Taalbeleid by US: ‘Streep in die sand getrek vir Afrikaans’

Die JH Neethling-gebou aan die Rooiplein van die Universiteit van Stellenbosch op die voorgrond; Die Pieke onder sneeu in die agtergrond (Argieffoto)

Die JH Neethling-gebou aan die Rooiplein van die Universiteit van Stellenbosch op die voorgrond; Die Pieke onder sneeu in die agtergrond (Argieffoto)

Die president van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch het gesê die rektor se bestuurspan het met die jongste voorstelle oor taalbeleid by dié instansie ʼn “streep in die sand getrek”.

Prof. Christo Viljoen het in ʼn verklaring gesê alle beleidsdokumente van die US moet deur die universiteitsraad bespreek en goedgekeur word. “Die universiteitsraad maak en lê beleid neer, geen ander instansie aan die US nie,” het hy verduidelik. “Die waterskeidende taalbeleidvoorstelle wat nou deur die rektor se bestuurspan (RBS) opgestel en versprei is, is in hierdie stadium slegs voorstelle en nie beleid nie.”

Volgens hom moet alle voorstelle van hierdie aard ʼn voorgeskrewe roete van oorlegpleging volg, wat “hoegenaamd nie die geval was nie”. “Daarom is dit nodig om te wag tot die eersvolgende universiteitsraadsvergadering op 30 November 2015 waarop die voorstelle bespreek sal word.”

Viljoen het gesê indien die konsepvoorstelle deur die universiteitsraad goedgekeur sou word, sal dit ʼn keerpunt wees in die geskiedenis van Afrikaans, en nie net in soverre dit ʼn onderrigtaal aan die US is nie. “Daar rus ʼn swaar onus op die universiteitsraad wanneer die voorstelle bespreek en daaroor ʼn besluit geneem word. Daarom is dit voorbarig dat die verklaring van die RBS kan verklaar dat “hierdie dokument se vertrekpunte vanaf Januarie 2016 toegepas” sal word.

Beskermde status weggeneem

“Toe ek ʼn jaar gelede in ʼn skrywe ‘Die koeël is deur die taalkerk’ gewys het op die stelselmatige agteruitgang van Afrikaans aan die US, is ek deur die viserektor (leer en onderrig) in ʼn lang gesprek verseker dat gelyke status nié statusverlaging beteken nie, veral aangesien die US onderneem het om Afrikaans te ‘beskerm’. Dié beskermde status word nou weggeneem, soos skynbaar ook die gelyke status, en Afrikaans word deur die voorstel, soos isiXhosa, as randtaal geakkommodeer,” het Viljoen bygevoeg.

Konvokasie word “geïgnoreer”

Viljoen sê hy het sedert April vanjaar herhaaldelik skriftelike versoeke aan prof. Wim de Villiers [rektor en visekanselier van die universiteit] gerig vir ʼn gesprek tussen die RBS en die uitvoerende komitee van die Konvokasie. “Ontvangs van my jongste versoek van ʼn week gelede is (nog) nie erken nie, en ons versoeke vir ʼn gesprek word geïgnoreer. Dit beteken dat die mening van 129 500 konvokasielede ook geïgnoreer word, wat baie konvokasielede as minagtend ervaar.”

Viljoen het gesê sy eerste reaksie by ontvangs van die nuwe taalbeleidvoorstelle was: “Et tu Brute.
Die teerling is gewerp. Ons wag op die universiteitsraad om te bewys dat dit geen rubberstempel is nie.”

Lees meer oor: Open Stellenbosch, Universiteit Stellenbosch

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ronell ·

Onttrek alle fondse wat deur enige groep of beurse aan Maties geskenk of befonds word onmiddelik as dit hulle enigeste manier van probleem oplossing is….!!!

elizabeth ·

dit is geen probleem as julle ‘n streep in die grond trek nie. ek en my geld praat afrikaans.

Vra maar net ·

Prof de Villiers se rolmodel is seker ander beroemde Afrikanervernietigers en -haters soos Lord Alfred Milner en sy Über-kolonialisering meelopers. Prof Wim is volledig gekoloniseerd.
Geluk Prof!!

Prof, jy moet onmiddelik ‘n fakulteit skep waar al die WARE Afrika wetenskappe gedoseer kan word, soos byvoorbeeld die gebruik van die kort steekspies, die aanwending van beesvelskilde, die uitgebreide wetenskap en ingenieursvernuf benodig vir die bou van grashutte, gevorderde brandstigting en ook suksesvolle geweldadige oproer. Daar kan ook byvoorbeeld ondersoek ingestel word waarom die uitgebreide volksmoord soos uitgevoer deur die plaaslike inwoners gedurende die 17de, 18de en 19de eeue so suksesvol was, en hoe dit steeds toegepas kan word.

Flippie ·

Kom ons hoop iemand trek ‘n prof Heyns op prof De Villiers

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.