n student. Kom van Camps Bay studeer in Potch. wees asb versigtig. Sterkte aan haar familie. . Mans kan dinge baie vinnig verdraai na hulle sin. Sterkte.
En alle studente is nie dieselfde nie.

Nic Grobler ·

Ek is jammer vir die kind se pyn, maar simpatie het ek min. Wat wel ook waar is, is dat meer gedoen kan word om ons openbare vervoer veilig te maak. Dit geld ook die roekelose minni busse.

Linda ·

Jy was ook jonk. Jy is ook seker een van die wat se – as n meisie mooi is – en sy doen iets – verdien sy dit!! Jy weet nie die ware store agter als nie. Pasop more gebeur iets met jou ……..
Soos hulle se pasop die wiel draai……. al draai dit eers oor 10 jaar. Ja eks n bang mens ek gee om vir ander. Ek sal dit nooit self doen nie – tensy Manie♡ saam my is nie. Maar moenie se jyt nie simpatie vir haar nie. Sy bly n meisie en syt seker haar reg om te gaan waar sy wil… Dis net ons land SA waar dit nie veilig is nie.

Sollie ·

Linda dink tog voor jy skryf man. Niemand sê sy het nie die REG om te doen/gaan waar sy wil, dis ‘n geval van ons bly in Suid Afrika. Dit gaan rof hier, en as jy dit nou nog nie weet is daar fout met jou. En as jy nie dink nie gaan dinge gebeur. Ons REGTE tel nie by diesulkes wat sulke dade pleeg nie, hulle soek hul prooi en slaan toe. Daarom moet mens dink en beplan voor jy uitgaan.

Linda ·

Sollie asb – jy moet mooi lees.
Ek se mense moenie se, hulle het nie SIMPATIE met haar nie.
Ja verseker moet almal pasop waar hulle vandag gaan. SA is n siek land!!
Jy kan maar beplan en doen wat jy wil. As iets skeef gaan loop gaan dit!! Moet altyd op n mens se hoede wees……

fionatjie ·

Selfdefence dames. ….selfdefence…en moenie jouself peraflooiens drink nie…ons almal was jonk en dronk…maar as sy kon terug baklei het met n bietjie agtergrond…moes sy hulle sommer goed van kant gemaak het!!!! Bring die dinner vir my….en sal hom wys hoe mens n mens met aanrand!!!! #SAP SUCK!!!!!

Emile ·

My vrou het onlangs van Shimmy in die Kaapse waterfront ‘n taxi ontbied en binne die paar oomblikke buite die klub is sy beroof. Haar handsak en selfoon is gesteel en sy is gedreig deur ‘n swart man met ‘n mes. Die polisie wou by haar weet of sy kan bewys dat sy beroof is, en wou by haar weet hoekom sy hulle nie dadelik gebel het nie. Hoekom sy eers huistoe is in die taxi en dit die volgende dag eers aangemeld het. SAPS het haar aanhoudend gebel om by haar te weet of sy nie die saak wil los nie, want dit lyk sleg op hulle statistieke vir die waterfront. Hulle het haar uitgemaak as die skuldige en het absoluut niks gedoen om te help nie. Die polisie is magteloos en stel nie belang in help nie.

Alki ·

Hoekom word ons vrouens altyd so wreed deur mans aangerand, ons is weerloos, WAT DOEN ONS OM SO BEHANDEL TE WORD, ek het nou die oggend 05:30 , 2 kilometer in die donker na die grootpad vroualleen geloop om ‘n bus werk toe te kry, die bus het wat ek moes neem, reg voor my kompleks , het nie opgedaag nie, ek moes deur ‘n onbeboude gebied loop, DANKIE LIEWE HEER ek het veilig by die werk gekom

Marjan ·

Ja die idee van die pink taxi’s is nogal baie oulik.

Net bang binne n japtrap ry daar NET pienkes

Eurika ·

En dis hoekom ons land is waar hy is – blankes is te judgemental en dink maklik hulle is verhewe bo die res. Wake up and snell the roses – sy kon helder oordag terwyl sy nugter was ook aangerand gewees het. Los maar die oordeel vir Hom wat mag oordeel, of was julle wat so kerm daar om te sien? Is julle werklik so sober? Geensins ooit gekuier nie?

