Sypaadjie-groentetuin: ‘Dis nie sy grond,’ sê metropolisie

Joe Nkuna se groentetuin op die sypaadjie voor sy huis. (Foto: Facebook)

Die Tshwane-metropolisie (TMPD) het sy besluit verdedig om ’n inwoner van Theresapark in die noorde van Pretoria te beboet oor ’n groentetuin op die sypaadjie voor sy huis.

Joe Nkuna is met R1 500 beboet oor die groentetuin aangesien hy volgens die metropolisie ’n munisipale verordening verontagsaam het.

Volgens supt. Isaac Mahamba, TMPD-woordvoerder, is ’n klagte verlede week ontvang oor die groentetuin op die sypaadjie, waarna TMPD-beamptes Nkuna se huis besoek het omdat hy ’n openbare padreserwe gebruik om groente te plant.

Nkuna het ’n mondelinge waarskuwing gekry en is versoek om aan die nodige regulasies te voldoen. Hy het nie daarop gereageer nie, waarna hy die boete opgelê is omdat hy ’n sypaadjie versper wat vir voetgangers gereserveer is.

“Nkuna besit nie die grond nie en kan nie net besluit om dit vir landboudoeleindes te gebruik nie. Dit is openbare grond waartoe alle inwoners toegang moet hê en hulle regte moet ook beskerm word.”

Volgens Mahamba het die TMPD aan Nkuna benadruk hoekom sy optrede problematies is. “Wat verder ook kommerwekkend is, is dat Nkuna in Facebook-plasings gespog het dat hy grond gryp. Hy het ook aan die media gesê dat hy die groente skenk, maar tog dui sy sosialemedia-inskrywings daarop dat hy dit ook verkoop.”

Nkuna het tot Oktober om die boete te betaal. Indien hy dit nie doen nie, sal ’n datum vasgestel word wanneer hy in die hof moet verskyn waar hy die boete kan betwis.

“Die Tshwane-metro het ’n formele beleid waarvolgens inwoners wat openbare ruimtes wil verfraai, aansoek kan doen by ons omgewingsafdeling wat hul aansoek kan evalueer om vas te stel of die geïdentifiseerde grond geskik is. Dit is teleurstellend dat Nkuna dit nie gedoen het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

96 Kommentare

Perdeby ·

MAW dan moet die Metro moes die sypadjies ook onderhou en die eienaar of huurder van die huis of perseel nie????

Alet ·

Kan nie eers die rommel in die strate verwyder nie. Meeste woonbuurte lyk soos ashope.

Leana ·

Toetie ek stem, dan moet hulle op n weeklikse basis die gras op die mense se sypaadjies kom sny of die onkruid uiskoffel.

Misky ·

Dis lagwekkend!!!! Hoe wonderlik sal dit nie wees as almal groente en vrugte op hul sypaadjies plant en hawelose mense so kan help nie. En as dit struike of blomme was, sou dit steeds ‘n probleem gewees het? Ek weet van menigte erwe waar die sypaadjies heeltemal toe en oorgroei is

Brett ·

Ek wens die wat nie van die kommentaar hou nie hul redes sal laat dat ons hul redes kan sien

Andre ·

Dit is seker vir voetgangers moeilik, maar nêrens wil dit voorkom asof die metro sypaadjies instand hou nie. Met al die covid regulasies is die een maklik om te glo, hy werk seker nog met ooppunt skoene ook daar.

Pieter ·

Die grond op die sypaadjie behoort nie aan jou nie, maar jy moet dit netjies en in stand hou? Is dit dan nie die munisipaliteit se plig om die gras op die sypaadjies te sny soos wat dit in die (verre) verlede gedoen is nie?

Patch ·

Ek dink nie jy MOET die sypaadjie netjies hou nie maar ons doen dit steeds omdat ons, ons erwe en huise netjies wil laat vertoon. Ek is seker hierdie man se groentetuin het al paar mense gevoed en dan word hy daarvoor beboet.

AH ·

Dit is onaanvaarbaar dat die Metropolisie iemand wat goeie werk doen en honger mense voed vervolg. Pleks hulle hul bepaal by handhawing van wet en orde en ophou om onskuldige sagte teikens te soek om hul “bonusse” te betaal. Uiters swak Tswane-Metro!

