Taalbeleid by US: ‘Wysiging lei tot vertrouensbreuk met Afrikaanse gemeenskap’

Flip-Buys-2015-September

Flip Buys die voorsitter van die Solidariteit Beweging. Foto: Reint Dykema.

Die Solidariteit Beweging het Vrydag sy skok uitgespreek oor die skielike en “eensydige” wysiging van die Universiteit Stellenbosch (US) se taalbeleid. Hiervolgens sal die primêre taal van administrasie en kommunikasie by die universiteit vanaf 2016 Engels wees, met Afrikaans en isiXhosa as bykomende tale.

Die Beweging het voorts ʼn beroep op die universiteitsraad gedoen om onmiddellik die bogenoemde beleidsveranderings om te keer.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, meen die bogenoemde wysiging aan die US se taalbeleid is ʼn groot terugslag vir Afrikaans, en vir die toegang van Afrikaanssprekendes tot die universiteit.

“Ons ervaring by ander universiteite wat dieselfde praktyk volg, is dat sodra ʼn taalgemeenskap se taal uitgefaseer word, die bepaalde groep ook uiteindelik uitgefaseer word. Die persentasie Afrikaanse studente by kolleges en technikons waar Afrikaans as onderrigtaal uitgefaseer is, het byvoorbeeld van 70% tot 10% afgeneem,” het Buys gewaarsku.

Buys het gesê hoewel privaat universiteite die langtermynoplossing hiervoor is, gaan dit minstens nog ’n dekade neem om Afrikaanse privaat universiteite, wat alle studierigtings aanbied, te ontwikkel.

“Ons beplan, gegewe die jongste verwikkelings by universiteite, om die ontwikkeling van Akademia drasties te versnel. Afrikaanse universiteitsonderrig by openbare universiteite bly egter Afrikaanssprekendes se grondwetlike reg en mag nie van ons af weggeneem word nie. Afrikaanse mense moes bloed sweet en baie opofferings maak om universiteite te bou en te ontwikkel. Universiteite mag nie weggee wat nie hulle s’n is nie – naamlik Afrikaans,” het hy bygevoeg.

Lees meer oor: Open StellenboschUniversiteit Stellenbosch

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Daniel ·

Tyd om Afrikaans vriendelik te word. Ondersteun Afrikaans vriendelike instansies met jou finansieele keuses. So stem ons vir wat ons wil te weeg gebring he.

rudi ·

Ek stem 100000% saam. Geld praat en soms moet ons VEG om te kry wat ons wil he. Dit is ‘n oorlog daarbuite en as ons nie ons grootste waapen gaan gebruik nie moet ons maar vrek

rudi ·

Geld praat! Dis tyd dat ons ons geld plaas waar dit nodig is. Selfs kos dit bietjie meer om die monopoliee te breek

Gerhardt ·

Wat my frustreer is dat die Kommunis Blade, alreeds Akedemia teiken!

Pieter V ·

Die feit dat hy n kommunis is is n bewys dat hy uit voeling is met die werklikheid dat kommunisme nog nooit iewers n sukses verhaal kon skryf .Prof DeVilliers is nog net maar nog n aanstelling van sie anc regime ,so sif ons die hanskakies met die tyd.Dis nou tyd dat die donateurs wat waarlik vir Afrikaans omgee hul donasies aan Soltech skenk in stede van aan die ander instansies, Soltech is klaar gevestig en moet nou n graad kursus in inginieurswese aanbied ,ek glo daar is baie professors en doktore daarbuite wat graag sal help daarmee

Willie ·

Wonder maar net..kan n mens se breinselle vermeerder as jy Engels praat ?

susan ·

Whahaha. Goeie een. Ek wonder ook oor daardie een. Niks wat hulle doen gaan die blankes laat verdwyn of n “trappie” laer as hulle maak nie. Hulle sal aanhou bedreig voel deur die minderheid tot in ewigheid.

Peet Schabort ·

Kom ons werk aan ‘n nuwe naam vir die plek.
Afrikaans is gesteel, dus wat van “Steelenbos” of “Steel-en-bos”?

