Taalbeleid vir universiteite vanjaar voltooi

Naledi Pandor, minister van hoër onderwys. (Foto: ANA)

Die nasionale taalbeleid vir hoër onderwys is nog nie klaar nie, maar behoort teen die einde van die jaar voltooi te wees, aldus die minister van hoër onderwys en opleiding, Naledi Pandor.

Sy het geantwoord op ʼn skriftelike vraag deur adv. Anton Alberts, VF Plus-LP.

Volgens Pandor is ʼn nuwe konseptaalbeleid opgestel en word ʼn sosio-ekonomiese impakstudie, soos deur regulasies vereis, tans uitgevoer. Daarna sal die beleid verwys word na die Raad op Hoër Onderwys (waar universiteite verteenwoordig word), soos deur wetgewing vereis.

Daardie proses behoort teen Augustus voltooi te wees, wat verdere amendemente mag beteken. Die beleid kan reeds aanstaande jaar in werking gestel word.

Rakende die insette wat reeds oor die onderwerp ontvang is, het Pandor gesê verskeie daarvan het klem gelê op gelykheid en die historiese marginalisering van swart Afrikatale.

In sy inset het die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns klem gelê op die noodsaaklikheid om terminologie in Afrikatale te ontwikkel.

Geen inset is volgens Pandor van die Afrikaanse Taalraad ontvang nie.

In hul inset het die burgerregtegroep AfriForum die eksplisiete erkenning van Afrikaans as Afrikataal verwelkom.

Pandor het gesê die kwessie word tans in samewerking met universiteite gefinaliseer en die finale dokument sal in die Staatskoerant gepubliseer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Andreas ·

Hallo Afrikaanse Taalraad, ek neem aan julle werk agter die skerms? Terloops, is julle nog daar?

willem Botha ·

Ons moet aanvaar die taal van onderrig in staatsbeheerde instansies nooit afrikaans weer gaan wees nie ,maak dit saak? Nee ek dink ons moet aanbeweeg en ons eie instansies soos Akademie en Soltek finansieel ondersteun sodat dit kan groei en uitbrei vir almal wat in afrikaans wil studeer in n gedisiplineerde,christelike waardes omgewing.

leser ·

My klippie-
ek vertrou Pandor gladnie, sy was ook op die Gupta troue in Sun City.
Lewensgroot daar gesit . Rapport het die foto geplaas.

John ·

Miskien weet die meerkaaie in die Noord-Kaap meer oor die uitloop of die afloop van die hoogs akademiese troebelwatertjies na die Oranje by Kakemas… maar moet nog nie die soetetjie klink nie… die antie is ‘n erge bittermondjie in die parlement oor Afrikaners en hul eie sake… Dit gaan jaaaaaaare vat om Afrikatale tot op ‘n tegniese woordeboeksvlak te laat vorder en dan sal wit mense moet help… die stink vlieè in die glas.

Johanna Botha ·

En so is AFR in die asbik gegooi …n volwaardige wetenskaplike taal …down the drain ….WIGTE EN TEENWIGTE ….NOU !

sinies ·

Hoekom ontwikkel die swartes nie hul eie wetenskaplike terminologie nie? Wie en wat stop hul? Die Afrikaner het Afrikaans al ‘n honderd jaar gelede al tot wetenskapstaal ontwikkel. Nieteenstaande Milner & Kie.

Gert van Wierdapark ·

So daar het ons dit nou – – -later vanjaar word die Pandor(as) Box oopgemaak! He-he-he!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.