Taakspan soek hospitaal-aanvallers

Die doktershuise op die perseel van die Letaba-hospitaal op Tzaneen waarop die aanvallers vroeg Donderdagoggend toegeslaan het. Foto SAPD

Die polisie in Limpopo het ʼn reusesoektog begin na die vyf gewapende rowers wat Donderdag in die vroeë oggendure op die dokterswonings van die Letaba-hospitaal op Tzaneen toegeslaan en drie dokters aangerand het. Hulle het weggekom met elektroniese toerusting en kontant.

“Die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Nneke Ledwaba, het ʼn taakspan saamgestel om hierdie oortreders agterna te sit totdat hulle aangekeer word,” sê kol. Moatshe Ngoepe, Limpopo-polisiewoordvoerder.

“Lede van die taakspan het opdrag gekry om na die verdagtes te soek en hulle so gou moontlik aan te keer,” sê Ledwaba. “Ek doen ʼn beroep op gemeenskappe om met die polisie saam te werk om te verseker dat hulle gou in verband met dié afskuwelike misdade in hegtenis geneem word.”

Hul twee maande oue baba en die vrou is ongedeerd, maar die man is geskiet.

Maroela Media het vroeër berig vyf swaar gewapende rowers het Donderdag omstreeks 03:15 deur die palissade agter die hospitaal gebreek en by ʼn egpaar, albei dokters, se huis ingebreek. Hul twee maande oue baba en die vrou is ongedeerd, maar die man is geskiet, waarna die aanvallers met ʼn TV-stel en selfone weggekom het.

Ngoepe sê die verdagtes het toe op nog ʼn dokterswoning toegeslaan, waar hulle ook twee getroude dokters aangeval het. Die man is geskiet en die vrou is met ʼn skerp voorwerp aangerand. Hulle is ook van ʼn TV-stel en selfone beroof, terwyl hul skootrekenaars en kontant ook gesteel is.

Die beseerdes is opgeneem in die hospitaal waar hulle werk en sterk daar aan.

Enigeen met inligting word gevra om kol. Cecil Machimani by 082 451 7181of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Willem ·

Noggal kommerwekkend hoe gou a taak mag opgestel word vir die insident, maar niks word gedoen vir die talle boere wat daagliks op soortgelyke of erger maniere aangeval word nie.

Hanna Hoekom ·

My gedagte ook! Taakspan vir politieke moorde, taakspan vir aanvalle op dokters… Arme boere moet maar self sien, kom klaar! Laat mens wonder, ne?

Griet ·

Die vorige berig het gelui die baba is ongedeerd, maar die baba se ma is ernstig gewond. Geen melding van die toestand van die baba se pa. Bostaande berig lui die baba en ma is ongedeerd. WAT IS DIE WAARHEID?

Hanna Hoekom ·

My gedagte ook! Taakspan vir politieke moorde, taakspan vir aanvalle op dokters… Arme boere moet maar self sien, kom klaar! Laat mens wonder, ne?

Anoniem ·

Kyk naby, hulle kruip iewers in ‘n woonbuurt weg om die naweek pad te gee ! Padblokkades oppad grens toe kan werk ! Sterkte vir die Taakspan ???????

Michael ·

Wanneer gaan die ANC sien hulle beleid werk nie en kan nie werk nie Die ANC het baie bloed op hul hande.

A ·

Wonder net wanneer stel hul ‘n Taakmag aan vir ons boere wat daagliks deur sulke goed gaan.

Moedeloos ·

Nou kan die polisie ‘n taakspan optrek. Daar is nou al 7 keer by ons op die plaas ingebreek in ‘n kwessie van 3 weke. Sewe keer is daar ‘n polisie saak gemaak, nog geen polisie het opgedaag vir enige vingerafdrukkie nie, nog minder vir enige ondersoek. Hoekom kan daar nie vir die boere wat so aangeval word ook taakmagte beskikbaar gestel word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.