Sylvester terug in reservaat

Sylvester nadat hy Donderdagmiddag aangekeer is. Foto: SANParke

Sylvester nadat hy Donderdagmiddag aangekeer is. Foto: SANParke

Sylvester, die Karoo Nasionale Park buite Beaufort-Wes se rondloperleeu, herstel goed nadat hy Donderdagmiddag ná vier dae op vrye voet opgespoor, verdoof en gevang is.

Wanda Mkutshulwa, SANParke se uitvoerende hoof van korporatiewe dienste, het gesê Sylvester het sy eerste aand in afsondering in ʼn spesiale kamp deurgebring. Hy sal vir ʼn ruk lank daar gehou word vir waarneming, terwyl oor sy toekoms besluit word.

“Hy het tydens sy tydjie buite die park een koei en drie skape vir prooi gejag,” het sy gesê.

Sylvester se vorige soektog en versekeringseise van al die prooi wat hy tydens sy 25 dae op vrye voet verorber het, het SANParke R800 000 uit die sak gejaag. Hy het in Junie verlede jaar jag gemaak op 26 skape, ʼn koei en ʼn koedoe. Danksy ʼn satelliethalsband wat daarna aangesit is, is hy hierdie keer vinniger opgespoor.

Maroela Media het vroeër berig Sylvester is Donderdagmiddag vanuit ʼn helikopter hoog in die Nuweveldberge opgespoor en uit die lug met ʼn verdowingsmiddel geskiet. Die soekgeselskap, waaronder ʼn veearts, het hom sowat 3 km te voet op ʼn draagbaar gedra, waarna hy in ʼn voertuig gelaai en terugneem is na die reservaat.

Een van vyf opsies wag op Sylvester:

* Hy kan teruggeneem word na die Karoo Nasionale Park, met die heinings wat versterk word.
* Hy kan hervestig word in ʼn ander nasionale park.
* Hy kan geskenk word aan ʼn ander staatsbeheerde bewaringsgroep.
* Hy kan geskenk word aan ʼn private bewaringsgroep.
* Hy kan van kant gemaak word indien hy ʼn gevaar vir mense inhou.

SANParke se bestuur vergader eersdaags om die besluit te neem.

Fundisile Mketeni, SANParke se uitvoerende hoof, het Donderdag gesê: “Ons wil die publiek verseker die besluit oor sy lot sal in die beste belang van die leeu en natuurbewaring wees,” het Mketeni gesê.

Nuus dat Sylvester moontlik van kant gemaak gaan word, het hewige reaksie op sosiale media ontlok.

Talle mense het met #SaveSylvester op Twitter hul misnoeë oor die besluit uitgespreek en dié hutssleutel was Woensdagoggend een van die gewildste onderwerpe.

Verskeie reservate en wildplase het aangebied om vir Sylvester ʼn nuwe heenkome te bied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

36 Kommentare

jongste oudste gewildste
charlene

ek is baie bly hulle het hom gevang voor hy nog vee gejag het. Maar kan die SANParke nou die opsie verwyder dat hy van kant gemaak word, hy is mos nou gevang en geen mens is dood. As hy nou iemand opvreet is dit duidelik omdat hulle te naby is en ding `n leeu is `n katjie!

tamboti

Hoeveel geld gemors op ‘n dier wat teen goeie inkomste gejag kon word. Wys net mense se misplaaste en onnodige sensitiwiteit oor die diereryk. (Groot tekort aan kennis en oordeel ook) Ons praat nie hier van ‘n uiters bedreigde spesie wat nerens meer in natuur voorkom nie, net en OORTOLLIGE en stout enkeling wat baie skade en hartseer kan/het veroorsaak. Instede om dit nutteloos uit te sit, maak geld uit gewillige jagter wat hom ewig gaan vereer om hom nog op te stop of monteer. Laat hom vry in ander reservaat en die groot meneer daar byt hom summier dood,… Lees meer »

Sylvester

Julle adresse asseblief – vir wanneer ek weer ontsnap kom ek vir julle kuier.
Sylvester

Sylvester

Beste “Tambotie” en “tong in die kies” – ek benodig julle adresse om te kom kuier wanneer ek weer ontsnap.
Groete
Sylvester

Ruby

Die persoon wat verantwoordelik is vir die oprigting en instandhouding daarvan is verantwoordelik vir Sylvester se rondlopery. Hulle weet mos nou die mannetjie hou van sy stappery.

As ‘n leeu by ‘n dieretuin uitkom, wie se skuld is dit, leeu of man? Dieselfde beginsel.