‘Taalbeleid verkeerd geïnterpreteer’ – US

stellenbosch

Die Universiteit Stellenbosch.

Die Universiteit Stellenbosch (US) sê die gees en bedoeling van sy taalbeleid is waarskynlik verkeerd geïnterpreteer toe Afrikaanssprekende inwoners van “ʼn dameskoshuis” tydens verwelkomingsweek aangesê is om slegs Engels met mekaar en besoekende ouers te praat.

Selfs al was almal teenwoordig Afrikaans.

Die US sê nou hy het ná ’n voorlopige ondersoek bevind dat studenteleiers die taalbeleid toegepas het op ʼn manier “wat nie strook met die doelstellings van die beleid en waardes van die universiteit nie”.

“Dit is nie die beleid van die universiteit dat slegs Engels in koshuise gebruik word, of dat studente nie Afrikaans mag praat nie,” sê Martin Viljoen, US-woordvoerder.

Die US het vandeesweek ’n ondersoek van stapel gestuur ná berigte dat inwoners van Irene en Minerva tydens verwelkomingsweek aangesê is om slegs Engels te praat.

Viljoen sê nou dit lyk of die situasie tot slegs een koshuis beperk was.

“Die US sal vandeesweek deur middel van die afdeling Studentesake voortgaan om met studenteleiers in alle koshuise oor die aangeleentheid in gesprek te tree terwyl ʼn bemiddelingsproses in die betrokke koshuis aan die gang is om uit te kom by ʼn gedeelde begrip van die taalbeleid. Ons sal gesprekke oor die implementering van die beleid en die waarde van meertaligheid voortsit, asook bewusmaking oor bestaande terugvoermeganismes wat betref die implementering van die taalbeleid.”

Viljoen het weer eens daarop gewys dat die universiteit se studenteleiers, ook diegene in koshuise, geloof moet word vir hul veerkragtigheid in die hantering van die uitdaging om gemeenskaplike leefruimtes in geleenthede vir groei en ’n viering van diversiteit te omskep.

“Ons studente het nie net verskillende taalvoorkeure nie, maar is ook van verskillende lande afkomstig. Hulle kan nie elkeen se taal vlot praat nie, maar almal kan ten minste Engels verstaan.

“Daarom gebruik studenteleiers in koshuise tydens die verwelkomingsperiode meestal Engels in formele byeenkomste om ’n atmosfeer van inklusiwiteit te skep, en sodat almal kan verstaan.”

Dít sê Viljoen, is in ooreenstemming met die US se taalbeleid wat lui dat taal in koshuise en ander leefomgewings op so ʼn wyse gebruik word dat, waar dit redelikerwys uitvoerbaar is, geen belanghebbende uitgesluit word van deelname aan enige formele aktiwiteite in hierdie omgewings nie. “As studente enige ander taal binne of buite hul kamers wil praat tydens informele aktiwiteite sonder om iemand uit te sluit, bevorder dit veeltaligheid – iets waarna die taalbeleid streef.”

Volgens die US kan dit egter nié geïnterpreteer word as menende dat geen ander taal as Engels welkom is nie, of nie gebruik behoort te word nie.

Die situasie het verskeie opposisiepartye ontstoke. “Wat hier gebeur, is nie net vertrapping van taalregte nie, maar die miskenning van Afrikaanse studente se menseregte en daarom ook ʼn miskenning van die land se Grondwet,” sê Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Dié party meen die miskenning van Afrikaans het al die norm in hoër onderwys geraak. “Klaarblyklik nou ook so op Stellenbosch wat veronderstel is om die een kampus te wees wat nog vir Afrikaans ruimte maak.”

Maroela Media het vroeër berig die DA gaan Stellenbosch vandeesweek besoek en poog om klagtes te konsolideer ten einde ʼn saak by die Menseregtekommissie (MRK) aanhangig te maak.

Die VF Plus sê hy sal enige poging steun “om die verdere miskenning van Afrikaans by universiteite stop te sit”.

Die party sal ook die MRK se optrede in dié verband fyn dophou “aangesien die organisasie herhaaldelik deur sy optrede gewys het dat sommige ondersoeke met meer ywer as ander aangepak word,” sê Groenewald.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Genis ·

Ek glo dit, hulle sal Afrikaans wil vernietig…. Skandelik, dis jou moedertaal.. Snaaks dat die “our people” in jou taal mag vir hulp vra…. Niemand sal my verhoed om Afrikaans te praat nie… Hulle intimideer die kinders…

Fedup ·

This story changed extremely fast.
What exactly is the problem with afrikaners speaking afrikaans?
The English speaking english and those other tongues i don’t understand.
Leave people be. Languages cannot be changed. We were born like this.
Please grow up and get a hobby.

