Taakspan oor Zondo se bevindings kom

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) gaan ʼn taakspan saamstel om die regerende party se stappe na aanleiding van bevindings in die Zondo-kommissie se verslag oor staatskaping uit te stippel.

Waarnemende hoofregter Raymond Zondo, kommissievoorsitter, het die eerste gedeelte van die verslag vroeër vandeesmaand aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig. Daarin word aanbeveel dat strafregtelike aanklagte teen sommige mense wat in die verslag genoem word, aanhangig gemaak word.

Verskeie ANC-lede word in die verslag by wangedrag betrek.

Ramaphosa het by die ANC-NUK se lekgotla die afgelope naweek gesê die taakspan sal ʼn besprekingsdokument vir ANC-strukture oor korrupsie en staatskaping ontwikkel. Dit sal ook die aanbevelings wat verband hou met die ANC en sy afgevaardigdes verwerk.

“Hoewel die regering slegs kommentaar sal lewer nadat die volledige verslag ontvang is, doen die ANC ʼn beroep op die regering om die gedrag en oorsake wat toegelaat het dat staatskaping plaasvind, ten volle te pak,” sê Ramaphosa.

Ramaphosa het by die lekgotla gesê die ANC gaan deur ʼn tydperk van verval en agteruitgang, maar dat die party hom in die verlede al uit soortgelyke situasies gewikkel het.

“Dit is belangrik dat ons nie ons waaksaamheid teenoor die teen-revolusie verslap nie. Die bedreiging vir ons demokratiese vooruitgang is ook die gevolg van ʼn tydperk van verlies aan morele en etiese beginsels binne die kongresbeweging.”

Ramaphosa sê ook “verdeeldheid en faksies” binne die ANC is besig om ʼn bedreiging vir die demokrasie te word. “Agteruitgang van etiese en morele leierskap het gelei tot ʼn eksistensiële krisis. Ons geloofwaardigheid en regmatigheid word ondermyn deur ons onvermoë om op te tree.”

Hy sê die ANC gee ook opnuut sy steun aan die Grondwet, die Handves van Regte en die regbank, en die organisasie distansieer hom van narratiewe wat probeer om transformasiedoelwitte en vooruitgang te ontken.

Die presidensie en die minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, was die afgelope ruk in ʼn woordestryd gewikkel nadat die minister ʼn striemende aanval op die regbank – en swart regters in die besonder – in ʼn rubriek gedoen het.

Sisulu is ʼn lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Jacques ·

Ag weet jy …. nog ‘n kommissie of taakspan, wat honderde duisende rande kos, wat jaaaaare vat met ondersoeke, wat net weer op niks uitloop nie. Arresteer die klomp kriminele en kry klaar!!!

Marius ·

Dit is van al die uitwikkel uit situasies uit wat ons sit in die gemors waarin ons is.

Di ·

Bla bla bla – hiervan gaan NIKS kom nie. Hierdie korrupte ANC regering sal nie hulle eie korrupte kaders tronk toe stuur nie, eerder ‘n ander pos aanbied. Jy moet mos ‘n krimineel wees om in die ANC Regering aangestel te kan word. Groot beloftes elke keer wat in ‘n doodloop straat eindig.

JM ·

“Ons agteruitgang van etiese en morele leierskap het gelei tot ‘n eksistensiëke krisis. Ons geloofwaardigheid en regmatigheid word ondermyn deur ons onvermoë om op te tree.”

Was daar ooit in byna 28 jaar ENIGE van hierdie eienskappe te vind by die ANC-regering? Van watter geloofwaardigheid en regmatigheid praat pres. Ramaphosa?! Wat WEL waar is, is sy regering se onvermoë om op te tree!
Net mooi klinkende woorde wat nooit tot dade oorgaan nie. Is hy dan verbaas dat ALLES in hierdie land te gronde gegaan het? Die regering gee nie regtig om of dinge werk nie, solank hul eie sakke net gevul bly. Mag ons ‘n regering kry wat moraliteit in dade gaan omsit en dit nie net deur leë woorde verkondig nie.

