Taalbeleid by US: ‘Rektor volg nie reëls nie’

Prof. Wim de Villiers. Argieffoto

Prof. Wim de Villiers. Argieffoto

AfriForum Jeug het Sondag beweer dat die organisasie glo ’n patroon by prof. Wim de Villiers, rektor en visekanselier van Universiteit Stellenbosch (US), begin waarneem waardeur hy amptelike prosesse keer op keer probeer omseil.

“Die jongste daad wat dié waarneming bevestig, is sy besluit om Engels as enigste kommunikasietaal aan die universiteit in te stel,” het Morné Mostert, AfriForum Jeug se nasionale verteenwoordiger, in ʼn verklaring gesê.

“Dit is nie die eerste geval waar prof. De Villiers besluite neem sonder om universiteitsregulasies in ag te neem nie. In Oktober vanjaar moes die universiteit die ganse aanstellingsproses van die studentedekaan van nuuts begin omdat daar ongerymdhede betrokke was. Dié week het ons gesien hoe hy eensydig ’n besluit neem sonder dat dit voor die universiteitsraad gedien het. Sommige raadslede het eers via die media daarvan te hore gekom. Dit is duidelik dat hy ʼn politieke agenda volg sonder om die reëls en regulasies van die universiteit te volg.”

Mostert het gesê prof. De Villiers het boonop in ʼn media-onderhoud gemeld dat hy met AfriForum oor die aangeleentheid beraadslaag het.

“Dit is totaal onwaar. Daar is in géén stadium hieroor met ons oorleg gepleeg nie; trouens, hy het ons doelbewus daarvan probeer uitsluit. Ons sal egter verseker dat ons stem óók gehoor word,” het hy gesê.

Hy het gesê AfriForum Maties sal ’n versoek aan prof. De Villiers rig om ʼn vergadering te hou waar die Afrikaanse studente ook insette oor die US-taalbeleidkwessie sal kan lewer.

Lees meer oor: Open StellenboschUniversiteit Stellenbosch

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Sharon Anderson ·

Prof Wim de Villiers hoe sal jy onthou word op ons nasie tong? Het jy jou dertig silver muntstukke gekry?

Trots Afrikaans ·

Ek stel voor dat ons hom skors uit alle Afrikaner geledere.
Hy moet sy van verander en verbied word om Afrikaans te praat.
Engels is algemeen
Afrikaans is eksklusief

HEVW ·

Die soort was nog altyd in die Afrikanergeledere. n Lafaard en rugsteker. Maak hom asseblief bespotlik. Laat die volk hom asseblief sien vir wie en wat hy is.

Cruz ·

Wim de Villiers neig na n Skim de Villiers.
Kan n mens glo dat n Afrikaner hom so ongeërg hou oor ons taal?

Leendert van Oostrum ·

English: the language of colonialism

Stellenbosch: home of the colonized mind

Oud matie ·

Wat ‘n ou jingo!! Dis hoekom hy die pos as rektor gekry het! Die rooibroers trek die toue en Wim dans, want die politici sal hom beskerm! Ek glo jyt meer as Judas uit jou optrede gekry, moenie na die swaard gryp nie, want dis geen straf vir ‘n verraaier nie!

Pieter V ·

Tipies ,net soos die anc ,kom altyd met draaie ,lieg ook dat hy met Afriforum jeug beraadslag het,ook glad nie skaam om sy groot word en huistaal te verkoop om sy werkgewers die anc en openstellenbosch terwille te wees

saarkie ·

So jammer dat Wim de Villiers en trawante die regte v barbare en amokmakers meer respekteer as die van afrikaanssprekendes!! Wimdevilliersmustfall#

Liewe lulu ·

Watch this space. Prof Wim de Villiers tree uit met goue handdruk. Ba ek sal liewers niks verder se

Nog 'n Oud-matie ·

Die aanstelling van Prof De Villiers is nog ‘n voorbeeld van die sluwe orkestrasie van die SAKP! Hy is met ‘n opdrag na Stellenbosch gestuur om die taalbeleid vinnig te verander, blykbaar sonder om die US Raad of Konvokasie hierin te ken. Die “Open Stellenbosch” aksie was maar alles deel van die SAKP en EFF strategie om die proses vinnig te laat gebeur. Die Rektor het gekapituleer en Nzimande glimlag oor sy oorwinning! Lede van die Konvokasie en dus ook die Alumni wat meer as 130,000 tel, sal nie hierdie skande en domheid aanvaar nie. US en sy voorganger Viktoria Kollege, het ‘n lang geskiedenis van stryd om Afrikaans as onderrigmedium te vestig. Dit gaan nie sondermeer ongedaan gemaak word nie!!!! Komaan Alumni, staan saam om die Taal te behou.