Trots Afrikaans! ·

Hoekom het hulle in die 20jr wat verby is nie iets gedoen om een van hulle massa tale na n akademiese taal te verhef nie? Hulle wil als beheer, tipies kommunisme! Dis n baie hartseerdag dat prof. de Villiers moes swig voor politieke druk! Ek is hoogs ontstel oor die US se taalwending weereens ten gunste van Engels!!

elize naude ·

Engels is n landstaal asook n internasionale taal en daarom noodsaaklik.

Flippie ·

Solidariteit en Afriforum, is dit nie tyd vir ‘n volksverhuising nie. Hierdie regime en sy ondersteuners is besig om die lewe vir die wit Afrikaners onplesierig te maak en hulle gaan nie you verander nie.

Kom ons kyk hoeveel wit Afrikaners is bereid om te verhuis as dit op ‘n georganiseerde wyse gedoen word.

Trots Afrikaans ·

Ja Flippie, maar waarheen? Hier lê baie Afrikanersweet en bloed in hierdie grond! Hierdie land sou nooit so ontwikkel gewees het sonder die bydrae van ‘n hoogsintelligente groep mense nie! Wie het die US begin en met watter geld?? Ons kan nie alles wat ons begin het in die hande van n klomp kommuniste, bosterroriste se hande gee nie. Waar is ons geesdrif vir iets soos ons taal?

Flippie ·

Aan Div die Yank
Zoeloe is die grootste huistaal in SA. Ek dink dat Afrikaans die 2e grootste huistaal is. Engels dink ek is 4de of 5de. Eintlik moet alle Universiteite dan primér Zoeloe wees. In Suid Afrika is daar dus in wese geen plek vir Engelse Univetsiteite nie.

Ek wil net vir Divdieyank daaraan herhinder dat Engels, die taal van die Afrikaner-onderdrukker was en nog steeds is. Mense wat hierdie taal praat het 26 000 vroue en kinders vermoor om die boernasie op sy knieë te dwing. Hulle het nog nie opgehou nie want die Afrikaner en Boer is nog hier. Die Engelse het dit reggekry met meelopers wat die Boer ideaal (vryheid) verraai het. Die huidige Afrikaner – Boer haters het ‘ n meeloper in In Divdieyank.

Volgens wat ek om braaivleis vure,kerkraadsvergaderings, werksvergaderings, kroeë, rookplekke, ens. waarneem, moet ou Div dieYank maar sy sekuriteit opskerp. Die manner is lus vir jou. Ek stel voor dat jy maar geleenthede waar daar Afrikaners teenwoordig gaan wees., moet very. Jy is nie welkom nie.

Klip-in-die-bos ·

Miskien net ‘n gedagte aan die Alumni. Ek weet van julle (met geslagte wat by bv. Skelmbos en Tuks afgestudeer het), lewer ‘n stewige bydraetjie tot die behoud van die tersiêre instansies. Glo julle nog in wat julle befonds? Indien nie, verplaas dit na Akademia en bou aan toekomende geslagte se toekoms. Hierdie gaan nie met oor taal nie, dit weet enige swaap. En dis onomwonde so gestel op vanaand se ENuus deur ‘n kordate mannetjie wat weer die arme maaiers van die dooie Apartheidsperd probeer herwin het. Steek julle trots in julle sakke, kom uit julle gemaksone, en help bou aan ‘n nuwe plan vir ons volk. Mits jy jouself nog deel sien. En, asb, moet nie van ons arme Afrikaanse gemuilbande dosente vergeet nie. Ons kan nog puik bydraes lewer. Waar ons waardeer sal word.

