Taakmag slaan glo toe by gesinshuis in soektog na Neline

Neil de Lange se huis se voordeur wat oopgebreek is. Foto: Verskaf.

Neil de Lange se huis se voordeur wat oopgebreek is. Foto: Verskaf.

ʼn Gesin van Middelburg in Mpumalanga is erg getraumatiseerd nadat die polisie se taakmag glo vandeesweek op hul huis toegeslaan het, vermoedelik as deel van hul soektog na Neline van Zyl (13), wat toe nog vermis was.

Neil de Lange (39), ʼn verkoopsverteenwoordiger in die mynboubedryf, het Vrydag aan Maroela Media gesê hy was Woensdag omstreeks 05:30 besig om te skeer toe ʼn groep van tussen 10 en 15 beweerde taakmaglede hul huis in Kanonkop bestorm en sy voorhek en voordeur oopgebreek het.

Sy vrou, Lizel (39), was buite by die agterdeur besig om wasgoed op te hang en sy twee seuns, onderskeidelik 11 en 14 jaar oud, was nog in hul slaapkamers voordat hulle 06:00 sou opstaan om vir skool gereed te maak.

Die voorhek is ook oopgebreek.

Die voorhek is ook oopgebreek.

“Ons twee Jack Russels het erg begin blaf en ek het ʼn groot rumoer gehoor,” het De Lange gesê. “Ek het aanvanklik gedink ons word deur rowers oorval. Ek het gaan ondersoek instel en is in die gang deur van die lede aangekeer. Hulle was swaar gewapen en het klapmusse en kamoefleerdrag aangehad,” het De Lange gesê.

Hy het gesê die beamptes het hom gedwing om op die vloer te lê, sonder om te verduidelik wat hulle in die huis doen.

Intussen het van die beamptes Lizel in die kombuis in gedwing. Die gesin is elkeen afsonderlik aangehou terwyl die groep die huis vermoedelik vir leidrade deursoek het. Hul soektog het glo niks opgelewer nie.

De Lange en sy gesin is ʼn ruk later na buite geneem waar ʼn kolonel glo aan hom gesê het die polisie ondersoek Neline se ontvoering.

Neline se vermistepersone-saak is vroeg Woensdag van ʼn vermistepersone-saak na ʼn saak van ontvoering verander. Sy is later die middag by ʼn gastehuis in die Loskopdam-omgewing opgespoor.

“Buiten dat ons erg getraumatiseerd is en skade aan ons eiendom opgedoen het, het ons steeds nie ʼn benul hoekom die taakmag juis op ons huis toegeslaan het nie,” het De Lange gesê. “Ons het geensins bande met die meisie of haar gesin nie. Ons kinders is nie eens in dieselfde skool nie. Hoekom ons?”

Hy het gesê pogings om dié vraag by die polisie beantwoord te kry was vrugteloos.

“Toe ek navraag doen oor die skade aan my eiendom, het die kolonel wat by my huis was, gesê ek moet ʼn siviele eis indien.”

De Lange se bure het hom Woensdag gehelp om sy deur toe te kap en die deur is Vrydagoggend met ʼn nuwe een vervang. Sy seuns moes ook berading by ʼn sielkundige ontvang en is aangesê om vir opvolgsessies te gaan.

Hy het intussen regshulp ingewin, die voorval by die polisie aangemeld en ʼn saaknommer gekry. “Ek raadpleeg my prokureur volgende week om die pad vorentoe te bespreek.”

Gerugte doen die ronde dat die polisie sedert Neline se verdwyning verlede Donderdag by tussen 30 en 35 huise opgedaag het om leidrade op te volg, maar dat daar nie só drasties opgetree is nie.

Kapt. Khanyisile Zwane, woordvoerder van die Middelburg-polisie, het Vrydag aan Maroela Media gesê sy is nie by magte om namens die taakspan kommentaar te lewer nie.

Maroela Media het navraag by die provinsiale polisie gedoen en wag nog vir terugvoer.

Intussen verskyn die 17-jarige seun wat op ʼn aanklag van ontvoering in hegtenis geneem is nadat Neline gevind is, Vrydag in die dorp se landdroshof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Peet Schabort ·

Dan wonder Zuma dat die publiek in opstand kom teen die SAP”DIENS”. DIENS se blerrie voet !!!
Nou gaan my deur ook seker afgebreek word . . .

