Taalbeleid by US: ‘Afrikaans in ‘n vryval’

stellenbosch

Universiteit Stellenbosch. Argieffoto.

Die Afrikaanse Taalraad (ATR) het gesê die universiteitbestuur van die Universiteit Stellenbosch (US) se besluit om Engels van 2016 af as verstektaal te gebruik ten koste van Afrikaans, plaas Afrikaans in ‘n vryvalposisie.

“Dit is ‘n groot terugslag vir Afrikaans as universiteits- en wetenskapstaal by wat eens ʼn  boegbeeld vir Afrikaans was. Die Afrikaanse Taalraad doen ʼn beroep op die raad van die US om die planne te skrap en die bestuur te versoek om met meer verbeeldingryke taalplanne vorendag te kom,” het  prof. Jacques van der Elst, uitvoerende hoof van die ATR, Vrydag in ʼn verklaring gesê.

Hy het gesê dit lyk asof die US swig onder druk van politieke groepe soos SASCO en Open Stellenbosch en die sogenaamde raadpleging van die groepe kan eerder bevraagteken word.

“Hierdie stap is tegelyk ʼn aanmoediging vir ander instellings soos die Universiteit van die Vrystaat (UV) en die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Potchefstroom om die US se voorbeeld te volg. As die ‘ouboet’ van die Afrikaanse universiteite so ʼn taalstap neem, sal die druk op hierdie instellings verder toeneem.”

Van der Elst het gesê daar is begrip daarvoor dat anglisering in hoër onderwys ʼn internasionale tendens is, maar die Afrikaanse taalgemeenskap word die voorreg ontneem om in Afrikaans te studeer en intellektueel te groei by een van Suid-Afrika se gerekende universiteite, terwyl daar binne ʼn radius van enkele tientalle kilometers drie ander Engelstalige tersiêre instellings bestaan.

“Hierdie besluit marginaliseer nie net Afrikaans nie, maar is tewens ʼn terugslag vir ander inheemse tale in Suid-Afrika wat ook die reg het om op die lang duur as wetenskapstaal erken te word. Die Afrikaanse Taalraad doen ʼn ernstige beroep op universiteite om nie die deur hard in die gesig van die Afrikaanse taalgemeenskap toe te klap nie,” het hy bygevoeg.

Lees meer oor: Open StellenboschUniversiteit Stellenbosch

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Bets Bothma ·

Ons Afrikaanse Suid-Afrikaners het ruggraatloos geword, soos my oom Jopie altyd gesê het – “hulle het nie krag nie!” – ons gee net boedel oor terwille van … selfs ons NG Kerk het boedel oorgegee ter wille van …

saarkie ·

Lamsakkige bestuurslede van US. Klap in die gesig van elke afrikaanssprekende wat daar studeer.
Skandaal van die jaar! !

Maria ·

Die ergste van als is dat die meeste mense wat aandring op Engels verstaan Afrikaans baie beter. Hul verkrag die uitspraak van Engelse woorde so dat nieman op die ou einde eers verstaan wat gesê word nie. Sodra mens “hogere ” Engels begin praat, slaan hul gou oor Afrikaans toe. Engels, Engels alles Engels en so word my Moedertaal vermoor.

Ben Burger ·

Van der Elst sê: ” binne ‘n radius van enkele tientalle kilometers …” Klink of Afrikaans dalk eerder ‘n goeie hospitaalplan nodig het.

irene ·

Ons mense moet nou wakker word hul is net gepla oor taal AFRIKAANS daar gaan erger dinge aan as taal God het tale gemaak nasies gemaak die F marone moet weet SA behoort aan GOD en nie aan een persoon nie word wakker voordat dit te laat is kan sien in watter groot gemors SA is bid liewer vir vrede

Jeanette ·

Die studenteraad van Maties is beindruk met die verklaring en trots daarop om te kan se: ” ‘n historiese stap is gedoen om die deure oop te maak vir onderrig aan almal.” Ouers is skynbaar ook tevrede met die besluit. Wat nou gemaak? Ek moet erken(baie moeilik) dat die DA tog namens die Afrikaanssprekende praat.

Erna ·

Afrikaans is ons moedertaal, die spreek taal van miljoene mense. Jy kan dit oral verbied, jy kan dit uit alles uit verban maar Afrikaans SAL gepraat word. Mense wat jare in die buiteland werk se kinders is daar gebore, leer in watter ander taal en vanmiddag as hulle by die huis kom? Hul ouers vra in Afrikaans hoe was julle dag? in Afrikaans sit hulle en gesels om die etenstafel. In Afrikaans bid hulle!

Sarel Strydom ·

Die Universiteit geweld ontstel mens. Ek sal graag wil eet of UWK nog staan.
Oor die Taalbeleid vir Universiteite het my, na die aanvanklike skok rustiger laat dink. Hierdie mense, en ek maak spesifiek nie van die word Student gebruik nie,wod aangehits deur magte van buite die Universiteite. Hule doel, nie soseer om Afrikaans as taal afgeskaf te kry nie, maar om ons kwaad te maak en te kyk hoe ver sal die Afrikaanssprekende gedruk word voor hy breek. Dit is hulle taktiek, geen intilegensie nie, geen verantwoordelikheid nie, net uit daarop om jou te tart en ons is besig om toe te gee aan hulle. Kyk maar na kommentare, hulle lag vir ons want hulle doel is bereik, hoe kwater ons word hoe meer persepsie gaan verlore Die afskaffing van Afrikaans sal net ‘n bonus wees. Nou kom hulle skole toe.

Adriaan ·

Nou is dit tyd vir Afrikaanse besigheid wat die US finansieel ondersteun om te wys wat hulle met hulle geldmag kan doen. Kom Afrikaanse besighede, laat julle stemme hoor met die gebrek aan rollende munt na die US rekening.

Albanus ·

Wat is ‘n Afrikaanse Suid-Afikaner? Hoe het hulle ruggraatlaas geword?

ralph ·

Ou Meneer Nelson Mndela sou dit nooit ondersteun het,net die presidentaap van die ANC

Willie ·

Engels is beter as renosterhoring.. praat Engels en al jou probleme is op n end…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.