Taakspan voed 1 000 gesinne met maaltye

Dr. Theo de Jager, Ian Cameron en Corné Liebenberg (Foto: Verskaf)

Die Covid-19-taakspan wat bestaan uit die burgerregteorganisasie AfriForum, die familieboernetwerk Saai en Solidariteit Helpende Hand het nou saam met Laeveld Agrochem begin om voedsel onder behoeftige gesinne te versprei.

Dié taakspan het Vrydag voedsame kitsmaaltye onder meer as 1 000 behoeftige gesinne in Pretoria, Bloemfontein en Kaapstad versprei. Dié maaltye word deur Laeveld Agrochem geborg. Dié kitsmaaltye bevat al 55 noodsaaklike voedingstowwe en is spesiaal geformuleer vir mense wat aan wanvoeding ly.

“AfriForum is opgewonde om in samewerking met al hierdie instansies ’n produk te versprei wat nie net honger verlig nie, maar mense van noodsaaklike voedingstowwe voorsien. Veral kinders in vroeë ontwikkelingsfases het hierdie voedingswaarde dringend nodig. Daar is baie studies gedoen oor die langdurige – en soms onomkeerbare – uitwerking wat wanvoeding op kinders het, en ons wil dit met hierdie projek voorkom,” sê Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum.

Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, sê hulle is trots om deel te wees van dié voedselverspreidingtaakspan.

“Ons sal voortgaan om honger mensee sonder diskriminasie in nood te help, ten spyte van die regering se pogings om voedselverspreiding te sentraliseer. Dit is verblydend om te sien hoe gemeenskappe, ondernemings en organisasies die afgelope tyd saamwerk om die kwesbaarste mense in ons samelewing te help,” sê Rossouw.

Corné Liebenberg, bemarkingsdirekteur by Laeveld Agrochem, sê Laeveld Agrochem het ’n duisend 10 kg-pakke van hierdie produk aan die Covid-19-taakspan geborg om by te dra tot die geveg teen honger en wanvoeding.

Liebenberg sê hulle sal voortgaan om hierdie taakspan te ondersteun met verdere skenkings van dié voedsame produk.

Die publiek kan skenkings maak aan die Solidariteit Beweging se noodfonds om hierdie projek te ondersteun by www.afriforum.co.za of by www.krisisfonds.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Barbara ·

Wonderlike werk jul. So hartseer om te sien daar is soveel honger mense in ons land. Mag Onse vader hul wat swaarkry ń pad vir hul oopmaak om vir hulself te kan sorg. Vader God ek vra dat u elk van hul sal seën en vir die mense wat hulp bydra aan die mense.

Anoniem ·

Baie dankie vir die goeie gebaar, maak asseblief seker dat “ons mense” en nie net “our people” nie, ook hulp ontvang.

Rodger17 ·

Dis waarvoor ek vrees,die kos kom nie by regte mense uit nie.Hoop net solidariteit het welsyn wees uitgestuur

Wondermaarnet ·

Lyk darm of die regte mense dit ontvang het. Hoop maar dit bly so en dat hulle slegs die huidiglike onderdruktes sal help.

Jaco ·

As ek nie hierdie week my besigheid oopgemaak ht nie was ek ook nou n welsyns geval. Om te dink ek moet as n eenmansaak skelm besigheid doen om te mag eet! WAAR is ons LEIERS????? Dis onaanvaarbaar….VF plus het eers gister middag wakker geskrik en soos die ander hordes regsaksie begin dreig wat gaan uitloop op niks. Dis tyd dat ALMAL hul voet NOU neersit en terug gaan werk toe. Dis of dit, of massa ellende. Hulle kan ons nie almal in die tronk gooi nie. As ons dit kon doen met e-tol kan ons dit ook hiermee doen.

Anel ·

En nou klink dit my Pretoria en Johannesburg gaan nie saam met ander dele skuif na vlak 3 nie. Blykbaar nog te veel siekes. Sal graag wil sien hoe hulle dit gaan doen. Ons mag nie normaal gaan werk nie maar ons moet sorg vir kos op almal se tafels.

capie ·

Dankie aan die betrokkenes vir die hulp aan die wat sonder kos is. Nou gaan die “regering” nog harder probeer om dit te stop want julle gee gebalanseerde voedsel aan die mense. Sal seker omdat dit kitskos is

Sonneblomkind ·

Awesome ek is so sobly om dit te sien, bou voort op julle goeie werk, trots op julle.

Jaco ·

hoe het hulle dit reggekry om die kos te versprei? ek dog dan kos moet vanaf n sentrale regeringsbeheerde punt versprei word en dat wit mense nie mag kos kry nie.
So hoe werk dit dan nou?

Cleopatra69 ·

Wonderlik lyk darem of ons mense ook vir n slag gehelp word

Amatambo ·

Noudat ek hierbo lees van aanspreeklikheid indien ek iemand se regte skend – sal die CR en sy gabbas se regte skend as ek neerpen dat hierdie kaders sorg eerstens net vir hulleself en eet (of vreet) net die allerbeste; “HULLE” (“OUR” people) kry ook ‘n redelike verskeidenheid kossoorte, maar arm wittes in plakkerskampe mag NIE kos kry nie, aldus sekere karakters onder die sogenaamde “owerhede” – lees onlangs dat mense vir wittes in ‘n plakkerskamp iewers buite Pretoria deur die “owerhede” belet is om vir daardie wittes te gee… nee, kyk – laat ek liewer stilbly alvorens ek nou RêRIG lostrek en sê wat ek graag WIL sê…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.