Tanniepetoors ·

Gee die man ‘n medalje! Brei die inisiatief uit in alle woonbuurtes. Sal dit nie wonderlik wees as mense vars groente op meer plekke van hul bure kan koop of ontvang nie?

Michele ·

Wat n klomp nonsens! Nkuna was by die kantore om n permit te kry en hulle het vir hom gelag want daar is nie so n permit nie! Iemand het wragtig nie werk nie, Mnr BaNkuna se direkte aanhaling van gebeure:”Needless to say the council’s land-use and by-laws section have not heard of such a by-law or permit. It does not exist. After so much laughter, Johan and Vincent sent me away empty handed without a permit. I decided to pass via the Metro offices in Winternest to give feedback about my failure to secure the cabbage planting permit. Yerrrr! It was a very bad mistake. Upon arrival at the JMPD offices, my wife and I were rudely ushered straight across the building to the office of the TMPD boss, Mr Elvis Ndlovu.

Janice ·

Daar is heelwat huis eienaars regoor die land wat die inisiatief volg en niemand het ‘n probleem daarmee nie. Die polisie en metro polisie moet hulle werk ordentlik begin doen en die mense wat hulle salarisse betaal uitlos.

Natasha67 ·

Ek stem! Ons land is in chaos en vol misdaad, maar nou moet ons iemand beboet wat eintlik ander wil help. SA het mal geword.

Alet ·

Ek stem heeltemal saam. Ek moet twee keer per week baie vroeg in die oggende hospitaal toe vir behandeling. Daardie tyd van die oggende is daar geen ontsag op die pad vir enige padreëls nie. Veral nie rooi robotte nie. Die taxi’s ry om my waar ek stilhou by die rooi robot sodat hulle oor die rooi robot kan ry omdat daar geen verkeer van die anderkant af is nie.

Irma ·

Die Metropolisie het nou hierdie man beboet oor sy groentetuin op die sypadjie omdat dit nou kwansuis teen die munisipale verordinge is. My vraag aan die Metropolisie is nou die volgende, wat van al die huiswinkels wat soos paddastoele opskiet op die residensiele erwe in Pretoria Wes. Gaan hierdie winkeleienaars ook beboet word en hierdie winkels toegemaak word want hierdie winkels is ‘n absolute seeroog vir die omgewing. Is hierdie huiswinkels nie ook teen die Munisipale Regulasies nie of bestaan daar nie meer so ‘n munisipale regulasie dat daar nie ‘n besigheid (huiswinkel) bedryf mag word vanaf ‘n residensiele erf nie.?

ABDP ·

Ek is ‘n professionele stads en streeksbeplanner wat werksaam is in City of Tshwane. Die metro het ‘n s.g “notice of contravention” wat hulle uitreik aan persone wat onwettig besighede en winkels vanuit hulle huise bedryf. Meer en meer mense word deesdae aangekeer vir onwettige grondgebruike en word dan ‘n waarskuwing uitgereik om die probleem aan te spreek. Die kennisgewing dui ook aan hoe die probleem regestel kan word met die regte tipe aansoek by die stadsraad. Sou die persoon dit nie doen, belas die metro die persone (soms tot 3x eiendomsbelasting) todat die persoon voldoen aan die regulasies en sy grondgebruike in plek kry. Ons is dankbaar hierdie regulasies is in plek omdat dit vir die eerste keer onwettige grondgebruike begin aanspreek. Die pad om te stap is nog ver, maar daar gebeur baie in die agtergrond. Ek sou alle peronse wat enige tipe salon, naskool of huiswerksentrum aanraai om ‘n stads en streeksbeplanners te raadpleek oor jou gebruik, voordat jy een ontvang.

Irma ·

ABDP, dankie vir jou antwoord maar ek praat nie hier van salonne ens nie. Ek praat hier spesifiek van die winkels wat buitelanders oprig wanneer hulle ‘n huis koop en betrek in die Pretoria Wes area. ABDP In een van die strate in Pretoria Wes is daar ten minste 10 van hierdie winkels.

Barney ·

Dis wat gebeur as jy stem vir die DA. Hulle konfiskeer jou groente en beboet jou.

Pampoen ·

Belaglik! Wat van die mense wat skerp klippe op hulle sypaadjies gooi?

