Sylvester terug in reservaat

Sylvester nadat hy Donderdagmiddag aangekeer is. Foto: SANParke

Sylvester nadat hy Donderdagmiddag aangekeer is. Foto: SANParke

Sylvester, die Karoo Nasionale Park buite Beaufort-Wes se rondloperleeu, herstel goed nadat hy Donderdagmiddag ná vier dae op vrye voet opgespoor, verdoof en gevang is.

Wanda Mkutshulwa, SANParke se uitvoerende hoof van korporatiewe dienste, het gesê Sylvester het sy eerste aand in afsondering in ʼn spesiale kamp deurgebring. Hy sal vir ʼn ruk lank daar gehou word vir waarneming, terwyl oor sy toekoms besluit word.

“Hy het tydens sy tydjie buite die park een koei en drie skape vir prooi gejag,” het sy gesê.

Sylvester se vorige soektog en versekeringseise van al die prooi wat hy tydens sy 25 dae op vrye voet verorber het, het SANParke R800 000 uit die sak gejaag. Hy het in Junie verlede jaar jag gemaak op 26 skape, ʼn koei en ʼn koedoe. Danksy ʼn satelliethalsband wat daarna aangesit is, is hy hierdie keer vinniger opgespoor.

Maroela Media het vroeër berig Sylvester is Donderdagmiddag vanuit ʼn helikopter hoog in die Nuweveldberge opgespoor en uit die lug met ʼn verdowingsmiddel geskiet. Die soekgeselskap, waaronder ʼn veearts, het hom sowat 3 km te voet op ʼn draagbaar gedra, waarna hy in ʼn voertuig gelaai en terugneem is na die reservaat.

Een van vyf opsies wag op Sylvester:

* Hy kan teruggeneem word na die Karoo Nasionale Park, met die heinings wat versterk word.
* Hy kan hervestig word in ʼn ander nasionale park.
* Hy kan geskenk word aan ʼn ander staatsbeheerde bewaringsgroep.
* Hy kan geskenk word aan ʼn private bewaringsgroep.
* Hy kan van kant gemaak word indien hy ʼn gevaar vir mense inhou.

SANParke se bestuur vergader eersdaags om die besluit te neem.

Fundisile Mketeni, SANParke se uitvoerende hoof, het Donderdag gesê: “Ons wil die publiek verseker die besluit oor sy lot sal in die beste belang van die leeu en natuurbewaring wees,” het Mketeni gesê.

Nuus dat Sylvester moontlik van kant gemaak gaan word, het hewige reaksie op sosiale media ontlok.

Talle mense het met #SaveSylvester op Twitter hul misnoeë oor die besluit uitgespreek en dié hutssleutel was Woensdagoggend een van die gewildste onderwerpe.

Verskeie reservate en wildplase het aangebied om vir Sylvester ʼn nuwe heenkome te bied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

charlene ·

ek is baie bly hulle het hom gevang voor hy nog vee gejag het. Maar kan die SANParke nou die opsie verwyder dat hy van kant gemaak word, hy is mos nou gevang en geen mens is dood. As hy nou iemand opvreet is dit duidelik omdat hulle te naby is en ding `n leeu is `n katjie!

tamboti ·

Hoeveel geld gemors op ‘n dier wat teen goeie inkomste gejag kon word. Wys net mense se misplaaste en onnodige sensitiwiteit oor die diereryk. (Groot tekort aan kennis en oordeel ook) Ons praat nie hier van ‘n uiters bedreigde spesie wat nerens meer in natuur voorkom nie, net en OORTOLLIGE en stout enkeling wat baie skade en hartseer kan/het veroorsaak. Instede om dit nutteloos uit te sit, maak geld uit gewillige jagter wat hom ewig gaan vereer om hom nog op te stop of monteer.
Laat hom vry in ander reservaat en die groot meneer daar byt hom summier dood, of skend hom en laat die hyiennas hom opvraat, wie gaan dan huil?