Keith ·

I’m english, my Ouma (my Dad’s mom) was Afrikaans, and i must have inherited a lot of her genes because I prefer Afrikaners and love their language (which i can speak) but when it comes to “the english” i have very little time for them. Strange but true.

Fedup ·

Well keith. We are brittish decendants. Shame sounds dramatic. My husband is afrikaans though. Doesn’t bother us in the least. I do try my best to learn the language. Swearing seems easier. I do respect everyones language, i expect the same courtesy.

Heinrich ·

Martin Voljoen, wees nou maar eerlik: die US het Afrikaans uitverkoop aan ‘n populêre denkrigting van die tyd, in plaas van ‘n akademiese en feitelike oordeel daaroor kon voorstaan. Julle lê pens-in-die-lug vir die populisme van die dag. Ek ys om te dink watter nonsens daar in die lesinglokale aan die studente voorgehou word.

Boer ·

Vir die wat in Afrikaans wil leer en praat by die Universiteit, ek dink Sol-Tech van Solidarityd is die voorland.

Anton ·

Enige iemand met ‘n Sol-Tech kwalifikasie, sal by my voorkeur kry mbt werksaansoek. Behalwe as ek op soek is na ‘n brandstigter natuurlik :-)

Rooikoos ·

Jy slaan die spyker op die kop. Kom ons verenig in ons taal by n universiteit wat gebou is daarvoor.

Alet ·

Ongelukkig is nie alle studierigting beskikbaar by SolTech nie en ook nie by Akademia nie. Dalk moet ons ons beywer vir Solidariteit se eerste volwaardige Afrikaanse universiteit wat ook loopbaan rigting soos medies, en ander studies insluit.

Elize ·

Wag maar en sien hoe meer en meer Afrikaners hul donasies aan US gaan onttrek en dan sit julle met al die buitelanders en anderstaliges wat almal studeer op staatstoelaes.

Nie Verbaas ·

Verkeerde interpretasie? Ek glo nie. Viljoen, jy is nie nou besig met idiote nie en jou terugspoor poging is lagwekkend.

Hendrik ·

Hoeveel ander beleide, wette en regulasies word ook nie reg geïnterpreteer nie? Dink maar net aan kwotas, AA en BEE.

Anel ·

As jy by enige universiteit in die wêreld wil gaan studeer, moet jy daardie land se taal kan praat. Geen Fransman, Italianer, Rus of wie ookal gaan spesiaal engels met mekaar praat sodat jy, wat alleen tussen hulle is, nie verstaan nie. In hierdie land kan die hele klas of vergadering Afrikaanssprekendes wees. Dan kom EEN engelssprekende in, dan MOET almal engels praat. As die hele klas of vergadering engels is en EEN Afrikaanssprekende kom in, word hy geignoreer en hulle gaan voort in engels. So, vergert daar van. Ek is Afrikaans. As ek nie MET jou praat nie, ssl ek Afrikaans praat. Of ek in ‘n groep is of net met iemand anders praat. Maar julle is so bang ons praat VAN julle en julle verstaan nie. Man, meng jou met jou eie taalgenote en lis obs Afrikaanssprekendes uit. Bou jou eie universiteit dan kan jy die taal voorskryf. Anders bly stil en gaan spring in die dam.

Jaco ·

Ek verstaan heeltemal dié “verkeerde interpretasie” van die US se taalbeleid. Deesdae moet mens met amper alles só versigtig wees. Daar is mos maar 2 stelle reëls vir amper alles in dié anti-wit SA, met die meer drakoniese stel reëls vir ras- en taalgroepe wat in die minderheid is. Ek onthou dat wit mense hier in die eerste maande van inperking nie eens kospakkies mag gekry het nie. Maak maar met alles eers vooraf seker met vrae soos “mag wit mense dit ook doen”, “is wit mense ook welkom” en “is dit vir wit mense ook bedoel”.
Met dié 2 stelle reëls kan die ANC maar net sowel dit alles formeel in wetgewing verander en openlik sê apartheid is terug en dit word gebruik om wit mense vir ou apartheid te straf. Gee ons dan sommer ook ‘n apartheid styl tuisland, dan is ons wat so ongelykheid skep en wat so reaksionêr met ons simpel taal is, mos finaal weg en nie meer ‘n bedreiging nie.

Suzette ·

Ag asseblief – nou skielik verkeerd geïnterpreteer. Ons is nie onnosel nie man!

Jessey ·

Gaaaaaaaaap……..

Waar daar ‘n rokie trek is daar ‘n vuurtjie.

Krabbel maar terug soos julle wil, Afrikaans word ondermyn, en die onderwys institute gaan maar gelate aan en is gelukkig daarmee.