Stephen ·

Snaaks dat Metro hom gas gee, maar as mens klaar oor onwettige stalletjies op sypaaie, dan doen hulle niks, kyk nie eers vir permitte nie. Groente en vrugte en kos smouse het mos meer regte. Dan ook so het onwettige immigrante meer regte as boere.

Maritza ·

Ek stem saam dat dit die munisipaliteit se werk is maar hulle is useless so as jy wil he jou perseel moet netjies lyk voor moet jy dit maar self doen. Tog wil ek noem dat sy groente tuin baie sleg lyk. Vir my is dit onaanvaarbaar

Alet ·

Wanner kan ons verwag dat die munisipaliteite begin gras en roosbome aflewer en plant? Asb ook net nie my water gebruik om dit aan die groei te kry nie. Ek betaal vir my water en daai is mos nie my grond nie.
Kan ek nou onthou uit vervloë dae het die munisipaliteite die sypaadjies so mooi in stand gehou. Ek kan onthou toe ek klein was hoe hulle twee keer per week met die trekkers met die water tenks op gekom het en die bome en middelmannetjies waar geplant was nat gelei het.

Cherokee ·

En as iemand noodgedwonge in die pad loop om verby die groetetuin te stap, en deur ‘n voertuig getref word, sal julle ‘n ander deuntjie sing as tans.

Boerkind ·

Ek sien nie meer die bevolking op sypaadjies nie… almal is in die pad…

Johan ·

Presies Cherkee! Motoriste is bitterlik Arogant…”kyk die mooi groente tuin”… waar moet ek loop pampoene!

Louise ·

En dit alles terwyl ons land n bloed bad word, worry die Metro Polisie eerder oor die kool langs die pad.
Geen wonder dit gaan in ons land soos wat dit gaan, nie asof enige iets in stand gehou word nie!

Adriaan ·

Ek bly oorkant n voormalige model c skool wat heeltemal verswart het. Leerlinge word in groot getalle deur taxis af en op gelaai. Gedurende spitstye, maar veral gedurende beurtkrag, wanneer die verkeer stadig vloei, is die taxi bestuurders haastig en ry aan die verkeerde kant van die pad teen die aankomende verkeer in. Ek het nog nooit n speedcop gesien probeer orde herstel nie. Maar terselfdertyd staan die speedcops gereeld by n paar stil stoptekens in die omgewing en beboet ou mense wat nie absoluut dood gestop het by die tekens nie. En dit is die ding van die TMPD speedcops. Baie braaf met sagte teikens maar te lafhartig om op te tree waar hulle weet hulle gaan gevoeter word.

Cherokee ·

gevoeter beteken geskop of ver geloop of so iets. Gefoeter is die woord.

Genis ·

Langs my in Tshwane bedryf iemand al vir 9 jaar onwettig n besigheid, nie die Metro Polisie of die DA raadslede doen omtrent die kader nie….. Maar pla iemand vir n sypadjie… kort weer geld…

Corne123 ·

Kan ons dan. klag le oor die sypaaidies skoon en nekies te hou die romel in middistad versper so kan nie daar loop nie?

Dries ·

Dit is nie sy grond nie maar plakkers plak op hulle grond tot op die sypaadjies vir jare. Siek land hierdie

Nienie ·

Dis absoluut belaglik. Die man kort ‘n subsidie vir wat hy doen maar neeeee !

Johan ·

Nee jys verkeerd. Klim bietjie uit jou kar en probeer enige plek heen loop, dan sal jy verstaan.

Poeks ·

Die metro moet eerder hulle ware werk doen en kyk hoeveel karre tussen 23h00 en 04h00 in die nag op die pad is

Aai ·

Mense dit is nie iets nuuts dit behoort nog altyd aan die mislike paliteit en jy moet hom skoon hou anderste kan hulle jou beboed niks nuuts.

Pieter ·

“Die Tshwane-metro het ’n formele beleid waarvolgens inwoners wat openbare ruimtes wil verfraai, aansoek kan doen by ons omgewingsafdeling wat hul aansoek kan evalueer om vas te stel of die geïdentifiseerde grond geskik is.”
Moet ek elke keer wanneer ek die gras moet sny so aansoek bring, of is dit maandeliks of jaarliks. Ek vra maar net want ek was nog altyd in die verlede buite die wet en op my ouderdom wil ek nie tronk toe gaan nie.