arie plaasboer ·

@ Nog `n Oud-matie,
My beskeie mening is dat jy baie naby aan die waarheid beweeg.
Is `n bydraende faktor nie dalk dat die Prof op onwaardige wyse skerm vir sy “wicket” nie.
Tree hy nie op soos wat die druk op hom geplaas word nie, kan hy uit sy pos verwyder word en so sy inkomste EN dus sy pensioen verloor. Hy het dus soos seker meeste van ons in die winter van ons lewe sou gedoen het en dit is om die knie te buig voor mamon.

Flippie ·

Dink julle Milner het him aan enige reëls gesteur toe by Afrikaans wou doodmaak? Nee, hy het nie. Nou hoekom sal sy opvolger him enigsins daaraan steur.

Hy voel niks vir Afrikaans nie. Hy kan hom skaars uitdruk in Afrikaans. Ander mense moet sy torsprake ens. Vir hom na Afrikaans vertaal. Hy stel net belang om die wense van sy heer en meester, Blade Nzimande uit te voer.

En weet julle hoekom by (hulle) so kordaat is? Omdat meeste van ons Afrikaners ordentlik groot gemaak is en geleer is om onder ander gesag en ander se eieindom en persoon te respekteer.

Hierdie klas ouens Dis nou De Villiers, Jansen ,Soufie, Nzimande ens is Afrikaner-haters. Hulle het geen sentiment of enige waardering vir enige iets wat van kulturele waarde vir die Afrikaner of Boer is nie. En hulle sal dus die kultuur , erfenis en enige nalatenskap van voorouers vertrap en aan flarde skeur sonder enige gewetenswroeging. Hulle tipe sal ook geen erg hê aan redelike redenering van Afrikaner kant af nie.

Daar is net een manier om met die ouens te week. Maak dit vir hom onmoontlik om as rektor aan te bly. Maak dit onmoontlik vir die US om te fungeer. Maak die US onregeerbaar. Moet nou nie barbaars raak nie – raak eerder soos ‘n inteligente wese super kreatief. Maak US wat Jannie Marais dit wou gehad het. ‘n Afrikaanse tersiere inrigting van wereld gehalte. Begin met #JannieMarais of #Wimmoetgaan.

Ons moet onthou Engels is vir die Afrikaner maar veral vir die Boere die taal van die onderdtukker en moordenasr. Dit was so in die verlede, dit is so in die here en sal so wees in die toekoms.

arie plaasboer ·

@ Flippie,
Om jou argument om dit vir die Prof onmoontlik te maak om die universiteit verder te bestuur, uit te brei kan daar saak gemaak word dat daardie Afrikaners / Afrikaanse sakeondernemings wat so mildelik bygedra het tot die fondse van die universiteit daardie bydraes terstond opskort die dag wat daardie beleid `n rteraliteit word,

arie plaasboer ·

@ Flippie,
Watter voorstelle het jy om dit vir “Maak dit onmoontlik vir hom as rektor aan te bly” en “Maak dit vir die US onmoontlik om te fungeer”?
Mag ek `n voorstel maak in daardieverband?

Waarom sal op die oomblik “goedgesinde” Afrikaner onderneming (of ook goedgesinde individue) wat groot bedrae geld borg tot stywing van US se fondse, nie hul borgskap heroorweeg en die borgskap opskort wanneer die nuwe taalbeleid `n werklikheid word, om op `n tasbaarheid hul misnoee met die voorgenome stap te kenne te gee nie.

Flippie ·

New ouens geld weerhou gaan nie week nie.

Ek sou eerder sien dat US studente bv net eweskielik glad nie Engels vestaan nie. Indien daar Engels gebesig word moet dit net daar onderbreek word en aangedring word op Afrikaans. Verstaan skielik absolute geen Engels nie veral ook nie van die van die Engelstalige Maties wat geen poging aanwend om die histories taal van die installing te leer praat nie en wat geen respek hoegenaamd vir Afrikaanse mense het nie.

Frustreer die stelsel waar hulle Engels af dwing. Moenie bang vir hierdie mense wees nie.