Francois le Cochon ·

Kon hulle nie net maar die huis omsingel, en die klokkie gelui het nie? Mense met ‘n lae selfbeeld en minderwaardige kompleks, is baie gevaarlik indien hulle in ‘n magsposissie geplaas word. Dit is soos iemand wat ‘n leeu skiet, en dan glimlaggend saam met die dooie leeu afgeneem word – ‘n hero se ego word gestreel.

Oom Okkert ·

Iewers is ‘n slang in die gras of iets in die water en dit stink beslis?

Gerhard ·

‘n Dag is ‘n dag dan gaan daardie spannetjie hulle lywe rondgooi by die verkeerde ou se huis en lelik bloedneus kry.

Gerhard ·

Probleem is, as jy hulle met die wet slaan, slaan jy jouself, die belastingbetaler. Almal is nie masogiste nie. Onthou, hulle begroot vir eise met jóú moela.

SNEL ·

Skokkend dat mense so hanteer word sonder enige rede of selfs verduideliking.

Dave ·

Presiès! Of as hy honde gehad het wat hulle ‘n paar lesse geleer het! Dan sou hulle die honde skiet terwyl die honde sou doen wat wat van hulle verwag word. En soos jy sê, die huismense het alle onaanvegbare reg gehad om hulle te skiet. Dit is barbaarse tipe optrede wat wys tot watter mate hulle hulself bo die reg ag.

Dave ·

Hierdie kommentaar van my is gedoen in opvolg van ‘n kommentaar wat nie behoue gebly het.

Panda ·

Ten spyte van wat die omstandighede in die ouerhuis is, en die rede waarom die dogtertjie en haar seuntjie kêrel die wapad gevat het, het hulle verseker nou baie vure om te blus.

Manie ·

Kla die “Kolenel” aan vir betreding en beskadiging van eiendom. Hy moes met ‘n Lasbrief gekom het.

SêMaNet ·

Hul kan bly weed “Pst” was nie in die huis nie, anders was hul ook vrek

Bleek Sannie ·

Ant Stienie, nie alle ouerhuise is dieselfde nie, nie alle ouers gee hulle kinders die liefde en verborgenheid soos vasgestel deur bybelse riglyne en dissipline nie. Ander misbruik dissipline weer om kinders te martel en sielkundig af te takel. Vir sommige kinders is hul ouerhuise en lewens ‘n hel en die toekoms hopeloos, ek hoop jy verstaan wat ek probeer sê sonder dat ek verder moet uitbrei. Ons weet regtig nie wat daar aangaan nie want ons is nie alsiende en alwetend nie. Net Een is!

Gjorg ·

En soos altyd ‘n vitrioel van negatiwiteit. Niemand wat hier kommentaar lewer dink tweekeer om iets slegs te sê as die polisie niks doen nie en nou dat hulle leidrade opvolg om ‘n WIT kind (want dis tog so belangrik vir julle almal) te soek is julle ook nie tevrede nie. Die taakspan het hulle redes gehad en as julle dink hulle moet dit gee is julle van lotjie getik! Jy gee mos nie jou bronne en/of metodes vir die publiek nie. Nee man, DINK mense! Ek is nie skaam om te sê ek is trots op hierdie aksie nie, dit wys darem daar word nog daadwerklik opgetree vir slegs 1 vermiste persoon….skaam julle almal!

Dave ·

Gjorg, wat ‘n belaglikke kommentaar van jou kant af! Verlede jaar het die polisie ‘n woonsteldeur oopgebreek maar slegs nadat geklop is en die inwoner nie wou oopmaak nie. Hulle het herhaaldelik gevra dat hy oopmaak en nadat ek gesê het hulle moet die deur oopbreek het hulle so gedoen. Binne was die verdagte agter ‘n tweede deur toegesluit en hulle het daarop gewys dat hulle reeds een deur afgebreek het en nie sal huiwer om ook die tweede af te breek waarna hy toe self oopgemaak het en uitgestap het. Dit was ivm ‘n aanklag van gelddiefstal. Hierdie song wat jy sing grens aan gekheid veral wanneer dit klink asof daar geen rede tot agterdag was.

