Taai vrae in parlement kan Ramaphosa laat bontstaan

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Phando Jikelo/ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa trotseer vanmiddag sy laaste mondelinge parlementêre vraesessie van dié jaar met sewe vrae wat hy gaan moet beantwoord.

Die moeilikste vraag is die laaste een, wat gevra gaan word deur die leier van die DA, Mmusi Maimane. Die vraag is op watter datum Ramaphosa van die krisis by VBS Bank bewus geword het, en wat hy daaromtrent gedoen het.

Maimane se vraag volg op berigte in die Sondagkoerant City Press dat Ramaphosa reeds verlede jaar – toe hy nog adjunkpresident van die land was – oor VBS se probleme ingelig is, maar versuim het om op te tree. Ramaphosa ontken die berigte.

’n Ander belangwekkende vraag kom van die ANC-LP Bheki Radebe, en handel oor die invloed van die veranderde wetsontwerp op die ontginning van minerale en petroleum (beter bekend as die MPRDA) op die minerale- en petroleumbedryf. Dit gee Ramaphosa die kans om ’n beleidsverklaring te maak oor ’n kwessie wat kennelik vir die regering ’n turksvy is.

Die volgende vraag op die vraelys kom van die IVP-LP Xolani Ngwezi en handel oor die regering se planne teen geweldsmisdaad. Ramaphosa sal waarskynlik veel politieke kapitaal uit die herinstel van anti-bende-eenhede maak in die aanloop tot aanstaande jaar se Wes-Kaapse verkiesing.

Bantu Holomisa, UDM-leier, se vraag oor die hantering van gewelddadige protes kom daarna aan die beurt. Dit is ’n sensitiewe kwessie waaroor opposisiepartye die regering dikwels kasty.

Vervolgens kom die ANC-LP Francois Beukman se vraag aan die bod. Hy wil weet wat Suid-Afrika se doelstellings as lid van die VN-veiligheidsraad is.

’n Meer uitdagende vraag is ingedien in die naam van die ACDP-leier, Kenneth Meshoe. Hy wil weet wat die presiese besonderhede is van die lenings wat China onlangs aan Suid-Afrika toegestaan het.

Die ANC-LP Shelley Makhubela-Mashele se vraag oor hoe wyle Albertina Sisulu tot vroueregte bygedra het, sal aan Ramaphosa ’n intellektuele blaaskans bied voordat Maimane se VBS-vraag die jaar afsluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

JV ·

Daar is n vraag oor anti-bende eenhede en hantering van geweldadige proteste, maar geen vraag oor plaas aanvalle en moorde nie??

Johann ·

ANC LEGACY. Doen ALS om nie die waarheid en werklikheid aan te spreek nie.

Vra my of my naam Piet is sodat ek vir jou kan se ek eet nie ertjies nie en vertel hoe goed my ouma grooitjie se onderwater haarkapper besigheid doen noudat sy paneelklopwerk ook doen….

Hennie ·

Ek wil weet:
1. hoekom hy plaasmoorde afmaak as onwaar en dit daarom toelaat, eintlik goedkeur,
2. wat gaan hy doen met al die Chinese wat saam ons land gaan inkom met die 2 biljoen rand “belegging” wat op pad is.

Johan ·

En hoekom vra die Vryheidsfront + nie vrae oor al die blankes wat so op die plase vermoor word nie, of mag hulle nie ‘n beurt kry nie

Johan ·

Daar is geen moeilike vrae nie aangesien CR lank voor sy sessie die vrae ontvang het en sy raadgewers al die antwoorde verskaf het.

Ellisras ·

Die is n sirkus en ‘n mors van kosbare tyd. Die vrae moet vooraf gevra word. Die antwoorde is ontwykend en vraag. Daar word absoluut niks bereik met die vrae nie.

koos1 ·

Ek wonder of hy eerlik gaan antwoord of oor die Dragensberg se seunskoor gaan praat? Of gaan die speaker hom beskerm soos met Zuma.
Tyd sal leer.

John ·

Waarom nie vra wat ons in ruil sal moet gee vir die miljarde, CR se lieflingswoord, wat in die SA-ekonomie gestort gaan word nie? En of al die misdrywers uit die Zuma-era bloot oorgesien gaan word om verder slinkser te blunder. En of die “Pay-back-de-Money-“slogan op ‘n ander planeet hoort?

Emma ·

Praat en belowe ook net almal van dieselfde stoffasie hoop hul peper hom met vrae oor afrikaans en wittes in die land wat almal van ons uitsluit.bid dat hulle verloor by stembus.

Pieter ·

Hy gaan net smile en lieg, wat verwag mense anders van hom?

Callie ·

Hoe is dit moontlik dat jy ontken daar is plaasmoorde of makk dit maar net nie aan jou saak dat boere so vrmoor word nie.. HOEKOM WORD GEWONE VRAGIES WAT NIKS BETEKEN GEVRA?????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.