Taakspan aangestel om Eskom-krisis te ondersoek

Argieffoto

Pres. Cyril Ramaphosa het ʼn hoëvlak-taakspan aangestel om ʼn oplossing te vind vir die talle uitdagings wat Eskom in die gesig staar.

Die presidensie het Vrydag in ʼn verklaring gesê die taakspan moet sy voorlopige bevindinge reeds teen einde Januarie 2019 aan die president voorlê aangesien dit as ʼn saak van dringendheid geag word.

Ramaphosa het die taakspan saamgestel uit mense met uitgebreide ervaring in elektrisiteit, bestuur en ekonomie om die kragvoorsiener se operasionele, strukturele en finansiële volhoubaarheid te ondersoek. Die taakspan bestaan uit Anton Eberhard, Brian Dames (ʼn voormalige uitvoerende hoof van Eskom), Tsakani Mthombeni, Sy Gourrah, Grové Steyn, Frans Baleni, Mick Davis en Busisiwe Vilakazi.

Die taakspan moet nou die Eskom-raad se omdraaistrategie hersien, waaronder die uitwerking daarvan op tariewe en die bedryf in geheel, en moet ook die haalbaarheid van die oplossings wat die raad voorgestel het vir die toekoms van die kragvoorsiener oorweeg.

Die taakspan sal Eskom se huidige sakemodel en -struktuur hersien, ʼn voorlegging doen oor wêreldwye energietendense, asook voorstelle maak oor hoe om Eskom ten beste te posisioneer. Eskom se finansieringsmodel sal onder die vergrootglas kom en daar sal gekyk word hoe sy bestuur verbeter en versterk kan word.

Volgens die presidensie word daar van die taakspan verwag om met belanghebbendes in die arbeid- en sakesektor te beraadslaag en saam met die departement van openbare ondernemings se direkteure en bestuur te werk tydens sy ondersoek.

“Die ondersoek wat deur die taakspan gedoen sal word, spruit uit die regering se kommer rakende die gebrek aan genoegsame elektrisiteit en die negatiewe uitwerking daarvan op ekonomiese herstel. Daar is dus ʼn behoefte aan ingryping op kort en medium termyn om die voorraad-aanvraag-balans te herstel,” lui die verklaring.

Eskom gaan reeds ʼn geruime tyd gebuk onder benarde finansiële omstandighede wat tot verdere bedryfsprobleme gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Frans C ·

Tipies ANC optrede laat eers deur kaderaanstelling alles in duie stort en kom dan met dramatiese reddingsplanne voor die dag om met retoriek kiesers se stem te werf,want aan die wortel van die verval lê ‘apartheid’, en nie kader se korrupte optrede nie,aldus die ANC.

zoom zoom ·

Volgens my is ‘n taakspan persone wat bereid is om hulle hande vuil te maak. Nie in die raadsaal gaan sit gekoller en getaai nie en dan nog ‘n helse pay betaal word om goed uit hulle duime te suig en dit deur te gee as die oplossing vir Eskom se gemors
Jan publiek weet wat die probleem is maar CR en sy swak beheerde ANC kaders lyk my soek iets of iemand anderste as hulle self om die BLAAM vir die gemors te vat. Hoe blind kan hulle wees vir hulle eie foute

Challaboud ·

Taakspan taakspan taakspan dit is nou die hoeveelste taakspan maar niks verander nie NUWE EERBARE MENSE IS DIE ANTWOORD HAAL DIE OOGKLAPPE AF .AMEN DANKIE

Veritas ·

Die Suid-Afrikaanse publiek is al die laaste vier of vyf jaar bewus van die Eskom dilemma maar die ANC regering besef nou eers dat daar iets nie pluis is nie. Kan die rede daarvoor dalk wees dat hulle daarby gebaat het? Noudat die ondersoekspan uit kenners saamgestel is, gaan korrupsie dalk hokgeslaan word maar die staatskapers sal nie hul oneerlike inkomste wil afstaan nie en het dus reeds ‘n nuwe melkkoei geoormerk. Die vraag is nou net watter SBO volgende gaan bloei. Daar bly nie juis veel oor wat nog geld inbring nie.

