Taalbeleid by US: Só sê studentevereniging

Studente by die Universiteit Stellenbosch (Argieffoto)

Studente by die Universiteit Stellenbosch (Argieffoto)

Adam Tas, die studentevereniging vir die behoud van Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit van Stellenbosch, het gesê Afrikaans is ‘n ‘geweldige, verraderlike hou toegedien’ by dié instansie.

Die vereniging, wat ook as alternatiewe Afrikaanse studentevereniging van die universiteit dien, het reageer op ʼn verklaring oor die taalbeleid by die universiteit wat die rektor se bestuurspan Donderdag uitgereik het. Volgens die verklaring sal die taalbeleid van die universiteit vanaf 2016 verander na ‘n stelsel met Engels as hooftaal in akademiese en administratiewe sfere op kampus en Afrikaans en IsiXhosa sal as “addisionele” tale geag word, en hul akademiese kapasiteit steeds uitgebou word.

“Ons as bestuur is vanaand hiervan ingelig,” het die Adam Tas-vereniging in ʼn verklaring gesê. “Geen gesprekvoering of publieke deelname rondom die vraagstuk is ooit onderneem nie, en slegs sekere studentegroepe blyk deel te gehad het aan die klandestiene onderhandelinge wat tot die besluit gelei het.”

Die rektor se bestuurspan het gesê die voorstelle kom ná gesprekke met Open Stellenbosch, die Verteenwoordigende Studenteraad, [studentevakbond] Sasco en die Studenteparlement.

“Adam Tas veroordeel die debakel ten sterktste, en ons vra die solidariteit van al ons lede en volgelinge om die bestuur by te staan in die nuwe stryd vir Afrikaans en IsiXhosa se Grondwetlike posisie,” lui die verklaring. “Afrikaans by US is werklik vandag ‘n rugdolk toegedien: maar hierdie doringboompie, soos die digter geskrywe het, sal homself uit die stof optel.”

Lees meer oor: Open Stellenbosch, Universiteit Stellenbosch

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Dee ·

Hoeveel ekonomiese steun kry die Universiteit van Stellenbosch vanuit Afrikaanssprekende geledere en kan dit nie onttrek word nie? Selfs as dit kontraktueel verbind is kan daar miskien kontrakbreuk vanuit die US se kamp bewys word.

Eon Kotze ·

Verdere vertrapping van die Afrikaanse kultuur en taal.

My moedertaal ·

Die geskiedenis herhaal homself, CP Hoogenhout het in 1920 gesê :
” Engels, Engels, Engels alles wat jy sien en hoor, in ons skole in ons kerke, word ons moedertaal vermoor!!! “. Ons moet baklei vir ons taal mense soos ons voorouers gedoen het!!!

maggie ·

Charl Coetzee, daar stem ek en jy saam.
ek en my geld verstaan ook net afrikaans.

Vra maar net ·

Andre, in teendeel. Breyten moet seker in die wolke wees oor die besluit van die US. As ek dit nie verkeerd het nie, was/is hy ‘n baie groot ondersteuner van die huidige regime. Hy het hom vir so-iets beywer. Hy was een van die voorste meelopers, selfs tronk toe gegaan vir sy oortuigings. Ek dink nie hy het enige reg om homself oor die kwessie uit te laat nie.

Carli ·

Dit beteken nie ons sal nie in Afrikaans kan klas gaan nie. Dit beteken ook nie hulle probeer ons hele kultuur uitwis nie. Hulle probeer net die meerderheid akkomodeer. 13% van die land het Afrikaans as hulle huistaal die ander 87% praat nie Afrikaans nie. As die universiteit ‘n verteenwoordigende steekproef van die land was sou slegs 3900 uit die 30 000 studente by die universiteit afrikaans wees, die ander 26 100 nie. Hoe is dit regverdig om te verwag dat almal moet aanpas by afrikaans? Die universiteit is in elk geval net ‘n instansie by wie ons betrokke is vir ‘n paar jaar dan beweeg ons almal weer aan na die regte wereld (‘n wereld wat nie Afrikaans praat nie). Dit is nie ‘n aanval op ons kultuur nie, dit is ‘n poging om die 87% ‘n kans te gee.

Pieter ·

Carli, as jy wil syfers praat, laat ons praat. 55% van die inwoners van die Wes-Kaap is huistaal is Afrikaans. 22% Engels en die res isiXhosa. Dit beteken die primere voedings provinsie vir die US is meerdereid Afrikaans. Verder is die US die enigste universiteit in die Wes-Kaap waar jy jou kursus in Afrikaans voltooi.

