Taakmag ontplooi ná polisieman se skietdood

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto: SAPD

’n Taakmag is ontplooi ná die moord op ’n polisiebeampte in Soshanguve buite Pretoria vandeesweek skokgolwe deur die betrokke polisiëringsgebied gestuur het.

Konst. Ruben Dumisani Tshabalala, ’n polisiebeampte betrokke by die eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe, was Maandagaand op die spoor van verdagtes in ’n verkragtingsaak toe hy in uitbreiding ses van die nedersetting geskiet is.

Luidens ʼn verklaring het medepolisiebeamptes Tshabalala op die toneel met ’n skietwond aan sy bolyf aangetref saam met nóg ’n man wat ’n skietwond aan sy ken opgedoen het.

Tshabalala is na ʼn hospitaal gehaas waar hy later aan sy beserings beswyk het. Die ander man word tans onder polisiebewaking in ʼn hospitaal behandel. Dit is nie in die stadium duidelik hoe hy in die voorval betrokke is nie.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê dit is ook nog nie duidelik wie Tshabalala geskiet het nie. Sy dienspistool en motor is op die toneel gevind.

Volgens Naidoo word daar in die stadium vermoed dat een van die verdagtes in die verkragtingsaak die polisiebeampte moontlik kon geskiet het.

Genl. Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris, het sy skok oor die moord op een van hulle kollegas in die verklaring uitgespreek.

“Ek het ’n multidissiplinêre span aangewys om na die verdagte te soek en seker te maak dat geregtigheid geskied,” het Sitole gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

leser ·

en plaasmoorde word ge-ignoreer
gaan daar ooit (plaasmoorde) aandag aan gegee word ??????

schaun ·

Ian ek stem saam daarmee,hulle kan 35 multidissiplinêre spanne met nuwe fluitjies en penne aanstel onbevoegde mense wat net salaris wil ontvang en minimum werk doen gaan nêrens kom nie.

John ·

Ek stem! Maar martel, verkrag en moor nou duisende wit boere, en geen taakmag of spesiale eenheid word ontplooi! En ons wil nog steeds met hierdie regering onderhandel?! Word flippin wakker!

Pieter ·

Stem saam john piet retief het ook met dingaan onderhandel en toe ons sal nooit leer nie die geskiedenis speel hom nou weer af

Pieter ·

Ek stem saam john ons blankes leer nie piet retief het ook met dingaan probeer onderhandel toe sien hy sy gat die geskiedenis speel hom weer af waar is fw de klerk hy het mos onderhandel n klomp miljoene by die anc gekry nou sit hy en lag

Pieter ·

As dit by blankes kom is daar altyd n storie maar die blanke se belasting geld is goed genoeg dit is ons eie skuld want ons praat en ons praat en hulle lag vir ons

Skaakmat ·

Die polisie is die pionne waarmee die regering skaak speel om aan bewind te bly! Die polisie wat nog hul werk doen, net soos die boere op plase , word af afgemaai! En lyk dit of die regering omgee ? Nee wat, die krimineel word mos beskerm en het meer regte as gewone burgers wat belasting betaal!

fourie ·

Ek hoor net van die polisie wat nog werk en goed is ,hulle is so skaars soos hoendertande want ek sien nooit een nie die klomp in my buurt lê net by die pakistanier winkel vir obvios reasons natuurlik.

Leon ·

Taakmag word ontplooi na polisieman se moord.
Onbevoegde lui polisiemanne word ontplooi na plaasmoord.
Wonder wat is belangrik nê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.