Taalbeleid by US: ‘Afrikaans word weggetransformeer’

stellenbosch

Universiteit Stellenbosch. Argieffoto.

Die stigtingskomitee Afrikaanse Alumni-vereniging (AAV) het Sondag gesê die aankondiging dat die Universiteit Stellenbosch (US) vanaf 2016 primêr Engels moet wees, is ʼn geval van irrasionele transformasie.

Dit volg nadat prof. Wim de Villiers, rektor van die US, sy bestuur se nuwe taalplanne as dringende transformasiemaatreëls verdedig het.

In ʼn brief aan senaatslede, waarin hy die nuwe taalmaatreëls aankondig, het De Villiers dit as “dringende transformasiemaatreëls” bestempel wat reeds vanaf 2016 toegepas sal word. De Villiers het glo beklemtoon dat die maatreëls die produk van konsensus met die drukgroep Open Stellenbosch is.

Volgens adv. Jacques du Preez, woordvoerder van die AAV, beteken transformasie vir die US-bestuur klaarblyklik ook die verengelsing van die universiteit. “Transformasie is ʼn grondwetlik ongedefinieerde begrip, in die naam waarvan ongrondwetlike uitkomste nagestreef word. Dit is die probleem. In die US se geval beteken transformasie nou blykbaar selfs dat die universiteit primêr Engels moet word, en dat Afrikaans ʼn mindere en al kleiner wordende rol moet speel. Só gedefinieer, is transformasie egter grondwetlik en intellektueel bankrot,” het Du Preez gesê.

Lees meer oor: Open StellenboschUniversiteit Stellenbosch

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Gerhardt ·

Dis duidelik dat Wim oorhaastig en ondeurdag opgetree het.

Willie ·

Dit is nou tyd dat ons vir afrikaans moet opstaan,prof het ons geen regte ,Ek twyfel of prof Wim die regte leier is om die universiteit voorrentoe te neem???

Lieb ·

Water taalgroep studente is in die meerderheid? As dit Afrikaans sprekendes is, waar is demokrasie nou? Dit is nou regtig besig om erg te raak want daar is took ander nie-Afrikaanse universiteite in die omgewing. Waar gaan dit stop?

Andriette ·

Prof Wim de Villiers. Klink sooooo Afrikaans? Maar hy swig – voor druk van MENSE? Wat van jouself Wim? Wat van God? Wat sê Hy vir jou? MENSE is môre weg. Wat dan Wim? Jy vertrap ons taal. Sies man

Buitelander ·

Alhoewel ek in die buiteland woon en nie self kan deelneem nie, stel ek voor dat ‘n betoging organiseer moet word. ‘n Mens moet vir sy regte aanhoudend veg en verdedig.
‘n Petisie kan dan tydens die betoging by iemand afgelewer word. ‘n Betoging moet soveel aandag trek as moontlik.

Marius ·

Ek stem saam met jou Buitelander. Daar moet nou betoog word en klasse ontwrig word en selfs klippe gegooi word. Ons sit net agteroor terwyl ALLES van ons gesteel word – tot ons kultuur en reg tot moedertaalonderrig. @Henri: Baie onnodige kommentaar van jou kant af. Buitelander sit waarskynlik oorsee omdat hy/sy nie werk hier kan kry nie a.g.v. regstellende aksie en ten minste woon hy/sy nou in ‘n VRY land.

Henri ·

Buitelander hou jou kommentaar vir jou self, jy het die land verlaat en wil nou komentaar lewer anderkant die draad. Ons wat gebly het sal self die mas opkom.

Delia ·

Ag toe nou, Henri, waarom is jy so snedig? As jy nie ordentlik kommentaar kan lewer nie, bly dan liewers stil!

Pieter V ·

Ek dink dit was ongevraagd Henri,lyk my jy is onder die indruk dat almal wat in die buite land werk weg hardloop,ek het ook buite die RSA gewerk omdat ek daar baie meer verdien het as hier as ek n beter aanbieding hier kon kry sou ek hier gebly het ,ek dink jy is afgunstig op die wat elders in die wereld werk ,of miskien kwalifiseer jy nie.

GES ·

Die stert swaai die hond. Lafhartige akademiese leiers laat toe dat oor hulleself geloop word net om hulle eie belange te beskerm.

Marius ·

“Dit is beledigend en aanstootlik dat ‘demokrasie’ soos ‘n vrot vis voorgehou word om die stank van die karkas, wat hierdie hele proses is, te probeer verdoesel.” Breyten Breytenbach oor die US taaltransformasie

Izzy ·

Aan Henri…
In plaas daarvan dat jy bly is dat mense soos buitelander saam met jou staan vir ‘n goeie doel(ja, al is dit net in ‘n petisie of met sy geld wat hy dalk vir sy familie wat dit nodig het, stuur) gaan jy nou oor ‘hom’ te kere (waar hy hom nou bevind). Die artikel het gegaan oor prof Wim De Villiers en sy optrede.Dankie aan elke Suid-Afrikaner (waar jy jou ookal in die wereld bevind, weens watter omstandighede ookal) wat opstaan vir Afrikaans by ons universiteite.

Johann Marx ·

Transformasie: ‘n Proses waar die Afrikaanssprekendes kan deelneem aan hulle ondergang. Amper nes demokrasie…

Johann Marx ·

Soos met demokrasie, is tranformasie ‘n proses waar die Afrikaans-sprekendes kan deelneem aan hulle ondergang….

Alwyn Beetge ·

Engelssprekendes se grondwetlike regte is die enigste wat skynbaar tel. Hierdie moet deur die jeugdige studente bevraagteken en beveg word.

Vra maar net ·

Prof Wim, gaan jy nou ook die naam van die universiteit terug verander na die oorspronklike Victoria College? Dan is alles mos weer mooi Engels en Brits! Stel dit ook voor aan die senaat.

Henry ·

Goeie voorstel!
Die aanstellerige en opgeblase ou spulletjie het mettertyd al vinniger agteruitwaarts gestrompel. Soveel so dat die naam met liefde weer na Victoria College verander behoort te word.
Daar is hoeka nie genoeg tegniese kolleges in Wes Slaapland nie.

Fanie ·

Goeie genugtig Wim. Ons Afrikaanssprekende voorsate het die US gebou, en seker al die universiteite en skole wat vir jare al staan. Nou moet ons gedwing word om Engels onderrig te word in ons eie geboue. Of het die Engelse ons land opgebou en ons taal gevorm?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.