Die digter prof. T.T. Cloete het ʼn staande toejuiging gekry toe hy die NP van Wyk Louw-toekenning ontvang het vir die bevordering van die Afrikaanse taal, kultuur en geskiedenis.
Dr. Johan van Zyl, uitvoerende hoof van Sanlam, het die FAK-toekenning vir uitnemende leierskap ontvang terwyl Marietta Mathee, hoof van die Oranje Meisiesskool in Bloemfontein, ʼn toekenning vir uitnemende onderwys ontvang het.
Cobus Bester, ʼn omroeper by RSG, het die HBNM Tom-toekenning ontvang vir sy bevordering van Afrikaanse joernalistiek.
Danie Goosen, voorsitter van die FAK, het tydens die geleentheid ʼn toespraak gelewer en Amanda Strydom het die gaste vermaak.