Taalmonument se naam glo in Mthethwa se visier

Die Afrikaanse Taalmonument. (Foto: Verskaf)

Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, het glo sy oog op ʼn meer “inklusiewe naam” vir die Afrikaanse Taalmonument en -museum (ATM) in die Paarl in die Wes-Kaap.

Die DA het Woensdag in ʼn verklaring gesê dat ʼn poging om dié monument se naam te verander net nog ʼn aanslag van die ANC op Afrikaans en die plek van Afrikaanssprekendes in die land is.

Die party se reaksie volg op ʼn meningstuk deur Heindrich Wyngaard op Netwerk24 dat Mthethwa sy nuwe idee by ’n vergadering met nagenoeg 30 openbare entiteite wat onder hom val, onthul het.

Die minister het by dié vergadering glo onomwonde gesê dat die ATM sy naam moet verander en dat dit “ononderhandelbaar” is. Die naam moet glo verander omdat dit ander taalsprekers uitsluit.

Dr. Leon Schreiber, DA-parlementslid, sê volgens inligting tot die party se beskikking is Mthethwa glo reeds besig met ʼn proses om die “Afrikaans” uit die naam te probeer verwyder.

“As die ANC enigiets geweet het oor Afrikaans en die Taalmonument, sou hulle verstaan het dat dit juis ’n simboliese viering is van die uiteenlopende invloede uit Afrika en dwarsoor die wêreld wat gelei het tot die vorming van hierdie unieke taal.”

Wyngaard, wat onlangs as uitvoerende voorsitter van die Kaapse Forum aangestel is, het Woensdag aan Maroela Media gesê dié liggaam is “stomgeslaan” dat Mthethwa dit enigsins nodig ag om die ATM se naam te verander.

“Dit is ʼn monument en museum wat gestig en gebou is om die Afrikaanse taal te vier, en nou moet dit verander word om ander taalsprekers te akkommodeer.

“Indien daar wel ʼn naamsverandering oorweeg en ʼn proses gevolg word, moet dit steeds ʼn naam wees wat die ryke geskiedenis en diverse karakter van die Afrikaanse taal weerspieël,” het Wyngaard gesê.

Die DA sê voorts dat die ANC se “jongste haatlike aanval op Afrikaans” ʼn aanslag op taaldiversiteit in die algemeen is, maar spesifiek op “Afrikaanssprekendes se plek in Suid-Afrika”.

“Die implikasie is dat, onder die ANC, daar géén ruimte mag bestaan vir ons uiteenlopende taal- en kultuurgemeenskappe om hul erfenis te vier nie. Die ANC sal duidelik nie rus totdat diversiteit op alle gebiede van die samelewing vervang is met ANC-beheerde sentralisering nie.”

“Die DA het reeds ’n parlementêre vraag aan Mthethwa gestuur om vas te stel waar hy dink hy die wetlike magte kry om eensydig die naam van die Taalmonument te verander.”

Die party sê hy sal binnekort verdere stappe in dié verband aankondig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Misky ·

Wat verstaan die vent nie? Dis ‘n Afrikaanse taal monument, opgerig vir Afrikaans deur Afrikaners!!!! Niks wat hy sê of doen, kan of sal dit ooit verander nie. Bou jou eie monument vir jou taal. Jy het mos nou ‘n paal en klomp lelike standbeelde, los ons erfenis uit.

JohanR ·

Sy paal en vlag gaan R22 miljoen kos. Miskien moet ons ophou praat van sy paal!

Jan ·

Hy verstaan juis. Dit is omdat hy dit wil doen. Wil alles vernietig wat Afrikaans is.

Johann101 ·

Mense moet hulself regmaak & staal teen meer aanvalle v.d regering teen alles in ons samelewing…

Pietertjie ·

Jy bedoel die blanke samelewing. Deur alles aan te val en uit te wis wat blank of Afrikaans is, ontbloot hulle met hulle eie minderwaardigheid.

Reynier ·

Hulle wil Afrikaners verstoot maar tog is ons belasting goed genoeg, tog is ons kennis goed genoeg. Al hierdie dinge laat my wonder of die Siener stories nie waar is nie. Hulle is besig om ons teen ‘n muur vas te druk.