tong in die kies ·

Tamboti, ek is nie ‘n onsensitiewe mens nie, lief vir diere en ja hulle het beslis ‘n goeie doel op aarde en mens moet nie voor die voet doodmaak nie, maar ek stem 100% saam met jou. Hul kan selfs die geld wat hul ontvang gebruik ter bevordering van beter wild kampe om rammetjie uitnek dierse soos Sylvester in te hou! Dan sal al die dinge nie gebeur, nie soveel geld en diere verlore gaan nie. Net so belangrik as wat Sylvester is, is die lewens wat hy geneem het.

charlene ·

Kyk ek is seker ek sal ook groot geld kan betaal om `n paar mense te jag. Meeste memse dink nie aan die skaap se ma, ma en/of kind as hulle die skaap vreet nie. Of wag het julle die koedoe gaan vra as julle maar jag kan maak op sy ma en die se vel looi en kop ophang teen die muur en soos `n aasvoel aan die vleis te vreet. En het julle dalk vir Mr. Varkie gevra voor julle sy bacon opvreet (en bacon is juis so lekker). Moenie kom met twak van die skaap was deel van die gesin twak nie, die mense word vergoed vir diere wat hy opgeëet het. DIS Ñ LEEU!!!! Dis nie `n skoot hondjie nie.
Ons sal verseker aan die natuurbewaarders moet vra hulle moet asb dat Sylvester onverskooning vra omdat hy opgetree het soos `n leeu en nie `n kat nie…… Stoute kat hoekom jag jy, dis moes net mense wat moet jag!!!!!!!! Jy mag mos nie???????

Karma ·

Tamboti, jou kommentaar is net so giftig soos die sap en vrugte van die boom waaraan jy jou naam ontleen het. Natuurlik het Sylvester hom aan ‘n bees en (DALK) ‘n paar skape gehelp – ek weet nie so mooi van die 3 skape nie (is dit moontlik dat in 3 dae se tyd ‘n alleenloper-leeu soveel vleis kan vreet?). Ek dink dit is weer ‘n kwessie van skelm boere wat ‘n vinnige paar duisend rand wil maak uit versekering, soos die vorige keer toe hulle geëis het vir wat – was dit 26 diere – wat kwansuis deur Sylvester doodgemaak is.

Ja, daar is die moontlikheid dat Sylvester, as hy in ‘n ander reservaat geplaas word, deur die Alpha leeumannetjie doodgemaak kan word, maar dan is hy darem deur een van sy eie doodgemaak, nie deur ‘n mens wat geldlustig is en ‘n jeukerige “trigger finger” (soos jy, klaarblyklik) het nie. En wat het geword van “Wat ons nie vandág bewaar nie, het ons nie more nie”? Wil jy eendag, as jy met jou bewende “trigger finger” op die ouetehuis se stoep sit, vir jou klein- of agterkleinkinders sê: “Jaaa …. Oupa/Ouma onthou nog, toe ek jonger was, toe was daar ook leeus in Suid-Afrika ….”

EMK ·

Tamboti is dit wat jy van mense ook sê as hulle net iets verkeerds doen “Oortollig”??

leon ·

San park voer die ou. Dan sal hy by. En vir die res van Julle Los die ou uit.Elk geval Wat is n skaap of twee nou tussen n boer en sy veiligheid op sy plaas .

Sylvester ·

Julle adresse asseblief – vir wanneer ek weer ontsnap kom ek vir julle kuier.
Sylvester

tamboti ·

Sylvester, jou oortollige maanhaar (ek weet jong mannetjies word weggedryf om eers elders groot te word) jy raak nou sommer oorlams ook!
Karma en nou reken jy sommer die boere is skelm?!?!?! Het jy dan geen familie of voorvaders op die front van beskawing wat vir jou kon vertel hoeveel mak plaasdiere in een nag deur een of twee rondloper leeus/luiperds/jakkels of selfs die slang wat hoeveel hoenders op die stellasie doodpik en nie een eers eet nie?
Maar die boere is skelm?!?!?!?!?!?