Donsie ·

Ek is so dankbaar dat die pragtige meisiekind LEWE! Sy Genade is Groot!!!
Ek voel haar ouers moet nie blameer word nie, want sy is 18j en het ‘n menslike fout begaan.
Ons as landsburgers moet hul liewers ondersteun in gebed, dit sal ‘n groot verskil maak aan hul dogter se herstel.
SAPS trek asb julle sokkies op en doen die werk waarvoor jul aangestel is.

Bloues ·

Dit is my reg om op oujaars aand in Hillbrow rond te loop. Ek het egter genoeg verstand om te weet as ek my reg uitoefen, gaan ek baie seer kry, so ek gaan nie op oujaars aand in Hillbrow rondloop nie.

Dit was die jong dame se reg om tot sonsopkoms te kuier, en ongelukkig was die nagevolge negatief.
Ons moet dink voor ons doen

Sê net ·

BLOUES – 100%! Mense weet mos ons bly in SA en mens moet dink voor jy doen. Nou word mense wat soos jy en ek dink weer uitgekryt dat ons oordeel en bla-bla-bla intussen is al wat REDELIK DENKENDE mense hier probeer sê is laat ander hieruit leer, laat mens voor jy so “aan” raak, seker maak jy kom veilig tuis. Niemand sê jonges het nie die reg om te drink, die reg om gaan waar hul wil of die reg om tot laat te kuier nie, dis nie asof ons nie simpatie het met wat gebeur nie, maar helloooo ons bly in SA! Bel iemand, reël vooraf maar moet NOOIT ooit dink jy gaan net veilig wees nie. Dan is jy stomdom.

Christel ·

Ek wil nie vingers wys nie.. Onthou ons is nie daar om mense te oordeel nie…. Vra jou self, toe ons jonk was – wat het ons als gedoen… Vandag se jonk mense wil hul studente lewe geniet… Eintlik moet die broer by sy sussie gebly het..

Eliza-beth ·

Bietjie raad vir dames. 1. As jy enigsins kan, doen die volgende, gebruik jou vinger (ek belwoe julle) die aanvaller se neus van onder af boontoe. Plaas hom oombliklik vir ‘n paar minute van balans. 2. Of druk vingers reguit en so hard moontlik in sy oë. Terwyl hy nie mooi kan sien en probeer regkom moet jy probeer wegkom. Of, as jy enigsins kan, (hy gaan probeer keer tussen sy bene ens) maar slaan met al jou mag so hard jy absoluut kan tegelyk met albei plathande op sy ore, dit verdoof hom, (kan selfs sy oortromme laat bars, jippieee, daelange pyn en van balans af)verskaf pyn en gooi hom van balans af. Dan tewyl hy nog sukkel skop hard tussen die bene. Kom weg so gou moontlik. Natuurlik is hierdie slegs raad as jy een aanvaller het, maar hopelik kan dit iemand help. Die het ons by ‘n reccce gekry! Ek dink alle dames (veral jonges wat uitgaan saans) MOET een of ander kort kursus in selfverdediging doen. En oefen dit oor en oor en wees paraat!

Eliza-beth ·

O en ek dink kry vir jou ‘n skokstok/apparaat en/of pepersproei en dra in jou HAND – jy gaan nie tyd hê om dit uit jou handsak te probeer kry nie!

Rebekka ·

Ek wonder as sy nou kon terug baklei en sommer al 3 dood gemaak het, of daai simpel SAPS steeds sou se, ja dis reg sy was dronk en dis nie nodig om ‘n saak te maak nie? ? ? #IThinkNot

Si ·

Toemaar…sy sal dit NOOIT weer doen ni….sy was gelukkig om dit te oorleef!

fiela ·

Jissie, dat volwasse mense sulke nare goed kan sê!? Het die van julle wat sê die meisie jok miskien al gedink dat sy dalk harsingskudding het na sy so geslaan is en daarom nie alles kan onthou presies soos dit gebeur het nie? Niemand het die reg om ander aan te rand nie, of jy nou stormdronk of doodnugter is. Dit sê baie van jou karakter as jy dink dit maak dit ok. Hou op oordeel en ondersteun mekaar liewer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.