Taaldebat: ‘Gemoedere moet bedaar’

Stellenbosch-University

Universiteit Stellenbosch Foto: Cair.za.net

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het bedenkings oor die implikasies van die voorgestelde Wysigingswet op Hoër Onderwys wat onder meer inhou dat universiteite se vryheid om hulle eie taalbeleid te bepaal, ingeperk kan word.

“Dit maak inbreuk op die outonomie van tersiêre instellings in Suid-Afrika,” het dr. Dionē Prinsloo, hoof uitvoerende beampte van die Akademie, in ʼn verklaring gesê. “Die departement se deskundigheid en bevoegdheid om te bepaal wat die spesifieke taalomstandighede van ‘n instelling is, word deur die Akademie in twyfel getrek en die gevaar bestaan dat magspolitieke oorwegings by die bepaling van taal-beleide ‘n rol sal speel.”

Prinsloo het gesê die afgelope week se konvokasievergadering van die Universiteit van Stellenbosch (US) het opnuut bewys dat instellings op hul eie tot redelike insigte kan kom en nie die wetgewing nodig het nie. “Bedaring van gemoedere is noodsaaklik. Die rektor, prof. Wim de Villiers, se opmerking by die byeenkoms dat daar steeds ‘n behoefte en vraag na Afrikaans by US is en dat ‘ons aanbod daarin voortduur’, is eweneens ‘n stem van redelikheid. Hy het bygevoeg, ‘deur Engels as onderrigtaal te gebruik, sorg ons dat ons toeganklik is vir meer mense’.”

Volgens Prinsloo is die uittredende voorsitter van die konvokasie, prof. Christo Viljoen, se beroep op die skepping van ‘n paneel van deskundiges en ‘n “Kodesa-tipe beraad” oor die taalkwessie by US, eweneens ‘n gebaar van redelikheid en maak die afdwinging van ‘n taalbeleid deur voorgestelde wetgewing ‘n onnodigheid. “Prof. Viljoen konstateer trouens dat ‘alle redelike partye, van die Minister tot die universiteitsraad, tot die universiteitsbestuur die beginsel van Afrikaans en Engels as onderrig- en kommunikasietale met gelyke status ondersteun…’. Hy bepleit origens die deelname van ‘redelike belanghebbendes’ met uitsluiting van ‘ekstremistiese stemme aan beide kante’.”

Die SA Akademie pleit vir onafhanklike instellings van gehalte waar hoëgehaltenavorsing onderneem word in belang van Suid-Afrika. “Die huidige onrusklimaat by universiteite dra daartoe by dat die land se nasionale aansien in die wêreld ernstig geskaad word. Outoritêre inmenging van die regering in universiteite se taalbedeling is ongevraag. Hier word Breyten Breytenbach se pleidooi ondersteun vir ‘n klimaat waarin Afrikaans ‘n essensiële bydrae kan lewer tot die land se ontwikkeling,” het Prinsloo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

DPJ ·

Daar moet net onthou word dat in ‘n koministiese/sosiale bestel kom alle besluite van bo en gewone burgers het nie ‘n sê in besluite nie.
Meen maar verlief met besluite.

daniel ·

Hkm kom die nuus dubbel by aan. 2 keer dieselfde nuusberigte.

Sune van Heerden ·

Dagsê Daniel

Is dit ‘n probleem op jou app? Ons is nie seker of dit moontlik ‘n tegniese probleem is nie. Sal jy asseblief die app uitvee en weer installeer?
Kontak ons asseblief by [email protected] indien die probleem voortduur.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Michael ·

Die regerende party het vergeet dat die Sharpeville onluste het begin oor die kinders gedwing was om in ‘n ander taal onderrig te ontvang nou forseer hulle dit af op Afrikaanse instellings af in pleks daarvan om nuwe instellings te bou vir die groeiende bevolking en demokrasie tot sy reg te bring

jaco ·

Afrikaanssprekendes moet bly wees n verstaanbare wit Europese taal word op hulle afgedwing. Wees bly dis nie Zulu of Tswana nie. Ek het albei probeer aanleer en dis bitterlik moeilik

Flintstone ·

Jaco,jy laat dit klink asof ons bedelaars in ons eie land is.Ons moet “pleit”vir ‘n stukkie reg tot taal wat loutere twak is.Hierdie land se infrastruktuur bestaan agv.die inisiatief van westerlinge,en nie ten spyte daarvan nie.Die kundige oordra van kennis bestaan nerens in Afrika so effektief as aan hierdie Suidpunt nie.Dit is duidelik dat die brandpunt Afrikaans is en nie die reg tot opvoeding in ‘n eie taal nie.Ek is 2 swart tale magtig en kan jou verseker dat effektiewe westerse opvoeding geensins effektief sal wees in enige ander taal behalwe Engels vir die meerderheid nie.Hierdie is die anderkant van die muntstuk.Meeste mediese terme is eenvoudig nognie vasgelê in hul volksmond nie.Dit gesê,daar bestaan geen reg tot die “aanval” van ‘n ander volk se taal ten einde jou eie tekorte te verdoesel nie.Hierdie land het my voorvaders se beendere in sy besit.Ek en my gesin is hier gevestig en so sal dit bly tot my beendere eventueel ook met die vrugbare rooigrond van Afrika gemeng word.

Sarie ·

Amen. Dis deel van ons menseregte in hierdie land en my laaste sent sal ook gaan om hierdie onreg te probeer keer. Breytenbach het dit so mooi gestel toe hy gesê het die skynheiliges op Stellenbosch probeer swartvoetjie soek. Die kwessie oor Afrikaans en die opstande in 1976 is ook nog nie deeglik nagevors nie. ‘ n Swart man het dit eenkeer aan my verduidelik dat dit reg was om kinders in Afrikaans en Engels te onderrig, want dit was op daardie tydstip die twee amptelike landstale van die land. Onder Verwoerd is moedertaalonderrig in Afrikatale aangemoedig, maar die ANC moes Engels gebruik om die swart mense te laat saam staan teen die vorige regering so hulle en hulle oorsese maatjies het dit ontmoedig en die mense ook van hul taal en kultuur trots ontneem.

Jaco ·

Almal wat Afrikaans praat kan kla tot hulle blou in die gesig is. Maar dit gaan niks help nie. Wit Afrikaanssprekendes sal aanhou uitgekryt word as skeppers van apartheid en wit rassiste en Afrikaanssprekende Kleurlinge sal aanhou beskou word as sell outs aan en lakeie van die DA. Ek se nie dit is so nie, maar dis wat die ANC-owerhede aanhoudend en tot vervelens toe sal sê en dink. Hoe gouer ons berus hoe beter.

Oom Boer ·

@Jaco, dit is jammer dat jy so voel oor jou eie herkoms en taal ten gunste van ‘n inheemse taal.
Ons het nie nodig om te aanvaar en te berus nie, maar kan veg om behoud deur die nodige kundiges wat ons geskiedenis tot volle reg mag bring. My moedertaal is Afrikaans en al wat ons vra is erken en respekteer dit soos ons elke ander volke, kulture en tale respekteer en gun elkeen sy menslike/menswaardige reg en nie vertrapping nie. Asb beskou my plasing net as ‘n stelling en nie om aanvallend te wees nie, want ek is ‘n produk van die veertiger jare en kan sekerlik nie meer in die jonger kringe om debatte meeding nie, maar lewer net ook my verouderde twee (02) sent. Wens die nuwe generasies alle sterkte toe vir die toekoms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.