Taakspan sal oor Affies-skoolwapen besluit

Die huidige skoolwapen (links) en die nuwe voorgestelde skoolwapen. Foto: Facebook

Die huidige skoolwapen (links) en die nuwe voorgestelde skoolwapen. Foto: Facebook

Die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria het Vrydag gesê “die emosionele debat in die media” oor die nuwe weergawe van die skoolwapen het ontstaan omdat die nuwe wapen se voorgestelde ontwerp onregmatig bekendgemaak is.

Maroela Media het vroeër berig ʼn herrie het ontstaan nadat dit aan die lig gekom het dat die Affies-bestuur besluit het om die Voortrekkernooientjie op die skoolwapen met ʼn moderner weergawe te vervang. Oudleerlinge van die skool het teen die besluit uitgevaar en die nuwe ontwerp as ʼn “Barbie doll met ʼn kappie” bestempel wat glo nie vooraf met die alumni bespreek is nie.

Colleen Naudé, woordvoerder van die skool, het Vrydag in ʼn verklaring gesê daar is besluit om die boerenooientjie op die skoolwapen aan te pas omdat die toepassing van die skoolwapen op sekere materiale onduidelik en onvanpas is.

“Ten einde te verseker dat die voorstelling van die jong dogter of boerenooientjie as geregistreerde skoolwapen behou word en as ʼn voorkeur handelsmerk te vestig, is voorgestel dat die skoolwapen meer herkenbaar en duidelik moet wees, haar lyne skoner is en die onnodige skaduwees is verwyder,” het sy gesê.

“Die oogmerk was ʼn duideliker skoolwapen wat herkenbaar sal wees op enige materiaal of item. Verder moet sy verteenwoordigend wees van die huidige skoolgemeenskap, gegrond op die verlede, maar gerig op die toekoms.”

Volgens Naudé het die beheerliggaam van die skool wel die herontwerpte voorstel van die nooientjie aanvaar, maar is daar besluit dat die voorstel eerstens aan die personeel en leerders en dan die ouers en oudleerlinge, voorgehou sal word. Sy het gesê die personeel en leerders is onderskeidelik op 5 en 7 Maart 2016 hieroor ingelig.

ʼn Vergadering is Donderdagaand gehou waar alumni en ouers teenwoordig was om die skoolwapen te bespreek.

“Die personeel en leerders het met ʼn oorweldigende meerderheid die herontwerpte boerenooientjie as amptelike embleem ondersteun. Die meerderheid oud-Affies en ouers wat by gisteraand se vergadering was, het egter hul ontevredenheid te kenne gegee en was ten gunste van die behoud van die ou ontwerp,” het Naudé gesê.

Sy het gesê ʼn taakspan sal uit verteenwoordigers van al die belangegroepe saamgestel word om die saak intern af te handel.

“AHMP sou verkies dat die openbare debat wat in die pers en sosiale media ontstaan het oor die aangeleentheid, eerder deur middel van die toeligtingsessies aan die belangegroepe gevoer moes word. Die onregmatige openbaarmaking van die voorgestelde nuwe ontwerp van die embleem, voordat die beheerliggaam geleentheid gehad het om die volledige inligting aan die belangegroepe te verskaf en af te handel, het die emosionele debat in die media tot gevolg gehad.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Basson ·

Die oud-AHMP lede se publieke bohaai het regtig dit waarvoor hulle JUIS staan oneer aangedoen, asook hulself. (Ek het regtig ‘n meer volwasse en intelligente debat verwag, as die sensasie en beledigende toon oor ‘ons eie’ wat vir die sekulere media gegooi is.) Daar is ‘n trotse positiwiteit oor kultuur, geskiedenis en die toekoms onder die jonges wat vergestald word in die dinamika van die nuwe nooientjie wat WEL eer en respek betoon aan die verlede. Niemand het moeite gedoen om eers die konteks na te vors, en die deernis te begryp wat betrokke was in die proses van die nuwe Nooientjie nie. Ou Afrikaanses moet nie die nuwe eenheidsgevoel onder die jonges skade berokken deur hulle oudmodiese dogma af te forseer nie – die jonges is die nuwe fakkel- en vaandeldraers in die ontstuimige toekoms wat hulle inwag. Goed gedoen en geluk AHMP – ek sien uit om julle nuwe wapen te sien pryk op julle drag ens!