Sylvester ·

Beste “Tambotie” en “tong in die kies” – ek benodig julle adresse om te kom kuier wanneer ek weer ontsnap.
Groete
Sylvester

tamboti ·

Nee dis reg Sylvester, dan vang jy ‘n skaap en ek braai die tjoppies vir ons.

Sylvester ·

Tamboti
Ek het so half ‘n ander spyskaart in gedagte gehad maar ek sal jou inlig as ons kuier…
Sylvester

Ruby ·

Die persoon wat verantwoordelik is vir die oprigting en instandhouding daarvan is verantwoordelik vir Sylvester se rondlopery. Hulle weet mos nou die mannetjie hou van sy stappery.

As ‘n leeu by ‘n dieretuin uitkom, wie se skuld is dit, leeu of man? Dieselfde beginsel.

M.G. ·

Ek glo nie dat hy in 4 dae soveel sou jag nie. Hy kon onmoontlik nie soveel gevreet het nie. Iemand probeer weer eise instel.

Nics ·

Ek twyfel STERK of die leeu soveel sou vreet in so kort tydjie. Dit klink na nonsens!

Kandas ·

Ek wens die mense soos Tambotie wat nou so tekere gaan oor al die onkostes van Sylvester se rondelopery en dat hy maar liewer gejag moet word, wil so standpunt inneem oor OORBEVOLKING!!! Die Afrika leeu is ‘n uiters bedreigde spesie. Gedurig moet die dier plek maak vir die mens wat net onbeheers aanwas. Weens oorbevolking word ons natuurreservate al kleiner en wilde diere se habitat ingeperk. In SA was die mensdom aan teen ‘n skrikwekkende tempo om die maandelikse staatstoelae te ontvang. Dit plaas ‘n al groter las op die reeds krimpende ekonomie, die vuisvoos belasting betaler en werkskepping. Dra al die mense wat daagliks gebore word dan kwansuis so baie by tot die welvaart van die land en ekonomie? Beperk bevolkingsaanwas en mens en dier sal in gorter harmonie kan saamleef en diere sal nie altyd plek moet maak om meer mense op Moeder Aarde te akkommodeer nie.

Takkie Takuuza ·

Kyk leeus bly in ‘n trop, hulle jag saam en eet saam. As hulle in die natuur ‘n bok vang dan eet hulle almal aan die ding, nie elke leeu vang sy eie bok nie. Maar ‘n rondloper soos hierdie een jag net vir homself en kan nie die hele karkas opvreet nie. Hy kan hom ook nie op sy rug laai vir padkos nie, so op sy pad vang hy weer die volgende skaap en weer die volgende. Party byt hy net dood want dis sy natuur en sy instink en hy kan nie glo dis so maklik nie. Een keer mak vleis ge-eet, dan gaan hy dit weer doen. Hy is baie vindingryk met sy ontsnappings en ons gaan heel moontlik nog ‘n hoofstuk van hierdie saga sien. Ek stem saam met party lesers, naderhand is die kooltjie nie die sous werd nie. Te veel geld word geblaas op een katjie en hulle is nie bedreig nie, daar word baie van hulle gejag. As jy nou wil huilerig wees, huil oor daai ander ook. Hierdie een is soos daai Zimbabwe een, net spesiaal oor hy ‘n naam het.

tamboti ·

Takkie mooi gese,(ek hoop nie ek affronteer jou omdat ek nou met jou saamstem nie!) maar ja die meeste mense probeer met hul hart ook dink, ek is baie lief vir diere en het al baie klein voeltjies en afvlerke ens. versorg – ek haat net muskiete en vliee.