Samuel ·

Hier in Montague Gardens het besighede groentetuine op die sypaadjies en dit is goed versorg. Dit is vir almal, veral haweloses, se gebruik. Wonderlike idee.

Johnny ·

Hierdie ding het ‘n ander kant wat nêrens genoem word nie.
Die man het oral gespog dat hy die sypaadjie vir homself gevat het. Hy verkoop die groente – hy gee dit nie weg nie. Hy is ‘n trotse EFFer ook.
Ons is almal vinnig om te oordeel . . .

Pieter ·

Ten minste WERK hy vir sy geld en staan nie op ‘n straathoek en bedel nie…..

Kaal Keiser ·

…so jy kan langs die pad sit met jou boomsloping en vetkoek verkope …moet net die iets goed doen om dit beter te laat lyk nie. Ek dink dit is ‘n goeie idee.

Souterig ·

Begin by groentetuin maar waar eindig dit op. Lyk nie asof straat skoongehou is nie so fiets of motorfiets ryer sien op daai hoek sy gaai, en wat van die wat sypaadjie wil gebruik, dalk iemand met rolstoel of ouer inwoners of gewoon mense met kinders. Klink barmhartig maar is eindelik sefsugtig. En wanneer die donderstorms begin, hoe gaan dit dan lyk? Nee wat.

Anel ·

Wys my iemand wst op ‘n sypaadjie loop. Ek moet gereeld uitswaai vir die lot wat die hele pad vol loop, al is daar sypaadjie. ‘n Groentetuin lyk in elke geval beter as ‘n oorgroeide sypaadjie en dit is nuttig. Wat nou van die bome wat deur die mislike paliteit op die sypaadjies geplant is? Hulle word nie onderhou of water gegee nie. Hulle kom tel ook nie die blare op nie. Ek het al van dorpe gehoor waar die mense aangemoedig word om groente op die sypaadjies te plant vir minderbevoorregtes. En baie keer kom daardie selfde mense en help met die obderhoud. Wen wen vir almal. Maar hier, o, nee. Vervolg net. Pleks doen hulle werklike werk. Taxis maak wat hulle wil en ry soos hulle wil, maar gewone mense word geteiken. Kom tog by!!!

Botterblommetjie ·

Ek sou saam met die munisipaliteit kon stem as: 1. Hulle die sypaadjies in stand hou 2. Sorg dan vandaliste nie ons heinings ens. beskadig nie en teen jou mure kom sit ens. nie 3. Die voetgangers wel op die sypad loop. ( hierop wil ek uitbrei- ek ry soggens in ons straat af waar daar wye sypaadjies is en hope gate in die pad, en raai die voetgangers loop in die pad en ek moet om hulle ry. So waarvoor is die sypaadjies. Ek sou voorstel dat as hulle wel die sypaadjies wil laat gebruik waarvoor dit oorspronklik bedoel was hulle 1. Dit in stand hou en netjies 2. die mense beboet wat in die pad loop as daar wel ‘n netjiese loopbare sypad is. Mens sou dink die wetgeleerdes sou liewer konsentreer om die land veilig te hou, maar mens kom al hoe meer agter hoe hulle sagte teikens “target” en “easy money”… hulle kry ‘n target en dit is hoe hulle dit bereik…

Lindi ·

Hier was vantevore so ‘n “plan” gewees in Theresapark. Die arme man het naderhand moed opgegee. Dit was die rykes met hulle Mercs, BMW’s en 4 x 4’s wat DAAGLIKS gestop het en die groente sommer alles gepluk het. Absoluut niks vir die behoeftiges gelos nie. Dis ‘n “sad” dag vir SA

Quina ·

In die ou regering het hulle na die sypaadjies gekyk en dit onderhou, nuwe regering kyk skaars na ons land nou kom beboet hulle onnodig die man.

