Taalbeleid: ‘Ystervuis tref Afrikaans’

Graffiti op 'n muur by die Universiteit van Pretoria tydens betogings oor die taalbeleid by dié universiteit in Februarie 2016 Foto: Verskaf

Graffiti op ‘n muur by die Universiteit van Pretoria tydens betogings oor die taalbeleid by dié universiteit in Februarie 2016 Foto: Verskaf

Die Universiteit van Pretoria (UP) en die Universiteit van Stellenbosch (US) se besluite vandeesweek insake hul taalbeleid tref Afrikaans met ʼn ystervuis en lui eintlik op korter termyn die doodsklok vir Afrikaans as taal van onderrig en navorsing by dié instellings.

Dit is die mening van die Afrikaanse Alumnivereniging (AAV) wat sowat 2 000 Afrikaanse alumni in die land verteenwoordig.

“In albei gevalle, by UP en by US, word paaiende gerusstellings gebruik, maar dis vryblywend en niksseggend en  bied geen waarborg vir ʼn vaste plek vir Afrikaans by die universiteite nie,” het prof. Jacques van der Elst, die AAV se woordvoerder, gesê.

“By alle sogenaamde akademiese argumente rondom die voorkeur vir Engels as universele/ internasionale taal wat almal akademies sou verenig, is vrees vir politieke inmenging en afdreiging deur politieke faksies onder meer verdere dryfvere vir negatiewe besluitnemings oor Afrikaans. Argumente vir moedertaalonderrig, die voortbestaan van Afrikaanse skole en ʼn pleidooi vir meertaligheid is nie ter sprake nie.”

Hy het gesê die EFF-leier op die UP-kampus is volgens mediaberigte matig tevrede met die besluitneming by UP, maar dit is duidelik dat ʼn minderheidsgroep soos die EFF met niks minder as die totale uitroeiing van Afrikaans tevrede sal wees nie: in die lesinglokaal, die raadsale en die koshuise. “Hulle sal nie huiwer om akademiese programme te ontwrig en om selfs spore van Afrikaans op gewelddadige wyse, ten koste van die nasionale belang wat Afrikaans ook vir Suid-Afrika inhou, uit te wis nie.”

Volgens Van der Elst word Afrikaanse hoër onderwys onder dié omstandighede teruggeplaas in die skoot van die Afrikaanse gemeenskap. “Sonder om die kern van Afrikaans wat nog by sekere universiteite bestaan, te verwaarloos, is dit nodig dat private inisiatiewe soos Akademia van die Solidariteit Beweging vinnig verder ontwikkel word en dat Afrikaanse kapitaal na instellings soos Akademia herkanaliseer word. Die Afrikaanse gemeenskap moet kleiner verskille opsy skuif en gesamentlik verseker dat Afrikaans sy regmatige plek in die hoër onderwys behou,” het Van der Elst bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Cobus ·

Die meelopers het nou geslaag in hulle doel. Die wat bereid is om op te staan wat vir hulle kosbaar is moet dit nou doen dmv Solidariteit. Die sogenaamde afrikaners moet geheel verwerp word uit die samelewing van afrikaans wees. Ek is geweldig teleergesteld in die sogenaamde afrikaans sprekendes van Pretoria en Stellenbosch

Johann Marx ·

As my taal nie goed genoeg is vir jou universiteit of skool nie, is my geld ook nie goed genoeg nie. Dis hoog tyd dat daardie AAV hulle geld begin belê waar daar Afrikaans dan nog gebruik word as taal van onderrig en navorsing…..EN RESULTATE TOON!!