Andre Badenhorst ·

Ons hoef nie te skiet nie. Ons kan maar net opstaan uit ons R.I.P. (Van Winkel) slaap en ons storie eers self begin glo en dan verkondig. Dan moet ons vriende maak met nugteres soos http://www.litnet.co.za/open-stellenbosch-and-the-importance-of-mother-tongue-education en druk begin plaas op ‘n beskaafde, maar ferm manier. Jammer julle, maar die probleem is nie net die ANC nie. Die probleem lê in ‘n groot mate by ons kinders daar op Stellenbosch wat nie in Afrikaans wil klas hê nie, juis omdat dit nie reg is nie. Dis nie ons kinders se skuld nie. Hoe kan jy mense na jou universiteit aktief nooi wat nie Afrkaanssprekend is nie en dan die taal op hulle afdwing? Die vorige besture, die Blades asook ons beperkte en gemaksugtigheid (gekolonialiseerde mentaliteit) moet die skuld kry: Hoeveel van ons wat hier lees het Engelse name vir hul besighede? Hoeveel van ons hier reik Engelse fakture (invoices) uit aan mede Afrkaanssprekendes. Hoeveel van ons hier se kinders ry met die grootste gemaksugtigheid met die nuutste modelle rond op Stellenbosch? Ek is van Stellenbosch en ek sien wat ek sien. Vir my lê Die antwoord in ‘n universiteit soos Akademia wat met tegnologie wegbreek van die tradisionele, maar uitgediende universiteitsmodel en Afrikaans vestig as taal en hoë kwaliteit onderrig vestig in die globale wêreld. Dan kan ons vang ons sommer ook ons diaspora.

Dee ·

Andre, jy het ‘n geniepsige knyp uitgedeel nou net. Dae gelede lees ek ‘n kommentaar van iemand op PRAAG (jà, Praag van alle dinge!) wat spog dat hy aandring by besighede waar hy koop om in Afrikaans bedien te word. Én… hy skryf dit onder ‘n Engelse skuilnaam!

Dan ·

Vim de Villiers moet geteer en veer word. Wie dink hy is hy? Wiet hom n faktor gemaak, kry hom uit die pad uit, hy is n oorlas. Gemors.

Johan 2 ·

As jy iemand wil dreig begin met die verraaiers…hul maak die meeste skade.

Danie van Zyl ·

`n Hele paar geleerde mense beskou hulself as “sogenaamde intellektueles” . Piet Croucamp, oorlede A P Brink, Max du Preez, Breyton Breytenbach en nog `n paar ander was almal rebelle teen die Nasionale Party en die ou orde. Hulle het nog nooit `n oplossing vir die bedreigings wat teen Afrikaans, die Afrikaner en ordelikheid bestaan probeer bied nie. Ek kry die idee dat die gevoelens en vrese van die Afrikaners op grondvlak benede hulle is en dat enige simpatie daarmee indruis teen hul rebelsheid teen die ou orde en dit wat hulle gewild gemaak het.
Dit is verskriklik om te sien hoe hulle steeds die onregte wat huidiglik teen die Afrikaners begin kop uitsteek probeer afskiet met hulle hoogdrawende en partykeer afkrakende argumente. Hoe ver gaan julle toelaat dat ons mense onderdruk word en beproefde instansies vernietig voordat julle julle dikvellige trots in jul sak steek en hierdie selferkende intelek begin gebruik om in opstand te kom teen wanorde. Hoe is dit moontlik dat julle dit nie kan raaksien nie of doen dit afbreek aan julle status?
Breyten Breytenbach skrik te laat wakker oor Stellenbosch se taalbeleid. Hy het geen ruggraat of politieke wil om iets daaraan te doen nie. Hy gaan `n paar digterlike uitsprake maak en dan keer hy weer terug na sy skryftafel en los vir ons gewone burgers om teen dit te baklei. Dan sal Croucamp en Du Preez weer die voortou neem en ons kritiseer omdat ons aan die ou orde vasklou waarteen hulle so baklei het. Wim de Villiers het al sy energie gebruik om Wouter Basson te probeer kelder, want Basson het vir die ou orde gewerk. Nou is hy aangestel om iets van die ou orde te lei. Hy het glad nie die plolitieke wil, nog minder die ruggraat om enige beskerming aan Afrikaans te bied nie. Die term om vir wolf skaapwagter te maak geld hier. Dankie tog dat daar `n nuwe groep Afrikaners is soos Solidariteit wat vir die regte van ons mense veg

Ralph ·

Hou die Solidariteit beweging dop,my geld is vir hulle,aan hulle en met hulle. Sarah kan loop,sy kry niks meer nie,sy vat dit mos immers!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.