Sylvester binnekort na nuwe tuiste

Sylvester. Foto: SANParke.

Sylvester. Foto: SANParke.

Sylvester, die Karoo Nasionale Park buite Beaufort-Wes se rondloperleeu, sal Vrydag na sy nuwe tuiste in die Addo-olifantpark in die Oos-Kaap geskuif word.

Fayroush Ludick, woordvoerder van SANParke, het Woensdag gesê Sylvester sal eers na ʼn boma in ʼn 200 ha-kamp in die Kuzuko-gebied van die park geneem word om aan te pas.

“Hy sal na verwagting ʼn band met twee jong wyfies vorm wat reeds in die kamp is en homself uiteindelik as die trop se dominante mannetjie vestig,” het Ludick gesê. “In die langtermyn sal die leeus in die 60 000 ha-hoofgedeelte van die park vrygelaat word.”

Sylvester is op 31 Maart ná vier dae op vrye voet weer opgespoor en gevang, nadat hy vir die tweede keer in ʼn jaar onder dieselfde omstandighede uit die Karoo Nasionale Park ontsnap het. Die park het toe gesê verskeie opsies oor Sylvester se toekoms sal oorweeg word, wat insluit om hom moontlik van kant te maak indien dit in sy belang is. Die park het in April aangekondig Sylvester sal in die Addo-olifantpark hervestig word.

Lees die vorige berigte oor Sylvester op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

johann cb ·

Ek is seker verkeerd, maar ek het verstaan hy is alreeds in die Addo-nasionale park gevestig. Ek tas seker in die donker!

Cherokee ·

‘moontlik van kant te maak indien dit in sy belang is’. Huh? ……in sy belang is?
Hehe.. Addo-Park is wel in sy belang.

Joann ·

Ek ook gedink hy is al Addo. Ek bly naby die park sal gaan kuier vir hom.

Yvonne ·

Dankie tog hy gaan weg van daardie ‘trigger-happy’ spul! Dit smaak my mos die mannetjie gaan ‘n wonderlike nuwe fase in sy lewe tegemoet. Lekker om vir ‘n verandering goeie nuus te lees!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.