Poplap ·

Ek huil vir my taal, vir my kultur. Moet ek jou dan nou opoffer om in vrede te kan lewe. Jy my mooiste mooiste taal, jy wat nooit niks aan niemand gedoen het nie, jy wat maar per ongeluk die taal van die Botha’s en Verwoerds die Broederbonders was. Ek lief jou my mooie taal maar as ek jou moet groet, jou halfveer of jou moet laat ineenkrimp soos ‘n mishandelde kindjie om in vrede te leef in hierdie land, om vir my kinders ‘n plekkie te skrop al is dit dan ook in Engels dan sal ek sit doen met ‘n swaar hart. Moet my nie veroordeel nie asseblief

JC ·

Huh,kan iemand vir my verduidelik wat die vrou nou eintlik probeer se? Afrikaans los om op haar eie voort te veg, NOOIT!EK SAL STERF VIR MY TAAL dit definieer my as mens en is die som van al my parte,sonder afrikaans is ek NIKS!

Pieter ·

As jy vir Malema in sy ronde boepens sou skiet, skiet jy die US en UP se groot kokkedore senter tussen die oë.

Mel ·

Hoekom moet afrikaans val? Ek weier om my taal op te gee, ons afrikaners kan weier om engels of watter taal ookal te praat, niemand sal vir my sê ek SAL ni, ni omrede ek snaaks is ni maar dis ons moedertaal. Pleks hul liewers maar terug gaan na di ou dae en skool gaan soos ons dit geken het, elke taal in afsonderlike skole

Apie ·

Mel, ek stem n 1000% saam met jou. Nie boeppens malema, die anc of enige iemand anders sal my forseer on my taal op te gee nie. Ek wil nie hulle tale praat nie, hulle hoef nie myne te praat nie. EK PRAAT MET TROTS AFRIKAANS en sal baklei vir my taal.

Koos ·

Dit is met smart om te dink sonder afrikaans sou geen van daai universiteite bestaan het nie. Of sonder die afrikaner se geld en mentaliteit nie. En om dit so bietjie verder te vat, niks wat enege van hulle besit of gebruik van het, insluitend ekonomie en invrastriktuur sou nie bestaan het nie sonder die trotse woord en taal afrikaans nie. Dit is n oer oue manier van die Afrika bevolking wat in alle afrika lande toegepas was en word oor die laaste 50 jaar, sodra die een wat n ekonomie en invrastruktuur gebou het daarin geslaag het moet hy onmidelik uitgewis word. Sodat die een wat niks het om by te voeg in die samelewing dit kan geniet en verwoes. Zimbabwe kon Zuid Afrika toe hardloop toe hulle vrek van die honger. Waarheen gaan hulle hardloop???

Charles Skeen ·

Geen Afrikaans in skole of Universiteite, dan betaal ek ook geen geld aan belasting! kort en klaar!

Pietskiet ·

Ek lees die artiekel met n baie swaar gemoed die ANC het ons van alles beroof ons geloof ons land ons taal en die grootste kom na die een ons mens wees die EFF het belowe hulle sal nie rus voordat alle grond aan hulle behoort nie ons as afrikaners het nog nooit rug graad gehad om saam te staan nie van vroeg in die 1900 was dit n volk wat altyd terug gestaan het met baie ver raaiers soos nog steeds

Charl ·

Die Afrikaner het dit vantevore reggekry om eie instellings, eie taal en volksverwante instellings te stig en suksesvol te onderhou. Kan dit weer regkry as almal nie net oorgee en oorstap Engels toe nie

Johann ·

Die instellings bestaan alreeds. As ek dit nie mis het nie, is dit alreeds deur Afriforum begin

John ·

Talle lektore het in die verlede gekla oor tweedetaal-sprekers wat in hul take en verhandelinge aan universiteit skaamteloos plagiaat pleeg en dele van die teks uit vakliteratuur steel en maak asof dit hulle eie werk is. Afrikaansprekende lektore het aanvanklik begrip gehad vir studente wat nie Engels as moedertaal het nie, en het dikwels die spelfoute ooorgesien. Die studente wat in Engels wil studeer gaan mettertyd hul moses teekom, want Engelssprende lektore gaan van studente wat die oorbruggingsklasse bygewoon het, beter taalbeheer verwag. Ek sal ‘n wettenskap aangaan dat klagtes oor die taal van onderrig nie oor is nie. Binne die afsienbare tyd sal swart studente begin eis dat hul onderskeie moedertale by universiteite ingevoer word en dat lektore in hierdie tale aangestel word.

ada ·

Asb Ons gaan seevier . Nie nou nie maar later.Die universiteite het sopas hulle eie graf gegraaf. Julle sal nog sien. Hou moed want dit gaan gebeur. Dis presies wat Siener geskryf het. Doen die moeite en lees oor wat hy geskryf het en julle sal.tot rus kom.

