Sylvester ‘uiters skrikkerig’ ná terugkeer

Sylvester voordat hy vir die tweede keer ontsnap het. Foto: Verskaf

Sylvester voordat hy vir die tweede keer ontsnap het. Foto: Verskaf

Noudat Sylvester, die Karoo Nasionale Park buite Beaufort-Wes se rondloperleeu, gevind en terug in die park is, is die gebied rondom sy kamp afgesper en word slegs noodsaaklike personeel by hom toegelaat.

SANParke het Saterdag in ʼn verklaring gesê die park is oorval met versoeke van medialede wat graag vir Sylvester wil afneem, maar weinig menslike kontak sal met hom toegelaat word. “Die leeu is uiters skrikkerig, soos te verwagte, en hy kan hom moontlik seermaak deur teen die boma se elektriese omheining vas te hardloop omdat hy steeds glo hy word gejaag,” het SANParke gesê.

Sylvester is Donderdagmiddag ná vier dae op vrye voet hoog in die Nuweveldberge opgespoor, verdoof en gevang. Dit het agt veldwagters twee uur geneem om hom by die berg af te dra na die voertuig ondertoe, gevolg deur nog twee uur se ry terug na die park toe.

Sylvester nadat hy Donderdagmiddag aangekeer is. Foto: SANParke

Sylvester nadat hy Donderdagmiddag aangekeer is. Foto: SANParke

“Die leeu is natuurlik dadelik wakker gemaak nadat hy in sy kamp gesit is. Hy het reeds die helfte van die gemsbok geëet wat vir hom gegee is nadat hy by die boma aangekom het. Daar is genoeg water en skaduwee in die kamp en die enigste kere wanneer hy gepla word, is wanneer hy elke paar dae gevoer word.”

Fundisile Mketeni, SANParke se uitvoerende hoof, het gesê ʼn finale besluit oor Sylvester se toekoms sal eers geneem word wanneer hy genoegsaam bedaar het en al die opsies deeglik oorweeg is. Mketeni het nie ʼn sperdatum gegee wanneer hierdie besluit geneem sal word nie.

“Ná sy vorige ontsnapping het hy [Sylvester] meer as vyf maande in die boma deurgebring voordat hy gereed was om weer in die park van 93 000 hektaar vrygelaat te word,” het Mketeni gesê. “Ons is toegewyd aan ons bewaringsmandaat en kan die publiek die versekering gee dat ons uiteindelike besluit in die beste belang van die dier en van bewaring sal wees.”

Lees alle vorige berigte oor Sylvester op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Theresa B ·

Dit laat my nou wonder hoekom is die arme leeu nou “uiters skrikkerig”. Die arme diere is ook wragtig aan twee-bene se genade oorgelaat…………..

Theresa B ·

Ek wonder nou hoekom sal hy nou skielik “uiters skrikkerig” wees……………….
Snaaks nê.

o die mens ·

Te wagte hy was met die dood gedeig. Nou wat nou was sy houding vyandig woedend sou dit ook probleem wees. Sterkte ou grote vir jou toekoms.

m ·

Mens wonder ma net hoe daar met hom gewerk word, dis dalk die rede vir sy senuweeagtigheid.

M.G. ·

“…wanneer hy elke paar dae gevoer word” – dus wie glo nog die stories dat hy kammig so baie skape en beeste gevang het in net vier dae!

Scalla ·

Sylvester is n pragtige dier, hy sal natuurlik skrikkerig wees om weer ingeperk te word na sy vrye tog. Ek glo as hy n mens sou raakloop in die tyd sou die seker leeu-leeu met hom wou speel, al twee brul gelyk en die een wat hom eerste bevuil is die verloorder. Sal dit graag wil beleef.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.