Pieter ·

Dis reg,maar gelukig weet ons almal hoe die storie ook eindig

wendy ·

Die anc buddy wil nou net spitefull wees rerig is maar weereens n mags styl los hom kom ons kyk tot hoe ver hy gaan kom
En vir watter rede hy ken nie die geskiedenis van die taal monument nie

Miena ·

Nee sy generasie het mos nie op skool geleer dieselfde sillabus as wat ons generasie op skool geleer het nie… o ja jammer ek vergeet – daar was seker nie skool nie omdat dit ver was om te loop, daar was nie geld vir skool nie, daar was nie skafting om skool toe te vat nie, daar was nie skooluniform nie, daar was net verdomp niks nie! Dit is hoekom die meerderheid van hulle nie weet wat die storie is agter die storie van die taal monument nie. Ai arme ou Jan van Riebeeck gaan seker erens ook heirvoor moet boet!!! Jammer ou Jan.

Jsgroen ·

Arme Jan. Was omtrent 10 jaar in die Kaap en word vir alles blameer. Die ware geskiedenis wys Jan wou maar net die halfweg stasie vir skepe in die Kaap hanteer en wou niks met die uitbreiding van die land te doen hê. Dis die wat hy padgegee het toe daar besluit was om uit te brei.

Marius ·

Dit is ‘n naam wat gegee is deur die Afrikaans sprekende volk en die monument is opgerig vir die Afrikaans sprekende volk. Geen huidige landstaal kan by die monument ingesluit word nie omdat geen ander huidige landstaal enige bydrae gelewer het tot die totstandkoming van afrikaans nie. Miskien as die siel meer aandagtig geluister het in die skool sou hy dit ook geweet het. Wys nou net, “as iets diets geword het”.

Elméne ·

100000% met jou. Die arme pateet wys net weereens vir die hele land hoe onnosel hy is!!!

Vonkprop ·

En weereens is ons as Afrikaners te slap om op te staan en te baklei vir wat reg is. Ons verwag iemand anders sal die probleem oplos. Dit is tyd dat ons begin saamstaan. Geen politieke party gaan dit vir ons doen nie. Hulle kom met hierdie bog idees want hulle weet hulle kom daarmee weg omdat ons dit net aanvaar.

Nicky ·

Die voortrekker monument gaan ook nog in hul versier kom, so wil hulle afrikaans uitroei

Delia ·

Minister…Los die ATM uit. Onderhou jy dit dalk en indien so, wys ons die bydrae wat jou Dept gee tot instandhouding. En was jy al ooit daar om dut te ondersteun.
Bou jou eie monument vir die viering van al die ander tale….O nee wag, die Vlag kom op vir nasiebou. Die punt is net dat jou nasiebou die Afrikaans sprekende Afrikaner uitsluit.

Riaan ·

‘n Basiese doelwit van ‘n kommunistiese bewind: Om die tyken groep genoegsaam te demoraliseer, sodat die mag kan sentraliseer. Solank die tyken groep gemaak kan word om gedurig op hulle tone te kyk en skaam te wees oor “iets”, kan hulle nooit groepeer om hulle “eie” te beskerm nie. – Yuri Bezmenov . Waarom? Sodat nie haan kraai oor hulle magsvergryppe en plundering van staathulpbronne nie. Net nog een van die weerligafleiers vir ‘n valende sosialistiese staat. Selfs die mees liberale is nou al so vêr regs op die “Overton Window” dat hulle allehande snaakse goed moet uitdink. Dankie tog!

KatjieDeKat ·

Ag my liewe ouers..nee kyk..As daar n monument vir die Zoeloe of Xhosa tale opgerig word, is dit mos vir Daardie tale en geen ander nie. Geen ander taal sprekers hoef ingesluit te word nie. Dieselfde met hierdie. Dis vir die taal AFRIKAANS. Bou jul monumente vir ander tale as julle wil,niemand gaan julle stop of ons neuse daar gaan indruk nie. Nee ai tog ek weet nie meer nie..belaglik verby!

Renier johannes ·

Tyd het gekom om op te staan teen die klomp nare genoeg is genoeg

Cherokee ·

Renier, die gesprek gaan oor Afrikaans. Dit is minagting vir Afrikaans om spelfoute te maak wanneer jy voorgee die taal te verdedig.

Cherokee ·

Die reaksie op my skrywe wys hoe vals die ‘respek’ vir Afrikaans is.

Lorinda ·

Hulle mors hulle tyd en ons geld…dit sal ALTYD die Taalmonument bly

Oros Soros ·

Wat ‘n skoorsoekende vent. Arrogansie uit die boonste rakke.

Jannie van Niekerk ·

Nati bly maar ‘n regte Dr Jacobsdal. Net vir die wat nie weet nie, In die “slegte ” dae van apartheid was Jacobsdal se motorregistrasie nommer OL. DR is die afkorting vir Doktor. Derhalwe is ou Natie ‘n Doktor Jacosdal.