Anthony ·

Ek dink, dit gaan meer oor die halsband as oor die hondjie. Die knaap het op FB gesit hy het ge ” land grap” al mag dit dalk tong in die kies gewees het, dalk nie…. en toe het sy bure moontlik n klag ingedien Die feit dat hy die groente ook verkoop (tax free) en dit ook uitbasein het op social media, het hom geen gunste bewys nie

gpsa ·

Dis ‘n wet. Daar is wette vir ‘n rede. Ons land is juis ‘n gemors omdat niemand hulle daaraan steur nie. As dit onwettig is soos in die geval, moet dit uit. Heel eenvoudig.

Casper ·

Kry eers die water, krag, vullis en riool uitgesorteer. Kry die paaie reg dat ons op die goed kan ry. Kry die metropolisie reg, haal korupsie met wortel en tak, uit die metro rade. Sorteer die gemors van voertuig toets stasies en lisensiering van voertuie en bestuurslisensies uit. DAN, kan ons praat van sypaadjies.

Irma ·

Die Metroraad kan ook maar gerus ‘n bietjie aandag gee aan die vrot water van die Apiersrivier in die omgewing van die Laagwaterbrug in Capital Park.

Johann ·

Dan moet die metro seker maak hulle onderhou die sypaadjie. Besef hulle ons weet dit is niks anders as jaloesie van ‘n beampte nie, want sodra hy die tuin uitgehaal het, sal hy weer self die area moet onderhou om dit netjies te hou in elk geval. Wat maak dit saak wat hy daar plant?

Louis ·

Sypaadjies is daar vir voetgangers en munisipaliteit moet dit skoon hou.

AH ·

Dit is so Louis, maar die waarheid is dat die munisipaliteit dit nie onderhou nie en dat die voetgangers in elkgeval in die pad loop. Ek het ‘n maand gelede vanaf Somerset-Wes na Bloemfontein verhuis en dit is skokkend hoe Bloemfontein se strate lyk, geen vullisverwydering, geen onderhoud aan sypaadjies en parke om nie te praat van die slaggate in die paaie nie… Om dit met enige dorp of stad in die Weskaap te vergelyk is onmoontlik. Daar word die sypaadjies netjies gehou, die paaie word in stand gehou en die vullis word weekliks verwyder. Daar is tog munisipaliteite wat wél werk, maar beslis nie hier of in Tswane nie….

billy ·

geen groente tuin hoegenaamd op enige sypaadjie of openbare grond nie…dit kan en sal sekere mense nog luier en gemaksugtiger maak, praat nie eers van die “wins? wat ander met jou produkte gaan maak nie, en hoe kan dit die dwelm-outjies net nie bevoordeel word nie?…

billy ·

blomme en plante gaan ook nie help nie want dis n nog groter aantrekking vir die dwelm-outjies .

Caroline ·

Well done Joe Nkuna someone with some initiative at least that way you have your own fresh vegetables. It is not unusual here to plant vegetables on our pavements. Well done it would be a good idea if more people start growing vegetables on their pavements and share them with the community

Dr Pieter ·

In die klein dorpies is ons maar te dankbaar as mense hulle sypaadjies, en so die dorp, netjies hou. Die rondloperbeeste sal egter korte mette maak van die groente.☺

Pieter ·

Maar jy kan in die middel van ‘n besige straat staan en chips verkoop? Die een reel moet mos tel vir almal!!
Hierdie man verwerk tenmiste gond wat net daar le en tegnies sal hy mos na daardie stuk grond kyk nes ons almal maar doen.

As jy dit reg doen sal die grond gaan vrugbaar word en erosie sal sekerlik minder wees… Ek dink hulle issue is seker meer oor die teerpad en die impak al die water en grond etc op dit.

As almal in pleks daarvan Paving en gras alleen doen en net bietjie Vrugte en Groente doen dan sal daar baie minder voedsel issues wees. Hulle grou algeval dit weer oor 2 jaar op vir iets. Niemand in die armer areas maak meer dit reg nie. So PLANT dan eerder en dit lyk soos iets.

Die is nou regtig PETTY. Meld aan by 2021 saam ons asseblief. You are loosing opportunities…

Hasie ·

Dit is twak. dit eerderr geval van jaloeie en intimidasie . As dit so is moet die metropolisie almal arestreer wat or die sypaadjie loop want dit is ook nie hul grond nie. Some ine is very bored … Gee daardie metrpolisie ‘n hoed .. . Nie ‘n Bells nie ….