Peet Schabort ·

Gjorg, lees Francois le Cochon se kommentaar wat die regte optrede is. Niks/geen bronne of inligting hoef weggegee te word. Breek die man se hek en deur af en terroriseer sy gesin sodat die kinders sielkundige hulp moet kry. Draai dan om en los al die skade net so ? EN Gjorg, dit gaan NIE oor velkleur al wil jy dit só graag hê. Terloops, waar kom jy aan jou WITkind-storie in die berig of voorgaande kommentaar ?

Dave ·

Karools, nou’s hier ‘n klomp menings, so wiè s’n dislike jy eintlik?
Ek aanvaar jy like niks van die oorspronklike kommentaarder by name Gjorg. Ek skryf hierdie bloot om aan te dui hoe maklik menings verwar kan word maar ek erken ook dat Gjorg se mening van so aard is dat almal dit sal ‘dislike’.

Riki ·

Sou Jy nog so gevoel het as JY so behandel was? As JY gedwing was om op die vloer te lê? As JY sulke skade aan jou eiendom gehad het? Ek betwyfel dit sterk!!!!!!!!

Gertjie ·

Gjorg. Dit gaan nie oor wat hulle gedoen het nie maar hoe hulle dit gedoen het.
Lees die berig asb. weer…

Ruby ·

Gjorg, is jy van jou sinne beroof! Ons as huiseienaars het ñ vinger voor die neus dat net indien jou lewe in gevaar is mag jy skiet of tot geweld oorgaan.

Was enige van die SAPS se lewe in gevaar of was hulle gedreig?!

Bruno Stef ·

En dit gaan dan nou alles gepaard met die afbreek van n persoon se persoonlike besittings en die vernedering van die huisgesin om dan net daarna sonder enige verskoning tenminste jou ry te kry.Hierdie knape kyk te veel Amerikaanse SWAT team operasies hulle moes baie beindruk gewees het met nuwe kopliggie wat aan hulle ge-issue was.

pop ·

Paar goed wat ten hemele skreeu. Lasbrief is afwesig, Klapmusse!!! vir wat!!!dalk vir die videos wat deesdae van hulle onwettige dade geneem word. Nee, laat n goeie advokaat hulle galle werk. En gjorg, ek hoop vir jou part nie as hulle weer wie weet wie soek is jou huis ook een waar gesoek gaan word. Want jy gaan die ergste kla.

Net mamma ·

Ek moet sê ek stem saam. Ja hulle kon eers die gesin bewus gemaak het dat hulle buite is. Nadat hulle die huis omsingel het. Ek as vrou en ma kan net dink hoe dit moet voel. Nou moet daai kinders sielkundige hulp kry. En nou moet die man nog geld uithaal vir prokureurs ens. Sodat sy skade wat die “heroes” aan sy eiendom gedoen het reg gemaak kan word. Daai man werk sekerlik sy bas af elke dag om vir daai eiendom te betaal vir sy eie privaatheid te betaal. Kom moeg by die huis trots want hy het vanaand ñ deur wat hy kan sluit want hy werk hard. Dan kom daai groep en breek af want hulle mag mos. Voor julle die ouens wil prys vir hulle “goeie werk” sit jouself in daai man se skoene wat nou agter gelaat is met al daai skade. Soos ek sê as hulle feite agter mekaar was, was soveel mense skade gespaar vandag.

Dave ·

Gjorg is trots op die vandalistiese polisie en die Bleek Sannie is trots op Gjorg.

Sumerie ·

So paar jaar gelede het die Valke ook so verkeerde ‘landing’ gemaak hier in ons omgewing ! Dis swak as mens nie jou inligting vooraf nagaan nie en onskuldige mense traumatiseer !

Prit ·

Ek het altyd my vuurwapen aan my, sou wild vreemde mense in my huus in storm sal ek nou mos n ding skiet laat hy wip, wat dan?

Dave ·

Wat dan daarvan, vra jy? Haai, moetie ons vra nie! Jy’t geskiet (of beoog om te skiet).
Maar toegegee, almal van ons voel dieselfde.
So, as hy in jou huis is, is daar geen tyd om inligting uit te ruil oor wapens in verskillende kante se arsenaal en die opposisie se houding teenoor aanval. So, jy skiet die dinges uit hulle en vra daarna wat die tune is.

Genis ·

Dit lyk soos my slaapkamerdeur nadat hulle boeties van die robbery squad daar op my huis toegesak het. Als gesteel. Het net een van my agtergeblewene onerbroeke doer in die reën opgetel wat hulle verloor het. Ek wonder of Mathys toe die frozen chicken gaar gemaak het waarmee die robbery squad sy heining plat gelê het. En of dit te veel bad memeries vir hom gehad het.