Dit mag, en ek se mag, dalk nie hulle doel wees nie, maar dit is wat gaan gebeur, die geskiedenis het dit bewys. Verder kan ek duidelik van jou kommentaar aflei dat jy nie die Universiteit se persverklaring mooi GELEES het nie.

Ek is geen kenner van die gebied nie, maar dit lyk my asof jy is. So dalk moet jy eerder as om kommentaar te lewer op Maroela Media met jou mede kenners soos Dr. Hermann Giliomee of Dr. Paul Colditz gesels en hoor of hulle vanuit hulle ekstensiewe navorsing met jou saamstem.

Harold ·

Jy weet duidelik nie waarvan jy praat nie. Ek is n vol bloed Afrikaner in Johannesburg. En ja die probleem hier is daar is te veel afrikaners hier wat dink hulle is engels. Dis net so jammer dat ek werk om elke hoek en draai kry net omdat ek AFRIKAANS is en trots is daarop. Want jy sien. Meerderheid besighede in Johannesburg noord is in besit van englese. Hulle love die boertjies want dan weet hulle met n boertjie in beheer gaan dinge reg verloop.

Gerhardt ·

Carli, verstaan jy federalisme? Jy is heeltemal op ‘n dwaalspoor, stekte in die regte wêreld.

Sarel Strydom ·

Die 2 tale wat die meeste gepraat word in SA is no.1 Zulu en dan Afrikaans. Hulle prober dit omkeer terwille van Engels. ek glo nie jou syfers is heeltemaal korrek nie.

Bertie van Straaten ·

Waarom gaan die 87% van studente, volgens jou kpersepsie, dan nie na UCT of Universitet van Wes-Kaap nie? Hulle het tog goed geweet wat die heersende taalbeleid van Maties was. Is net twee Afrikaanse Universiteite in hierdie land te veel gevra? En wat van die kultuur van Afrikaans wat sinoniem is met US? Dit is geslagte van mense met Afrikaans as moedertaal wat US gebring het waar dit vandag is? Hoe dit ookal sy ek het my bedenkinge oor die betroubaarheid van jou statistiese gegewens

Bertie van Straaten ·

Carli’ waarom gaan die 87% van studente, volgens jou kpersepsie, dan nie na UCT of Universitet van Wes-Kaap nie? Hulle het tog goed geweet wat die heersende taalbeleid van Maties was. Is net twee Afrikaanse Universiteite in hierdie land te veel gevra? En wat van die kultuur van Afrikaans wat sinoniem is met US? Dit is geslagte van mense met Afrikaans as moedertaal wat US gebring het waar dit vandag is? Hoe dit ookal sy ek het my bedenkinge oor die betroubaarheid van jou statistiese gegewens

Carli ·

Die statestiek is volgens die sensus opname van 2011. Ek verstaan julle is kwaad, maar miskien gee dit julle net ‘n klein bietjie insig in hoe die mense wat al vir jare ontneem is van swot in hulle moedertaal moet voel? Ons is baie bevoorreg om nog tot dusver in ons moedertaal te kon klas gaan. Die toeganklikheid van die universiteit aan almal gaan nie ‘n gemaklike proses wees nie, maar ek voel ook dat ek nie kan terug staan en toekyk hoe ek as ‘n afrikaner voordeel geniet as ek weet daar is ander opsies wat meer mense kan akkomodeer nie. Dit is ‘n persoonlike besluit en ek vra nie dat enige een saam my stem nie, ons is almal geregtig op ons opinies.

Dave ·

Sarel Strydom, vir hoe lank Zulu die mees gesproke taal in Suid Afrika gaan wees is te bevraagteken. Ek woon in Durban en my kantoor is vanaf my woning net oor die straat. Daar is ‘n laerskool aan die punt van die straat en ek stap dikwels tussen skoolkinders deur wat op pad is na of vanaf die skool.

Durban is soos ‘n deel van England in Suid Afrika. Soos in ernstig Engels. Ek hoor hoe kinders met mekaar in Engels gesels. Ek hoor jong Zulus met mekaar Engels praat. Gister het ek langs die hawe gery en ‘n jong Zulu-paar het langs my gery met oop vensters en Engels gesels. Dit is vir hulle ‘n statussimbool en hulle besit geen taaltrots. So hul verknogtheid aan hul kultuur sluit nie hul eie taal in nie. Hulle wil Engels praat en ek wed jou vele van die Zulus wat nou groot word kan nie eens Zulu praat nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.