Taakspan ontplooi ná moord op NFP-wyksraadslid in KZN

Ntombenhle Mchunu is Sondag omstreeks 01:00 doodgeskiet. (Foto: NFP)

ʼn 75-jarige wyksraadslid van die National Freedom Party (NFP), ook bekend as die Nasionale Vryheidsparty, is Sondag in die vroeë oggendure by haar huis in Nongoma in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Ntombenhle Mchunu is Sondag omstreeks 01:00 doodgeskiet. ʼn Kind is gewond en in ʼn bedenklike toestand in ʼn hospitaal opgeneem.

Gewapende aanvallers het glo by die huis ingebreek, verskeie skote gevuur en daarna op die vlug geslaan.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê die polisie het sy nasionale taakspan oor politieke moorde gemobiliseer en die maksimum hulpbronne beskikbaar gestel om die verdagtes vas te keer.

ʼn Saak van moord en poging tot moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Harley Davidson ·

Hulle taakspan word ook net ingespan vir sekere mense en misdaad teen hulle die huidig benaadeelde minderhede moet met maar tevrede wees met die minste.

Blom ·

Taakspan ontplooi vir een moord. I rest my case…………………………….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.