Aan die alumni – wys nou julle murg. Wat van ‘n openbare demonstratiewe vernietiging (verbranding)van kwalifikasies wat daar verwerf was. Miskien op die Rooi Plein tydens die Registrasie van eerstejaars.

Flippie ·

Agenee Maroela – Hoekom plaas julle nie my kommentaar nie. Ek het dan al die lelikste goed wat ek van ou Wimpie gesê het verwyder. Of kan ons hom net prys.

Jz ·

Dìe mense het as Hanskakkies bekend gestaan,Ek het nìe geweet hulle bestaan nog nie?.

Danie Kok ·

Die realiteit is dat die Afrikaner se grootse vyande te vinde is binne sy eie geledere. Daar is niks wat ek meer verag as ‘n volksverraaier nie.

Gideon ·

Ek het al verskeie kere gesien ou Afrikaanse spreekwoorde slaan spyker so op die kop!! “Die makste hond byt die seerste” of miskien ” Maak wolf skaapwagter”.
Daai rektor is geplant.

Werner ·

Afrikaanse universiteite moes na 21 jaar nie eers ‘n besprekingspunt gewees het soos die ANC tersiere onderwys behoort uit te gebrei het met meer instellings nie. Noudat ons leer dat die agente van destruktiwiteit net wil he wat daar was omdat hul niks kan skep nie is daar nog boonop die Wim’s van die wereld wat daaroor sleg voel en net wil weggee omdat dit hom beter laat voel. Siestog. Pateties.

Fanie ·

Weg met Wim, weg met Engels. Is dit nie ons Afrikaanssprekende voorsate wat die universiteite en al die skole opgerig/gebou het vir húlle nageslag se opleiding en skoling nie. Die Engelse het nie ons land opgebou of ons taal gevorm. Dit is Afrikaans Sprekende Afrikaners se erfenis. Nie Engels, Xhosa, Zulu of enige ander taalvorm wat geimplimenteer wil word nie.
Laat die wat wil Engels praat ( of watter taal ook al) hulle eie universiteit en of skole gaan bou.
Los ons Afrikaner se Regmatige Erfenis en Taal in vrede, en gaan bou/skep julle eie Erfenis.

J.Z ·

My kommertaar is alweer onder sensuur,ek plaas dit weer=In die outyd het ons die mense (Hanskakies) genoem ,ek het nie geweet dat hulle vandag nog bestaan nie?.( indien julle dit nie verstaan nie is dit eg afrikaans en was n verraaier so genoem.)wat daarmee verkeert is kan julle my verduidelik,of is dit nie politiek reg nie.

Trots Afrikaans ·

Stig privaat skole en universiteite. Hou hulle streng Afrikaans. As hulle ons wil druk, sruk gerus. Julle pers ons tot ‘n eenheid….

Paul ·

Ek stem honderd persent saam met alle kommentaar wat hier gelewer word. Die ironie is egter dat dit geskryf en dan vergeet word. Mense, ons poep teen donderweer. Het dit nie miskien tyd geraak dat ons ook begin toi -toi nie?

TTh ·

Hy is deel van die liberale gespuis wat saam met FW en sy bende die Afrikaner uitverkoop en van sy regmatige plek en magsposisie gestroop het, nou tuimel sy wereld ineen en dit is hoe hierdie liberale reageer, pateties, skors hom en dank hom af, waar is die ander bestuurslede, stel ‘n mosie van wantroue en eis sy onmiddellike bedanking/ontslag …

Etienne ·

Die Kommuniste en vyande van die Afrikaanse gemeenskap jubel en sing van blydskap met wat hulle hier reg gekry het. Een stap nader aan een wêreldorde een taal, een doel. Moedertaalonderwys is nie op die agenda nie. Sillabusse en inhoud van studie word ook beheer. Daar is nie meer vryheid om kennis eerste te stel nie.
“We don’t want no education. Teachers! Leave those kids alone”

HEVW ·

Stem saam met alle Afrikaners. TTh waarom skryf jy fw in hoofletters? Verdomp man!!!!

Dee ·

Indien ons Afrikaans wil verdedig behoort ons darem te kan spel, iets van sinsbou weet en dit doen sonder om Engelse sinsnedes by te voeg. Dit klink soort van soos die ou op Praag wat spog dat hy altyd aandring om in Afrikaans bedien te word in winkels en hy vertel dit onder ‘n Engelse skuilnaam.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.