Duncan ·

Almal gaan so aan oor “Siener” ,wel hy is dood, ek wonder as mense so Aangaan oor God soos oor n dooie mens en ń taal hoe ons wêreld kon wees.

JC ·

Ada. Die wat aan sienner glo gaan lank wag vir dit wat hy geglo het. Vat jou Bybel,en glo dan.

M ·

As die regerende party se prioriteite reg was en hul nie so afgebreek en hul self verryk het nie….kon hul al lankal dinge in plek gehad het…..hul eie universiteite,lektore,handboeke in hul tale….maar nee hul ken nie v opbou net afbreek….korrupsie …en as gevolg daarvan sit so baie v hul volgelinge nog in shacks instede v rdp huise…..en rasisme is mos net wit teen swart …en wat doen die DA vir sy wit volgelinge heeltemal NIKS ook net n anc en eff met n masker… AFRIKAANS SPREKENDE AFRIKANERS ……laat ons saam staan en alles in die stryd werp om ons mooi taal te behou

Wonder maar net ·

Wat baie interressant is,is dat die regering baie ryk geword het uit die Afrikaanse volj wat net betaal. Dis jammer dat ons Afrikaans sprekendes soos varke behandel word. In hospitale laat hulle jou voel soos n indringer en stuk gemors. By winkelsentrums loop hulle jou uit die aarde uit. By dr,s is ons niks as ons nie n dogter het wat hulle kan “date” nie. Ons regering is siek en walglik. Hoe kan hulle ons so verdruk as ons hul so volstop met geld?

AFRIKAANS ·

Swart,wit ons behoort almal in SA. So ook ons taal. Wonder wat en hoe doen die Indiers dit deur hul kinders skool te laat gaan en nog steeds hul taal en Engels praar? Ons moet dalk by hulle gaan wys word. Al wat my troos is dat ons ons eie SA universiteite sal he. Ons moet nog net dink daaraan vir skole. Dalk,wie weet,is ons net weer wit in die skole. Sonder regering se engels. Haha

Flippie ·

Afrikaans het ook ‘n ystervuis dis tyd dat die roes afgeborsel word

Afrikaans ·

Terwyl jy wonder Duncan.AFRIKAANS het nie geboue nodig om te GROEI of bestaan..DIS LIG EN MENSE MET PASSIE plaas AFRIKAANS OP DIE TAFEL NIE ONDER, dis LIEFDE.

Johann ·

JY kan my doodmaak maar my taal Sal jy nooit nooit nooit kan doodmaak nie.

snoefie ·

ek se ook as my Afr taal nie goed genoeg is nie, dan is my geld verseker ook nie. nes met radio jakaranda se sisters with blisters. toe hulle bemarking van die geleentheid Eng geword het, het ek my inskrywing onttrek en my radio was in die vier jaar nooit weer op jakaranda in gestel nie. ek het reeds van my TV ontslae geraak en wilnou my TV lisensiegeld pro rata terug eis van die sabc. van die os op die jas….was die gek wat op daardie muur die slagspreuk geverf het van vandalisme aangekla en gedwing om die muur skoon te skrop?

Andreas Meyer ·

Die prys van “om nie ‘n Volksstaat te he nie”.

Lance ·

So wat kry mens nou vir jou belasting in SA …net mooi niks !!!! Hoor net hoe sleg en rasisties n mens is

johann brits ·

Onthou ons belofte van lank gelede: Ons sal antwoord op jou roepstem,ons sal antwoord wat jy vra,ons sal lewe……

Sputnik ·

………ons sal woordeboeke gebruik ( om ons spelling te verbeter!)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.