Winston ·

Mens moet agter die kap van die byl kom. Iewers is hier fouteer. Dalk was die GPS verkeerd ingestel of die informant moedswillig. Laat hulle maar hoes en herstel met ons belasting geld. Wonder wie gaan die vrae antwoord. Shame. Jammer vir die gesin se traumatiese ervaring wat herinner aan Victory at Entebbe!

Ouman ·

SAPS is niks anders as die res van die lafhartige kriminele in die land nie. Skande.

Jaco ·

Een persoon het n ander opinie en julle almal pak op hom af soos hyena’s. Hoe braaf is julle almal nie.

Genis ·

Maroela is bietjie te streng met die komtare. Vee sommer ‘n mens se komtaar uit met een veeg van die vleëplak. Dan het jy 20 minute daaraan gesit en tik met arthritis vingers. Jou woorde mooi geweeg sodat dit nie aanstoot gee nie. Puur verniet. Hulle moet dan maar eerder die komtaar opsie ook verwyder.

Bibbies ·

Die Taakmag volg net inligting op wat aan hulle verskaf word hulle ondersoek nie ñ saak nie…
Waar ñ rokie is is daar ñ vuurtjie!
So daar kan maar sake of siviele eise teen hulle gemaak word soos hulle wil dis dieselfde om vir Dingaan te vra om uit sy kraal te kom!!

Genis ·

Bruno Stef gaan vir ons uitvind of dit wel Kolonel Saunders van KFC was wat hierdie operasie gelei het. Hou ons op hoogte Stef.

Lizet ·

Ja ek stem saam dat die optrede drasties was……. maar as dit jul kind was wat verdwyn het sou jul nie ook drastiese optrede verwag het nie of sou jul wou wag om te hoor jou kind se lyk is gevind in n oop veld. Die polisie het waarskynlik n tip off gekry. Die polisielede het dag en nag onverpoos gewerk om die kind lewend op te spoor. Ek salueer die manne en dames van die mag wat betrokke was met die soektog. Ek weet n deur is afgebreek maar weet jul, n kind is lewend terug gevind. Laaste maar nie die minste nie. Vergeet van omstandighede tuis…. die kinders het gedink hul is Bonny en Clide.

Peet Schabort ·

Gaan kyk op die webwerf van die Middelburg Observer wat aangaan.
Van my kant af: “NELINE , KLIM SOOS OOMBLIKLIK UIT HIERDIE DOODLOOPSTRAAT. BEPAAL JOU BY JOU SKOOLWERK EN VERGEET VAN DIE ELEKTRONIESE KONTAKTE. AS JY DIT NIE KAN DOEN DAN GEE JY JOU SELFOON VIR JOU OUERS EN WORD GROOT SOOS DOGTERS VAN JOU OUDERDOM.
Terloops, raak ook ontslae van daardie “belly ring” . . . . . . “

Marcelle ·

Klop? Wat sou nou die kommentaar gewees het as die kind as n gyselaar in daardie huis was en tyd om oorlewing n kwessie was en daar op n lykie afgekom was omdat die span gewag het tot iemand die deur klokkie antwoord en of die vermiste of sommer almal binne intussen adgemaai word of in n gyselaar drama verander. Ons praat hier van desperate mense…as dit nou per ongeluk die verkeerde adres was ja..ons almal veronderstel so ne ?

Bruno Stef ·

Dit is water wat onder die brug deur. Mens sou net verwag dat die bevelvoerder in die geval die “Kolonel” verskoning aangebied het soos (Sorry we got carried away or Sorry it was a overkill )Die hele operasie het geboomerang hoop die ouens van die taakspan het iets geleer uit die fiasko uit.

Retha ·

Hulle het nie ordentlike opleiding nie, misbruik hulle “mags” houding en wys hulle barbaarse optredes en gee geen bloue duit om vir hulle gemors wat hulle agterlaat nie. Dagvaar die onopgevoede goed.

GES ·

Ek kan maar net sê ons leef in ‘n piesang republiek. Ek het nog altyd gedink dat enige operasie in ‘n beskaafde land met minimum geweld uitgevoer word. Duidelik is ek verkeerd bewys. Dit is nie moeilik om te bepaal wie is die vyand nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.