Nozi ·

Nou hoekom doen metro nou ook nie hul werk met die wat voor winkels sit en die hele sypadjie versper met hul goed wat hul so verkoop nie. Dan moet jy nog in ‘n besige straat loop omdat daar nie plek op die sypadjie is nie. Ek skat dit is baie gevaarliker as in woongebied. Munisipaliteite doen nie meer die moeite om sypadjies skoon en netjies te hou nie, so vir my behoort daardie stukke grond ook aan die inwoner. Tenminste probeer hierdie ou ‘n geldjie op ‘n eerlike manier te verdien.

Kremetart ·

Die grond op die sypaadjie behoort nie aan jou nie. Jy kan dit mooi maak of nie, maar jy kan dit nie so beplant dat voetgangers nie kan loop nie en ook nie so beplant dat sig op verkeer belemmer word nie. Plant maar groente, maar moenie spog dat jy grond gryp nie. En sorg dat mense steeds daar kan loop.

Carina ·

So as dit nie sy grond is nie en hy niks daar mag plant nie, gaan ek al die grasperk uithaal wat van my erf tot teen die straat loop, want ek onderhou die grasperk op my onkoste. My “sypaadjie” is blykbaar 4.5m breed, so die grasperk wat binne die 4.5m groei mag dan ook nie daar groei nie want dis nie my grond nie. So ek kap af en haal uit. Laat ons sien hoe lank dit die munisipaliteit gaan vat om my en elke ander huis in die land se sypaadjies te onderhou en skoon en netjies te hou. Hulle kan nie eens die straat skoon hou nie!

Jacobus ·

Prioriteite. Pleks die ledige “poliesmane” die 86 000 verlore DNS toetse gaan jaag en ophou iemand wat bydrae lewer teister.

Richardt ·

Mense maak ‘n belegging in hul huise en koop in buurte wat aan sekere standaarde voldoen. In so ‘n duidelike middelklas buurt, is daar ‘n verwagting dat sypaadjies netjies en begaanbaar sal wees vir die doel waarvoor dit daar is: vir voetgangers om op te loop en uit die pad te bly van karre.
Wie se skuld dit is dat sekere sypaadjies nie instand gehou word nie, is nie ter sprake nie.
Watter ‘goeie doel’ die sypaadjie-boer het is ook nie van belang nie.
Die toets is:
Wat as ander bure met tegniese vaardighede begin karre se uitlaatpype op die sypaadjie van sy huis heelmaak of vervang? En oorkant die straat begin tannie Poppie hare doen en op haar mobiele wasbak adverteer Glenda haar masseer dienste en Guiseppe sy ‘medisinale sigare’?

Susanna ·

Daar is net 1 feit omtrent die storie, dit is die Stadsraad se grond, jy mag niks daar plant nie. Waar gaan voetgangers loop as almal hul sypaadjies vol plant.

Swerwer ·

Voetgangers loop in elk geval in die strate want hul is te oordentlik om op sypaadjies te loop, geen opvoeding gehand nie. Vir hul ‘n ‘n sypaadjie ‘n ornament

Spookasem ·

You are talking nonsense! You can plant flowers against the wall. You can plant grass on the pavement. The issue here is that he has not left sufficient space for pedestrians.

Richardt ·

Dat die mense wat die sypaadjie boer ondersteun, se harte op die regte plek sit, is ‘n feit.
Dat hul goeie Salomo’s sou wees, is egter nie.

FC ·

Dit beteken, Metro was nou ten minste weekliks alle en elke sypaadjie se gras moet kom sny, doen hulle dit nie word 1x week se rates terug verbeur

Spookasem ·

Stem saam. ‘n Klomp nonsens oor niks. Die stadsraad doen nie hulle werk nie. Die ou moes net ‘n stukkie grond met gras bepland het sodat mense nog steeds op die ‘publieke’ sybaadjie kon loop. En hy moes nooit of social media gespog het nie oor grondgryp nie. Nou het hy almal die joos ingemaak en ‘n easy target geword vir simpel metro polisie. Tsk tsk..