Frikkels ·

Hoe vêr sal die kaders nog hulle jaloesie voer oor alles wat reg, skoon, netjies en goed is? As hy ñ monument wil hê, kan hy mos vir elke taal een bou. Los ons taalmuseum en alles wat deel is van ons erfenis uit! Jy krap met ñ kort stokkie waar dit erg irriterend is!

Die Skim 007 ·

Ek dink nie dit sit in sy broek om daai plannetjie uit te voer nie. Hy gaan n baie lang paal kry waar geen geologiese studies gedoen is nie. Nathi gaan bou jou eie monumente los ons geskiedenis en erfenis uit…………..

Karpraat ·

En kort voor lank wil hy seker die Voortrekker Monument se naam ook verander!

Cherokee ·

…en moordenaars. Vra die mense wat in ‘Toti’ woon.

Kokerboom ·

Die kader maak my naar! Hy is vermetel verby en hou daarvan om rasse op te vryf. Deur sy toedoen is hele Ooskaap, Mpumalanga en Limpopo se dorpname so verander na vieslike name met geen relevansie…so hy en sy ANC gespuis het provinsies ook gekaap! Soveel so dat mens in die gebiede ry en totaal volksvreemd voel. Die gemors ondermyn die Afrikaner se geskiedenis net waar hy kan met belastingbetalersgeld!!!

Papsak ·

Ek stem oorweeg geen ander. Taal nie daai monument is ons taal afrikaans hoekom pla dit daai gemors nou ons verander nie hulle taal en goed nie en vors ons nie in by hulle nie so staan op vir ons taal monument ek se nee geen ander taal hy moet bly net vir afrikaans asb los ons taal nou uit

Francois ·

Mense wat wil kritiek lewer oor die AFRIKAANSE Taal Monument, moet liewers eers leer spel, en die taal respekteer.

Cherokee ·

So het ek ook reeds in kommentaar gesê, maar omdat ek meer direk geantwoord het, sal dit waarskynlik weggesteek word.

Hector ·

Net nog ‘n klinkklare bewys van’n totale gebrek aan verstand!

Yvonne ·

Het die minister niks beters om te doen met sy tyd nie en die land se geld nie???

Kokerboom ·

Die ENIGSTE oplossing vir SA is dat die regerende ANC gespuis so gou moontlik van ALLE regering/besluitneming gestroop word!Dis tyd dat ALLE Afrikaanssprekendes NOU opstaan!

Jack ·

Oorweeg die platslaan daarvan voor die oorgawe aan n rassistiese regering

Boer ·

As die Afrikaanssprekendes in ons land nie nou ‘n streep trek en sê genoeg is genoeg dan gaan Afrikaans uit sterf. Ons het nou die VF plus, Afrifoforum, Soladeriteit, FAK ens. nodig om dit te beskerm. Ons moet dit stop. Afrikaans is deel van SA.

Johan ·

Hier is my siening oor die sinnelose naams verandering. Eerstens moet ons mede suid afrikaners verstaan dat die geskiedenis van SA nooit uitgewis of verander kan word nie. Waar ons vandag is is deur die geskiedenis gevorm en dit is in elke land so. Indien hy die Afrikaans uit wil neem of verander moet ons dan as Afrikaners begin om hulle beelde en monumente te teiken. Ek sal dan aanvoer dat mandela se standbeeld in Sandton verander word na ……………… ek sal daar stop.

Fran ·

Kom ons probeer weer, MM: Hierdie ‘eerbare’ persoon moet sy vingers uit ons kultuur hou!

Hans ·

Stuur die gekkige vlagman skool toe om begrip te very. Die monument is AFRIKAANS TAAL MONUMENT. Dit het niks met enige ander taal te doene nie. Dit vier die ontstaan en vestiging van AFRIKAAN. DIS AL!

Samuel ·

Die beheerliggaam van die ATM moet nie eers probeer om oor enigiets te onderhandel nie!! Die Taalmonument is uniek in Suid-Afrika en is slegs ‘n viering van ons taal.

Nathi, bou jou eie monument op ‘n paal. Julle ANC kaders maak my siek.

Wanneer gaan hierdie nar nie ook begin karring aan die Voortrekker Monument nie?

Mariette ·

Niemand keer anderstaliges om hulle eie monumente op te rig nie. Die minister krap waar dit nie jeuk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.