T.T. Cloete vereer by FAK 85 Prestige-aand

Prof TT Cloete

Prof TT Cloete

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het Vrydagaand tydens ʼn spoggeleentheid toekennings oorhandig aan mense wat op verskeie terreine ’n uitnemende bydrae gelewer het tot die ontwikkeling van die Afrikaanse taal en kultuur.

Die digter prof. T.T. Cloete het ʼn staande toejuiging gekry toe hy die NP van Wyk Louw-toekenning ontvang het vir die bevordering van die Afrikaanse taal, kultuur en geskiedenis.

Dr. Johan van Zyl, uitvoerende hoof van Sanlam, het die FAK-toekenning vir uitnemende leierskap ontvang terwyl Marietta Mathee, hoof van die Oranje Meisiesskool in Bloemfontein, ʼn toekenning vir uitnemende onderwys ontvang het.

Cobus Bester, ʼn omroeper by RSG, het die HBNM Tom-toekenning ontvang vir sy bevordering van Afrikaanse joernalistiek.

Danie Goosen, voorsitter van die FAK, het tydens die geleentheid ʼn toespraak gelewer en Amanda Strydom het die gaste vermaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.