Pieter ·

Die DA is mos in beheer hulle worrie oor n sypaadjie maar die res van pta lyk soos n vark hok. Politiek in die land is n sirkus

Cecilia ·

D Metrocaad is reg. Die sypaadjie buite jou erf behoort aan d Munisipaliteit.
Maar ter selfde tyd voel ek vir d eienaar ook.
Hy probeer honger mense voed. En in elk geval onderhou d Metro raad nie d sypaadjies nie. Huis eienaars moet self gras plant en sny om darm jou huis se “look” te verbeter.

As ons d sypaadjies moet los dat d Metrò raad dit onderhou sal d gras dakhoogte groei!

Ek dink hulle moet n goue middeweg vind.

Swerwer ·

Genade! Beboet omdat iemand die grond nuttig gebruik en versorg sonder om iemand anders te benadeel? Die Metro Polisie moet bietjie wakker skrik en ophou geld jaag, verdomde ………………….

Linda ·

Loop voetgangers nog op sypaadjies? Ek ry soggens werk toe verby Boland Kollege in die Strand, en al daai studente loop soos plaasvee die strate vol. En let maar op oral waar jy ry, tot op snelweë, is die voetgangers nooit op ‘n sypaadjie nie. Plaas volg ons New Zealand se voorbeeld. Hulle tronke byvoorbeeld bedryf elk sy eie melkery, wat Fontera ( Hulle Parmalat) hulle melk aankoop, die tronk bedryf ook sy eie groente tuine, hoenders en vele meer. So elke tronk is self onderhoudend en neem baie min van die staat se geld. As die man met sy sypaadjie groete tuin nou in n oorwegend swart buurt gewoon het , was hy op al wat RSG program en SABC nuus as die grootste held gekroon. Dan neem hy inisiatief en voer sy mede broers en susters. Nou in die oorwegend wit woonbuurt is hy skielik ‘n doring in die vlees. Plaas patrolleer die Metro Polisie die strate en vang kapers wat onskuldige mense roof en moor in hulle opritte.

TASHA ·

Die “voetgangers” loop in elk geval in die straat! Het lanklaas iemand gesien wat op n sypaadjie loop

Chantel ·

AG SNERT man, hulle kan nie omgee as dit toegegroei is onder die onkruid en mens nie eers behoorlik kan sien nie, maar moet nou net nie GROENTE TUIN maak nie, nee dan kan hulle vinnig inspring. BOG MAN BOG!!!

AmY ·

Wat van die straatverkopers in ons stede wat ook die sypaadjies versper?
En ek het al eenkeer op ‘n piesangskil gegly. Gelukkig was daar mense om my wat my gekeer het van moontlike ernstige beserings.

4 liter ·

Maar die mense mag oral op openbare parkies deesdae tente opslaan , vuurmark en daar bly soos hulle wil. En niemand mag hulle wegjaag nie. This country????

Kakamiet ·

As much as it’s a good idea for those who want to provide for whoever, it does remain municipal grounds. To give a fine is ridiculous but procedure. Yes the grounds may be municipal but some ppl do take care and make it nice, others don’t. Nobody will get trouble if they don’t and the municipalities will not maintain it either. No-win. Its anc.

Johan ·

Hulle kan gerus almal wat so op die fietsbane (om en na die skool!) Stop ook beboet. Tuinmaak op die sypaadjies is uit, dan kla motoriste as mense in die pad loop, waar moet ons loop!

Brett ·

Ek stem vir ‘n fonds insameling ek sal help dat ons vir hom die boete kan betaal en BAIE SAAD KOOP. Sou seker tuin in sy erf gemaak het as daar plek was…..

Sarel ·

Watter Politieke Party hier asn bewind is…julle beter reg stel.of julle gaan afchop

Willem ·

Het hierdie amptenare nie werk vir hulle hande nie? Los die man se groentetuin uit! Is daar nie meer iets soos de minmus non curat lex nie? Of is dit makliker vir die amptenare om hulle met nietighede besig te hou?

pestilensie ·

Reels is daar vir n rede , hoekom dan nie sommer n paar skape aanhou , dan boer ons mos almal . Vir wat plant hy nie sy koolkoppe binne sy erf . Wat gebeur as ek vir my n koolkop gaan pluk . Gaan hy my skiet , of die polisie bel en wat gaan hulle maak . Neewat hy is sommer dwars en soek aandag . En julle klompie war dit ondersteun dink nie verder as julle neus

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.