Charlotte ·

Dit gaan nie oor oud en jonk nie….
Ons bly in n land vol drama en daar is tyd vir nuwe nooientjies op skoolklere…ag asb … kyk na die wee vd mier en word wys…leer die kinders en vergeet van onbenullige goed…..gaan nou net weer held kos…wat SUID AFRIKA nie het nie. Hierdie land skuld biljarde geld aan ander lande. En JA so vermorsel mense soos JY n land se geskiedenis verder !!!

Basson ·

Nou is dalk JUIS die tyd om ons eie uit te bou en te vernuwe met die oog op die toekoms Charlotte, en nie ons geskiedenis te ‘vermorsel’ deur dit af te knou nie en as ‘onbenullig’ te beskou nie. (As dit dan so ‘onbenullig’ is, hoekom reageer jy so heftig?)

Basson ·

Jammer – ek korrigeer sinskonstruksie:

“…af te knou en as ‘onbenullig’ te beskou…”

StopTheMadness ·

Die nuwe nooientjie is pragtig! n Paar jaar gelede het KFC ook vir Col Sanders bietjie botox gegee en die man lyk regtig goed.

Reyn ·

Soos iemand gesê het: As jy n “facelift” wil kry, ruk jy nie die hart uit nie”

Ai tog... ·

Hier gaan ons alweer, mense kan so tyd en geld mors met gestry oor onbenullighede! Vernuwing is nodig. Nou word daar eers weer taakspanne saamgestel en bosberade gehou en…en… alles tydmors en regtig belaglik. Meeste wapens van organisasies/skole ens gaan mettertyd subtiele veranderinge onder. Die ou wapen is beslis nie duidelik en ek kan dink dat dit nie goed en duidelik sal vertoon op alle klere nie. Beweeg tog vorentoe mense, die nuwe meisie lyk veel beter want sy lyk asof sy vasberade is om ‘n verskil te maak (lees ook tog kommentare op eerste berig!!) en nie beteuterd afkyk nie. Maak nie saak of dit van ‘n Van Wouw afgekyk is nie, die nuwe een lyk beter en klaar. Die nuwe geslag is dinamies en sit nie vas in die verlede nie, kom in pas met tyd en moderniseer en klaar! Julle maak die hele storie net belaglik met jul onvanpas teenkanting!

Reyn ·

Jy weet duidelik nie waaroor die Boerenooientjie se geskiedenis gaan nie. Gaan lees bietjie dan sal jy dalk agterkom dat dit n afdruk van n afdruk is wat veroorsaak het dat die prentjie swakker lyk. My gevoel is dat ons die oorspronklike hou en net “skoon maak”

Ai tog... ·

Reyn…sug… lees my kommentare op vorige berig hiervan. Ek ken die geskiedenis en die geskiedenis moet nou… wel, geksiedenis bly. Laat ons asb vorentoe beweeg. Van Wouw sou saamstem daarvan is ek seker. Laat osn opkyk en voerntoe kyk en veral die Affies meisies!

charmaine ·

Moet se die nuwe meisie lyk glad nie vir my soos n Barbiepop, sy het te veel klere aan, maar sy lyk beter as die ou tannie. Die nuwe meisie se kop is darem in die lug met n trotse houding. Die tannie lyk sad. Change is good!

Basson ·

Dis presies deel van die ‘boodskap’ – ‘vasberade’ (soos Ai Tog stel), en die ‘trotse houding’ (charmaine). Ek kan nog byvoeg daar is ook ‘n REDE dat sy ook nie meer vasgevang is in die ovaal nie, maar daaruit gegroei het! :) (Die kappie is ook histories meer korrek nou Charlotte) Dis hoekom konteks so belangrik is. Die mond alleen het iets soos 70 probeerslae geverg om die karakter te pas. Ek salueer die ontwerper!

EK SIEN HAAR WEN!

Sien die groter prentjie – die jeug is in beweging oral oor, dis amper ‘n ‘evolusionere’ dinamika – en kyk hoe pragtig doen ons jeug dit!

Ai tog... ·

@Basson – men skan sommer sien jy DINK met jou KOP nie met jou emosies – altyd gevaarlik! Stem 100% saam met jou. Soos ek reeds ook geskryf het onder die eerste berig lyk die wapen baie meer van pas in vandag se konteks en ek is seker selfs Van Wouw sou saamstem! Dat die kappiebrigade tog so ontsteld kan raak oor absoluut niks – en hoe sy nou neigsins na ‘n Barbie lyk gaan my verstand te bowe. Barbie is baie meer..er..goedbedeeld bolangs! Is dit nie eerder die leerlinge se prestasies en die skool self wat saakmaak nie? Maar party kal regtig net om te kan kla en hul name in die koeorant te kry lyk dit my.