Gaelic in Wallis was ook so onder skoot gewees. Die algemene faktor is maar altyd Engels. Ek is trots op my taal, en hoe meer van die artikels ek lees, hoe meer odersoek ek woorde in Afrikaans en begin ‘n beter Afrikaans te praat waar ek gaan.

As mense op TV onderhoude voer skakel hulle sommer net oor na watter taal hulle ookal verkies. Ek het al gewens die Afrikaanse mense wil net eenvoudig by Afrikaans bly met sulke onderhoude. Ons het ‘n taal om op trots te wees en geen rede om om verskoning te vra vir ons taal nie.

JohanR ·

My gooiste maar hierdie universiteit is darem kinderagtig! Ek is ‘n Afrikaner gebore(1ste taal), my ouers is Afrikaner gebore, oums’s, oupa’s Afrikaners en tot terug by Jan van Riebeeck. Engels is tweede taal. Met die wat nie Afrikaans praat sal ek Engels praat, maar my eerste gedagte is altyd waar ek kan Afrikaans. Nou tyd US om mooi groot te word!

Alta Alleman ·

Afrikaans is die mees gehate taal in Suid Afrika.. glo my.

JohanR ·

Maar tog het Afrikaanse skole tops ge eindig met matriek 2020?

Objektief ·

En die rede darvoor is dat dit hulle die massiewe bydae wat die afrikaners tot die opbou van die land probeer ontken

Objektief ·

Dit klink nes Coke se ontkennings oor hulle rssistiese opleiding. Kyk net op die Amerikaanse kanale

Sylvia ·

Martin Viljoen, US-woordvoerder blyk ‘n goeie volgeling te wees van intimidasie en korrupsie…

Piet ·

As almal daar Afrikaans was is dit absurd, maar as daar mense is wat nie Afrikaans verstaan nie sien ek nie fout met die beleid nie. Solank dit eweredig toe gepas word

Sarel ·

Pak nou die skuld op Studenteleiers….hulle tree op on ooreenstemming met die US.
Verskillende tale ….maar almal het dan Afrikaans gepraat?
Hie nou….MRK ..gaan niks doen nie

4ntj13 ·

“…in gesprek tree”! Vir súlke growwe skending van menseregte behoort die betrokke HK, ten minste gesuspendeer te word vóór ʼn ondersoek. Let byvoorbeeld hoe opgetree is voorheen wanneer ontgroening onvanpas was, of as iemand rassisties was en media het dit aangegryp. Dis erger!

Samuel ·

Die US wat eens trots Afrikaans was, is nou die ANC en die anti-wit groep terwille.

Jacobus ·

Wie glo nog wat die bastion van manteldraaiers probeer doen? Om mense te probeer verengels omdat hulle poppemeesters dit wil hê, wys ‘n tipe ruggraatlose “virtue signalling” wat wêreldwyd posvat! Ag shame.

Cecilia ·

D studenteleier was seker nie op skool nie of was in n krot buurt skool waar hul net Engels en hul eie moedeŕtaal onderrig ontvang het. Dis d studente leier se voorouers se skuld want hul het skole mos afgebrand en geplunder in d 70s en 80s en daarop asngedring om nie Afrikasns as n vak te he nie. Nou sit hul met hul vinger in hul neus afgebreek. Want hul kan nie eers behoorlik engels verstasn of praat nie. Dis hkm jalowrs is op d Afrikaans sprekende kindes wat ten minste 2 tale ten volle magtig is

Pietertjie ·

In mý dae was daar nie studenteleiers nie. Ons het studeer vir ‘n beter toekoms. Vir onsself en ons naastes. Nou word dit verwoes deur afbrekers, onder die dekmantel van “leiers”.

Sias ·

Hoe meet mense Afrikaans probeer dooddruk hoe meet growing dit in elk geval

Dup ·

Verskonings….vure doodslaan en wolhaarstories.
Die feite is dat Afrikaans heeltemal onderdruk word en nêrens meer welkom is nie.
Diegene wie teen die taal is kan nie die sukses wat aan die taal en sy mense gekoppel word,hanteer nie.
Verander sommer die US se naam na Hoofman Kokosan of iets soortgelyks.

Sonia ·

wat is die ras van die betrokke studente leier? en ek stem saam: daar is darem vinnig omgeswaai

Jakes ·

Waarom word die name van die persone wat hierdie belaglike en rassistiese besluit geneem het, se name nie bekend gemaak nie?

Johan ·

Help my met die datum asb. is dit die 1ste April of die 9de Maart?

KB ·

Die US stel diep teleur met hulle flou verskonings, wat net nie ophou nie. Inteendeel dit word daagliks erger.

Kompas ·

. Alle tradisies wat deur Afrikaanssprekendes in koshuise tot stand gebring is, word ook nou afgeskaf of vernietig. So is Afrikaans besig om stadige dood te sterf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.