T20-Wêreldbeker: Engelse verneder Aussies

Engeland se Johnny Bairstow in aksie tydens die T20-wedstryd teen Australië. (Foto: Aamir Qureshi / AFP)

Die Engelse krieketspan troon kop en skouers uit in Groep 1 van vanjaar se T20-Wêreldtoernooi in die Verenigde Arabiese Emirate nadat hy Saterdag in Dubai Australië bloedneus gegee het.

Engeland het die kragmeting met agt paaltjies gewen nadat hy 126/2 in slegs 11.4 boulbeurte gemoker het nadat die Aussies vir ʼn miserabele 125/10 in 20 boulbeurte uitgenikker is.

Die Engelse sal na alle waarskynlikheid baie maklik, met een van Suid-Afrika of Australië, tot die halfeindronde deurdring.

Engeland se netto lopie-tempo is ná sy drie oortuigende oorwinnings 3.95.

Suid-Afrika, ná sy oorwinnings oor die Wes-Indiese Eilande en Saterdag se doodsniksege oor Sri Lanka, se netto tempo is 0.21 en die Aussies is derde op -0.63.

Die Aussies moet nog teen Bangladesj en die Windies speel en moet albei wedstryde wen om die agterdeur oop te hou en ook om hul lopietempo te verbeter.

Suid-Afrika pak Bangladesj en dan vir Engeland in sy laaste groepwedstryd.

Tot dusver stel die Engelse die maatstaf.

Hulle het baie bestendige kolwers in Jason Roy, die harde slaners Jos Buttler, Jonny Bairstow en Moeen Ali. Wat nog van Dawid Malan, Eion Morgan en Liam Livingstone?

Maar Saterdag het die Engelse boulaanval, met Chris Jordan (3/17) en Chris Woakes (2/23) aan die spits, die Aussies se kolflys aan flarde geruk.

Was dit nie vir Aaron Finch se 44 lopies nie, sou die Aussies nie by 125 uitgekom het nie.

Buttler (72*) en Roy (22) het die grondslag vir die oorwinning gelê.

Buttler het geen ontsag vir die Aussies se boulaanval getoon nie en in sy onoorwonne beurt van 71 het hy vyf viere en vyf sesse gemoker.

Hy en Roy het die grondslag gelê met ʼn vennootskap van 66 lopies in slegs 6.2 boulbeurte en die Aussies met rooi gesigte gelaat.

Mitchell Starc (0/37 in drie boulbeurte) en Adam Zampa (1/37 in drie beurte) sal beslis nie veel oor hul vertonings te sê het nie… so ook nie die Aussies se ondersteuners nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johan

En die proteas verneder hulself

N

Hulle is gelukkig om sonder enige politieke en kwota inmenging te kan speel. Sterkte aan altwee spanne.

Piet

Hoop Engeland verwoes die protea kniebuiger clowns!!!!!!

cccp

@Johan: Miskien werk KSA met ‘n geheime plan; miskien dink hulle dat as hulle genoeg knie-buigingtjies maak, die trofee aan hulle geskenk sal word – gratis en sonder meriete – soos wat die norm is in die nuwe Suid-Afrika.

Dirk Mostert

In groep 2 is Pakistan verseker van ‘n eerste plek. In WB-rugby het Engeland gepiek teen die All Blacks, wat S.A. in die eerste wedstryd gewen het, om in die finaal teen S.A. te verloor. In WB-T20 het Engeland gepiek teen Australie, wat S.A. in die eerste wedstryd gewen het, …………….. (Pakistan se enigste nederlaag in hierdie toernooi was teen die Proteas in ‘n opwarm-wedstryd)