Petro ·

Sylvester jy het baie rep en roer veroorsaak wel gedaan mannetjie dis beter as om te lees van jacob zuma en al sy sirkus narre!!! Well done Sylvester.#TEAMSYLVESTER

CHRISTA ·

Ja! EN hy kos ons minder as Zuma en sy African National Circus!!!

chris ·

Weet nie of ek nie kan somme maak nie , 26 skape een koei en een koedoe = R 800 000.00 ??? Iemand het lekker geld gemaak !! weet nie waar kom hulle aan die geweldige bedrag nie ! Sê maar net .

Marlene Tribelhorn ·

Sylvester is nie ‘n verleentheid vir Suid-Afrika nie. Gebruik Nkandla terugbetaling om sy woning se sekuriteit te verbeter. (hehehe!)

Lynni ·

Ai, nou kloof julle weer hare oor Sylvester. Oor elke berig stry julle. Het julle nie lewens nie.

Loes ·

Kandas ek stem saam jou. Hoekom moet n leeu met sy lewe boet omda MENSE te sleg is om hulle werk te doen. SA pas mos nie meer doodstraf toe nie

tamboti ·

Loes, word die prooi dan deur die leeu tot dood veroordeel? Nee man dit word gejag, gevang, ge-vrek en dan ge-eet, in die diereryk is die mens ook prooi en predatoor. Ek weet julle harte is seer Tammy maar dis hoe dit in die natuur gaan en die mens moet dit so natuurlik moontlik bestuur, maar met oordeelkundigheid. Dankie vir jou bydrae vir bewaring, ek is seker dit was baie nuttig aangewend.
Jagters en die’ bedryf se geld word ook vir bewaring aangewend.

Tammy ·

Charlene ek stem 100% saam met jou. Ek wil net se dat ek nooit in my lewe weer vir bewaring sal geld skenk nie . Nooit weer nie. Ongelukkig het ek reeds net vir 2016 R50 000 geskenk. ( Eintlik gemors of weggegooi) Dit omdat ek n oordrewe liefde vir diere het. Hulle het my so teleurgestel met die vinnige oordeel om Sylvester dood te maak. Dan borg ek ook heelwat van die “webcams” sodat meer mense blootgestel kan word aan die diere, maar na hierdie episode weet ek dat daar bitter min mense is wat opregte bedoelings in die lewe het. Ek is uiters teleurgesteld.

Hendrik ·

Die laaste opsie dat Sylvester vankant gemaak sal word as hy ‘n bedreiging vir mense inhou is sekerlik nie meer van toepassing nie. Waarvoor dit bly herhaal?

FM ·

Vir die wat nie kan glo dat n leeu so baie skape kan eet nie: kom oom fm leer julle ietsie oor predasie: geen jakkals, kat,leeu ens kan so klomp skape of wild op n slag opeet nie. MAAR n leeu ens kan n klomp skape in een nag doodmaak en miskien net een eet. DAN gee mnr leeu weer pad vir n paar kilometer en dan doen hy dieselfde. Dis eintlik verbasend hoe min skape die leeu doodgemaak het!!! n Jakkals sal nie sommer 2 keer aan dieselfde karkas eet nie. Hy sal weer een vang, want hy hou van vars vleis.Miskien het die leeu van die boere se stoetskape dood gemaak!!!! Nee wat party van julle weet nie wat se skade so leeu kan aanrig nie. Ek hoop julle studente verstaan nou waarom die boere nie lieg nie. Wederom!!!

Michiel ·

Ag FM, nou moet jy ook ‘n ou straaltjie byp*s… Stoetskape se voet man. En jy praat nonsens oor die leeu wat kammig so baie vang. Boere wil net op die wa spring en eise instel van kammige skape wat gevang is

M.G. ·

Tamboti -jy is ‘n geval van “het laptop sal kommintaar lewer”…

FM ·

Haai Michiel wie het op jou battery ge pp? Of het jy maar net sleg geslaap? Arme boere kry die skuld vir als. Moet tog nie so lelik wees nie, jong. Jou hart sal dit nie hou nie, ou maat. Geniet jou dag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.