Vonkprop ·

Van die een taakspan na die ander. Dit is net nog ‘n manier van ons president om nie belangrike besluite self te maak en self mense te laat boet nie, want sy maatjies het te veel mag en inligting oor hom en hy wil niemand aanstoot gee nie. So nou laat hy die taakspan die besluite maak en hy sê net, dit is wat die taakspan voorstel en nie ek as die president nie. Ek dink Zondo sou sy huiswerk gedoen het so hulle kan maar die verslag net so vat en begin arresteer. Geen rede hoekom nog meer ondersoeke moet kom nie.

Genis ·

Nog n taakspan… dit raak darem maar belaglik… Ek dink dieslfde geld is gespandeer op die Zodo kommusie, om amper die slefde uitstaande bedrag te probeer terug kry? Dit nou nog verder uitrek, en betwisting kry…

Jacobus ·

Gedog Zondo was reeds ‘n taakspan. Al wat dit nou kan wees is ‘n groep plunderaars en plunderaars wat nog gevang moet word. Nog ‘n oefening in futiliteit.

Jack ·

Sjoe NOG ‘n taakspan…nog ‘n kommitee om iets te doen of ondersoek.Dit is al wat die ANC kan doen.Stel net kommitees aan om kommitees te ondersoek.Kan niks net afhandel en uitsorteer nie.

Michael ·

CR verklaar die regering moet oorsake van staatskaping pak-so hullle moet hulself pak want hulle is dan die oorsaak van staatskaping-mindboggling. Die taakspan se bevindinge sal dan weer deur ‘n ander kommissie ondersoek word met aanbevelings en die aanbevelings sal dan weer ondersoek word en bestudeer word en so sal dit aanhou.

Swerwer ·

Gaan hierdie uit R700 000 000.00 lening betaal word. Pleks die geld word aangewend om wet en orde in te stel.

Casper ·

Die ANC doen ‘n beroep op die regering.Hulke is dan die regerende party.Hulle wat die ANC is,is verantwoordelik vir die verval.Hulke x-president het die aanslag begin om die ekonomie ‘n hupstoot te gee die afgrond in.

mattk ·

Nou erken CR dat die ANC die onvermoë het om op te tree teen diegene wat korrup is en ook dat hulle ñ verlies het aan etiese en morele beginsels….. iets wat ons as publiek lankal weet.

SomeOne ·

nog ‘n sinnelose taakspan wat bymekaar geroep word, nog baie geld wat verlore gaan, taakspan op taakspan op taakspan, nog ‘n t………………

Vettiemaragartos ·

En wie gaan hiervoor betaal? Hopelik die ANC!!!!!! ‘n Kommissie om ‘n kommissie te ondersoek? Verregaande!

Lesly ·

‘n ANC taakspan om ANC korrupsie te ondersoek. Ek sien geen positiewe uitslag hier nie. Behalwe vir die feit dat hulle gaan leer hoe om nie gevang te word nie

Kobus ·

Nog ‘n kommissie, nog vertraging. Nog staan die president as die toonbeeld van ” onskuldig” maar hy het blatant gelieg en wonder ek of sy naam ook daar verskyn. Moet erken, ek het nie die verslag gelees nie. Maar tot nou toe het hy geen ruggraat gewys deur op te tree teen die kaders nie. Hy los alles vir Afriforum, Solidariteit en die howe om namens hom te besluit

SjN ·

Nog n taakspan om te ondersoek, wat n klugspul en geldmors, tree op teen die genoemdes in die verslag en kry klaar.

tweeling ·

So jy glo Zondo nie? Soek seker ‘n skuiwergat om die blaam te ontvlug.

Yolandie ·

Nog iets wat die belasting betaler ‘n klomp geld gaan kos, sonder enige resultate. Geen vervolging……al die skuldiges is op vrye voet.

JohanR ·

En nog taakspan. Later sal nog ‘n taakspan aangestel word om nou hierdie taakspan te ondersoek. En almal op ‘n taakspan kry lekker groot geld!