Liza ·

Ek het gou al die kommentare gelees, en lag te lekker! Sy is van ‘n “Chinese” Barbiepop tot ‘n lesbeen gemerk!!! Regtig snaaks! Ek dink julle moet die wapen heeltemal verander…..tradisie of te not!

François ·

Wat van Pamela Anderson van Baywatch faam of liewer ons eie Patricia Lewis om dit Suid-Afrikaans te hou?! Net ‘n onskuldige voorstel. Hiehiehie!

Dee ·

My stem gaan vir die nuwe meisie (en ‘n duideliker deelteken op die e oftewel ë).

Vra maar net ·

Hoekom altyd na hernuwing gesoek moet word verstaan ek nie mooi nie. Altwee wapens lyk goed. Is dit net om tweespald in die volk te dryf? Baie mense lyk my is daarop uit om rusie te veroorsaak en dan te wel wegstap as of hulle ‘n punt vir die duiwel gewen het.
Wat van die tweede gebod jy moet jou naaste lief hê soos jouself. Blyk dit uit die polomiek? RSA daaie terug na God drie-enig en dit sal wel wees met ons volk.

Alicia Giezing ·

Ek dink die enigste mense wat kommentaar mag lewer is huidige en oud-Affies. Ek lees deur en dit is duidelik buitestanders wat nie verstaan hoe dit voel om ‘n trotse Affie en alles wat eie aan Affie-wees is nie.

CNN ·

Alicia daar gaan ‘n Affie alweer! Dis net ‘n Affie wat weet etc. Regtig die Affie snobs is al lankal uit die skool uit. Hulle is nou net gewone meisies van alle kleure van die reenboog.

Dee ·

Jy is 100% verkeerd Alicia (want dàn moes dit slegs in ‘n Affie-nuusblad gepubliseer gewees het. Wanneer dit in sosiale media is mag almal daaroor redeneer).

Andrea van Vuren ·

Dankie Alicia. Ek dink daar sit meer agter die nuwe wapen. Geld! Nuwe skooldrag, nuwe keppies. Wié moet betaal, die alreeds vuisvoos ouers!

Monica Muller ·

As buitestander heg ek ook sentiment aan die bestaande wapen/handelsmerk van AHMP maar weet dat veranderende omstandighede eise aan skole stel om handelsmerke, skoolleuses en selfs skoolliedere te verander- verandering, in belang van die toekoms, Wanneer hierdie proses noodgedwonge aangepak moet word, moet die proses nie oorhaastig aangepak word nie, die proses moet inklusief wees en die voorgestelde verandering moet die lang termyn eise van die toekoms voldoen. As ek dan die bekendstelling van die nuwe AHMP skoolwapen onder die vergrootglas plaas, is dit duidelike dat die proses nie inklusief was nie, dis oorhaastig aangepak en bekendgestel. Die nuwe wapen sal beslis nie aan die eise van die toekoms voldoen nie want die voorstanders van die ontwerp lees simboliek en betekenis daar in wat glad nie bestaan nie. Hierdie sg nuwe “boerenooientjie” is glad nie geklee volgens moderne tendense nie en haar gelaatstrekke is ook nie eie aan die huidige voorkoms van die gemiddelde Affie meisies nie. As daar dan verander moet word, breek heeltemal weg van die tradisionele ontwerp – waar in 2016 dra meisies nog kappies? Affies is nie die enigste skool wat verandering sal moet aanbring aan simbole nie – maar asb haas julle stadigies en kom na vore met ‘n weldeurdagte en aanvaarbare ontwerp. ‘n Ontwerp wat welliswaar ‘n nuwe tradisie kan skep vir die volgende 100 jaar MAAR hierdie bleek meisietjie met die kappie gaan nie die wenpaal haal nie. Die kunsjuffrou moet maar weer terug na die tekenbord.

Ann ·

Die nuwe wapen is pragtig. Die moderne boerenooi kyk vorentoe en op! Kyk die toekoms in die oë. Die tyd dat ons afkyk en askuus sê is verby. Geluk Affies dat julle wil moderniseer.

