Syfers wys Shoprite gaan volstoom vorentoe

Die Shoprite-groep het 117 nuwe winkels die afgelope jaar geopen en net in Suid-Afrika het hy 4 316 nuwe werksgeleenthede geskep. (Foto: Shoprite)

Shoprite, Suid-Afrika se grootste kruideniersgroep, se verkope het die afgelope jaar met 9,6% tot R184,1 miljard toegeneem, wat beteken verbruikers het vanjaar ʼn bykomende R19,6 miljard by die groep se winkels bestee.

Shoprite- en USave-winkels, wat meer as die helfte van die groep se winkels beslaan, se verkope het met 7,2% toegeneem. Twee Checkers Hyper-winkels is ná verlede jaar se gewelddadige oproer steeds gesluit, maar Checkers-winkels het verkope nietemin met 9,1% opgestoot.

Checkers ding toenemend mee met winkels soos Pick n Pay en Woolworths en sy groei sou waarskynlik selfs beter gewees het, was dit nie vir die Julie-oproer nie.

Checkers LiquorShop-winkels is nog ʼn uitblinker. Verkope het met 44,5% toegeneem in vergelyking met dieselfde tyd ʼn jaar gelede. Pieter Engelbrecht, uitvoerende hoof van Shoprite, sê dit word toegeskryf aan onderliggende groei, maar veral aan die feit dat die onderneming vir 48 dae moes sluit (weens Covid-19-inperkings), in vergelyking met die 144 dae wat dit ʼn jaar tevore moes toemaak.

“Ons 9,6%-styging in groepverkope is gelykstaande aan ʼn bykomende R16 miljard wat op ons 53 week-basis vir 2021 by ons bestee is. Op ʼn 52 week-basis het ons klante ʼn bykomende R19,6 miljard by ons bestee.

“Dit is gelykstaande aan R6,2 miljard in Suid-Afrikaanse markaandeelgroei vir die tydperk,” sê Engelbrecht.

Die uitslae vir die boekjaar word gegrond op ʼn 52 week lange-tydperk, in vergelyking met 53 weke in die vorige boekjaar.

Shoprite het meer as 2 400 winkels in 11 Afrika-lande en basiese verdienste per aandeel het met 22,9% toegeneem tot 1 046,5 sent. Die aangepaste basiese wesensverdienste per aandeel het met 22,5% tot 1086,5 sent toegeneem.

Die groep het 117 nuwe winkels die afgelope jaar geopen en net in Suid-Afrika het hy 4 316 nuwe werksgeleenthede geskep.

“My opregte dank aan ons miljoene klante vir hul voortgesette ondersteuning en aan Span Shoprite, ons mense, vir hul wêreldklasuitvoering en voortgesette toewyding tot ons onderneming,” het Engelbrecht by die bekendmaking van die syfers gesê.

Pingo help nou aflewer

Die groep fokus steeds daarop om toeganklikheid vir klante te verseker.

Die Sixty60-app groei deurlopend – ten spyte daarvan dat hy werk teen ʼn ongelooflike groeikoers wat gestel is sedert die app twee jaar gelede bekend gestel is. Die groep het ʼn ooreenkoms met die RTT-groep as afleweringsvennoot van die app aangegaan. Ingevolge die ooreenkoms is ʼn nuwe maatskappy op die been gebring, bekend as Pingo Delivery, waarin die Shoprite Checkers-maatskappy ʼn 50%-aandeel besit.

Engelbrecht sê dit skep ʼn wegspringplek vir die maatskappy om sy eie intellektuele eiendom in sogenaamde laaste myl-logistiek te gebruik, terwyl hy op hierdie manier ook ʼn platform het om sy kundigheid op die gebied in geld te omskep.

Shoprite en Checkers se Xtra Savings-beloningsprogram het sy 24,7 miljoen lede die afgelope jaar R9,4 miljard gespaar, ʼn reusestyging van die R5,3 miljard wat klante ʼn jaar tevore danksy die program gespaar het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Mariana ·

Als goed en wel veral die werkskepping. Sou net graag wou sien dat daar ook in die ander dele soos bv. plaasgebiede ook aflewerings kan geskied. Ons bly so paar kilos van Shoprite maar buite die dorp en hier is geen aflewerings nie. Nie 60/60 of Pick’nPay nie. Dit sou baie help.

Waarom ·

Ek ondersteun Checkers aangesien hulle die enigste ketting winkel is wat op kyknet in Afrikaans adverteer. So ook outsurance.

Danie ·

Dis goed en wel maar geen blanke werkers net soos dit in ander staats dept gaan.Malema se mos ons moet vir hulle werk.

annie ·

Shoprite is maar soos al die ander… rassisties tov aanstellings. Geen witmense tussen die gewone werkers nie en net hier en daar ‘n bestuurders… dalk… en feitlik geen vroue nie. Let op! Waar werk witmense wat nie duur naskoolse opleiding kan bekostig nie? Shoprite is reg vir dít en dát. As hy sou sluit? Ek sal nie huil nie.

Marelize ·

Ek werk vir die groep – ek is wit – ek is ‘n vrou en ek is ook ‘n bestuurder.

piet ·

Marelize – so vir interessantheid. Hoeveel wit mans werk op takvlak in die winkels? Ek sien geen wit ouens in die takke by die Shoprites waar ek kom nie en so hier en daar ‘n wit vrou (baie skaars in die Kaap). Ek weet net van een wit ou omie bestuurder wat hier by Checkers N1-Stad in die Kaap werk, geen ander witmense nie.

domheks ·

In ons Shoprite kry jy net ‘Black like me’ produkte – geen Pantene of ander shampoo nie! So ek ry liewer 30 km verder na Checkers en Dischem.

Oosieoos ·

Doen bietjie jul huiswerk checkers is beslis nie die goedkoopste nie en 60/60 lewer net a klipgooi af niks verder nie.

piet ·

Maar Shoprite is. Checkers is duurder as Shoprite. Beide is baie goedkoper as Pick ‘n Pay.

Nico ·

Shoprite en USave is glad nie so goedkoop nie. Ek was gister daar en Spar se special pryse lyk heelwat beter as hulle sin. En dit is baie vuil winkels mens raak naar net met die instap. Nee dankie, Checkers, Spar en Pick n Pay is maar my winkels waar ek by koop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.