Dup ·

Taakspan aanstel sê hy…….ek is glad nie opgewonde nie.Van die geimpliseerde kaders sal seker ook deel uitmaak van die beloofde taakspan.

Nie Verbaas ·

Nog n “hier gaan niks van kom nie” taakspan wat belasting betalers se geld gaan verkwis. ANC speel net vir tyd. Wat het van Magashule se saak geword? Sterf dit n stadige dood?

Pietertjie ·

En ná ‘n klompie jare gaan ‘n ondersoek-span aangestel word om na die bedrywighede van die taakspan te kyk.

Shakespeare ·

Nog 10 jaar dan behoort die stof te gaan lê en almal sal onskuldig wees.

Willem ·

N taakspan om presies die selfde te doen as wat die zondo verslag klaar gedoen het, net nog tyd en geld mors.

Esme ·

Die ANC se Legotla het vir my ontaard in ‘n ‘Legrapla’ – soveel besluite word geneem, soveel dinge gaan gedoen word en op die einde van die dag sterf al die ‘goeie voorneme’ ‘n patetiese dood. Dit is vir my werklik onaanvaarbaar dat die ANC self moet besluit oor vervolging van hulle kriminaliteit. Hoe kan ‘n beskuldigde self besluit of hy vervolg gaan word of nie?

Magda ·

Sal maar sien hoe di “taakspan” hulle gaan vervolg of ni. NET n n afdeling waar ANC kaders ingespan word om iets te doen maar Dan word daar niks gedoen ni, en hulle kry volle salaris vir n Hele paar jare, en so loop alles Dan tot n einde.

Johanncb ·

Vir elke taakspan wat aangestel word, word ‘n taakspan aangestel om die taakspan se bevindings te ondersoek. Dan word die volgende taakspan aangestel om die taakspan verder te ondersoek!

Philip ·

Dit is reg skop die blikkie net verder in die pad af totdat die Zondo ondersoek net n vae herindering by die meerderheid sal word wie onthou nog die minister se grootoog verklaring op televisie oor Shabir Shaik se min dae vooruitsigte hoe dramaties tog.

Pablo ·

Daar gaan niks van die Zondo bevindinge kom nie. Kommunisme is vinnig oppad .

SlinkseKoljander ·

So die ANC gaan nou regter speel oor hulle self? Almal kry verhogings?
Kom tog nou, ons almal weet niks gaan van hierdie kom nie.

Mariana ·

Die meeste mense het reeds aanvaar dat alle skuldiges net in hulle plekke sal bly. Geen taakmag nodig om nog geld te mors nie. Bid net dat hierdie korrupte regering vervang sal word deur een wat werklik omgee vir die land en sy inwoners, so spoedig moontlik.

piket ·

Ja, en so dra Mnr. Ramaposa sy verantwoordelikheid aan n “taakspan “op wat ook geen verantwoordelikheid het nie………Ook hier sal niks van kom nie……..

Casper ·

Hulle is uiters irriterend met taakspanne en komitees wat saamgestel word om seker te besluit wie moet vervolg word van die comrades.Rampie het ook mos getuig,is hy geïmpliseer daar is nooit gesê nie.Los die werk vir die valke en NVG om die skuldiges aan die pen te laat. ry.Ek het alweer vergeet,hulle is ook Rampie se mense.

Jakes ·

Teen die tyd dat daar dalk kriminele aangekla gaan word sal ons almal al 80 jaar en ouer wees.

Christine ·

Een taakspan om ‘n ander taakspan te ondersoek. Dis net ‘n taktiek om tyd te mors.

Samuel ·

Teen die tyd dat CR se taakspan saamgestel en aangestel is, het seker weer ses maande verloop. CR speel vir tyd en hy is ‘n jellievis wat mos nie ‘n ruggraat het nie!!

Taakspanne kos hope geld. Ons arme belastingbetalers gaan weer hoes. Hoe kan die kriminele hulself ondersoek?? Vra maar net.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.