Griki ·

Ann, jy’t presies met dieselfde oog gekyk as ek. Ek stem 100% met jou saam. Regte vroue het nie ‘n “askies-dat-ek-leef” houding nie, maar kyk die wêreld vol in die oë. Ek dink die onderwyseres wat dit ontwerp het, het die spyker op die kop geslaan. Dit wyk nie af van die oorspronklike idee nie, dis net aangepas om tred te hou met die “nou”.

Carol ·

As buitestaander net die volgende: Verlede jaar het die MEC van onderwys Panyaza Lesufi in die Beeld afgekondig dat Affies geidentifiseer word om ‘n dubbelmedium skool te word. Nerens het ek petisies, sms’se of selfs briewe in die koerant gesien om hom in sy spore te stuit nie. Wat ‘n skande as dit gebeur verloor die skool ook sy kultuur. Maar nee oor ‘n Boerenooientjie word daar ‘n bohaai gemaak. BAIE SWAK van julle Affies.

Peter ·

Die nuwe dame se gelaatstrekke is effe vreemd….
Watse ras simboliseer sy? Of is sy iets van al? Ek vra maar net!

Lag-in-mou ·

Ek hoor jou, sy lyk effens…oosters? Maar jy sien mos ons as buitestaanders mag niks sê nie. So basta, kêrel. Hulle het juis sulke oulike outydse kappies by interhoër gedra hierdie jaar. Soos ‘n Schuster musiekvideo oor die baba. Maar as dit hulle besluit is, is dit hulle s’n. Nou gaan ek seker gestenig word, want sommiges van die kappie-brigade het nie ‘n sin vir humor nie

Maddox ·

Ag ek dink die nuwe wapen lyk heel goed en modern. Ek dink almal moet eerder bly wees dit is nie ‘n uitbeelding van ‘n Zulu of Xhosa vrou in tradisioenele drag nie.

Buitstander ·

Laat ek wat ‘n buitestander is ‘n bietjie wyse raad gee.
Die eerste boerenooitjie kyk na onder en erken haar af hanklikheid van God drie-eenig. Sy gaan die toekom bidend te gemoed. Tweede boerenooitjie maak ten volle op haar eie vermoens staat en neem nie God drie-eenig in ag nie soos die oor grote van die hendendaag se juig.
Dit is die betekenis van die twee nooiens wat ek daaraan heg.
‘n Kunstenaar, gedig skrywer is nie aleen bevoorreg om betekenis te heg nie,
Wie ver van God sy weg wil gaan stap op ‘n diep afgrond aan.

Kobus ·

Dis interesant dat Alicia voel dat slegs oud Affies hieroor moet kommentaar lewer. Was dit nie juis die oud Affies wat die aangeleentheid op die voorblad van ‘n nasionale dagblad laat pryk het nie (soos ek verstaan is die joernalis ‘n oud Affie). Deur jul wasgoed so in die openbaar te wil was vra jul mos ons kommentaar. Ek hoop net vir jul part die hele ding ontplof nie in jul gesigte nie. Dit kon net dalk slapende honde (lees LUR vir onderwys) wakker maak. Nee wat in die toekoms hou maar eerder sulke dinge intern.

Reyn ·

Die joernalis is nie n ou Affie nie, sy is van die Noord Kaap af …

Reyn ·

My “dankie” staan by verkeerde boodskap. Wou eintlik sê die joernalis is nie n oud Affie nie

Petrie ·

Gesprekke van hierdie formaat doen ‘n pragskool oneer aan. Beweeg aan in n nuwe RSA…hou tred met realiteite. Dis belangriker vir elke huidige leerling van die skool om relevant te bly in n uitdagende nuwe wereld as om bekommerd te wees oor ‘n embleem wat moontlik reeds relevansie verloor het

Nics ·

Hoe lag ek weer, al die dinge wat kammig aan die ou vorutjie op die ou wapen toegedig word; in vorige berig is sy ‘n moeder en siektrooster en wat nie nog en nou is sy weer biddend. Ai regtigwaar. Ek stel voor somemr ‘n hele nuwe wapen wat in tred is met ‘n nuwe tyd in die geskiedenis niks ge-askies-dat-ek-lewe-en-ek-kan-jou-nie-in-die-oë-kyk houdings nie dankie!

nig ·

Hierdie berig en die vorige een hieroor, moes eintlik onder Maroela se hofie “Vermaak” gewees het. Heel vermaaklik, dankie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.