HPV ·

Oplossings Eskom, dink nie so nie, eers op die soustrein altyd op die soustrein! Verkoop die bankrot plek per internasionale tender sodat bevoegde mense met NORMALE salarisse dit kan bedryf. Selfs deur dit verniet weg te gee is ‘n beter opsie as om so voort te ploeter en net meer geld te mors.

Valkyrie ·

Ek sien daar n paar blanke name. Wonder wie gaan die werk doen en wie gaan die woordvoerder wees en “shine vang”

Dirk Breytenbach ·

Verbeel ek my of was Mnr CR hoof van ‘n taakspan onder Mnr Z se termyn? Hoekom kan die nuwe raad en bestuur van ESKOM nie die takie verrig nie? Wat van Mnr CR se ministers van Tegnologie, Nywerheid ens???

Johan ·

Taakspan!!Hoekom verdien die top bestuur dan sallarisse wat mens naar maak!Hulle gaan se dit is fout en dat moet gedoen word terwyl ALMAL weet stel done@#e Middeljarige wit mans aan wat Nou karwagte is omdat mense wat op verdienste nie n kleuterskool kan bestuur nie in top Poste sit en siek sallarisse verdien.As jy mense soek wat die werk kan doen,ondervinding het,jare sin,opgeleide ambagsmanne is,verantwoordelik is vir die bou van alles wat jy om jou Sien,Eskom,Sasol,Transnet, Pelindaba,Paaie en infra struktier,Fabrieke,hawens ens….Ry Na die naaste Mall toe en gaan tel hulle op.Maak n Paar oproepe en kry die wit ingeneurs wat nou in Australia en New Zealand bly, hier is ook nog baie in SA wat werkloos is! Hulle het die G6 en Rooivalk otnwerp,petrol uit steenkool gemaak….,Israel leer kernbomne bou!!Hulle sal en kan dit eenvoudig nie doen nie..hulle egos te groot en selfbeeld te laag.

Boy van die Suburbs ·

@Johan – Goeie kommentaar! Dis soos wat Simon & Garfunkel sing……”Hello darkness my old friend”

Andrew ·

Dank die Eskom-raad af as hulle nie die werk kan doen waarvoor hulle aangestel is nie. BEE werk nie, hulle “pay” net en het nog nooit die afgelope kwart eeu iets bereik nie.

Anton X ·

Taakspan teen die tyd weet ons is net nog ‘n kader ontplooiing om net nog meer geld te spandeer. En van die taakspanne kom net niks.
Kry iemand wat Christo Wiese of Whitey Basson se ondervinding het, en laat hulle self “hire en fire”. Dis al oplossing, maar sal nooit gebeur met die verkiesing wat op hande is nie. Heel moontlik sal Christo of Whitey dit verniet doen.

Valkyrie ·

Verder is privatisering ‘appartheids era’ taktiek. Die regering van die dag is meer kommunisties gesind. Hoe meer die staat beheer, hoe meer kan die kaders die pap skep wat reën

humor ·

Is dit nie in n baie, baie late uur nie. Goed en wel laat die taakspan probleme identifiseer en voorleggings maak, maar stel dan permanente wit personeel aan om sake in plek te kry en verder eerbaar in kundigheid te bestuur. Die anc het mos met onderhandelinge onderneem om kundigheid te handhaaf.

lewies ·

Hoef ‘n taakspan dan nie ook nou vir BEE te kwalifiseer nie?

Staak saam ·

CR stel net die onvermeidelike uit, Eskom sal nooit verkoop word nie want dan moet die massas ook vir hulle krag betaal en die blankes se rekening sal dan laer wees.
Die buit wereld gaan hierdie taakspan joke vir soet koek op eet.

Jan Alleman ·

Ek neem aan sy destydse “WAR ROOM” het nie gewerk nie. Shame.

Ou Cyril sit met ‘n probleem. Die vaardighede wat hy nodig het is die keer nie meer beskikbaar nie. Afgetree en onwillig of land uit. Hy sit met sy vinger in sy dinges die keer. Sy enigste redding is die rykes wat Eskom abandoneer en druk op eskom se kwynende netwerk verlig.

Hy kan wit mense lui noem soveel hy wil, die keer gaan hy self bietjie moet vinger trek as hy die naald wil sien beweeg op die politieke Richterskaal. Kom beweeg nou bietjie regtig die aarde Cyril. Kom wys ons jou staal ou roftie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.