Tabakverbod: Groot maatskappye se opebrief aan die president

Argieffoto (Foto: DesignCoon/Pixabay)

Twaalf maatskappye het Sondag in ʼn opebrief aan pres. Cyril Ramaphosa en sy kabinetministers versoek dat die verbod op die verkope van tabakprodukte opgehef moet word.

“Dit is vandag 100 dae. In daardie tyd het 11 miljoen wetsgehoorsame Suid-Afrikaners kriminele geword,” begin die brief.

Die maatskappye, British American Tobacco (BAT), Fresh Stop, Spar, Saai, Limpopo Tobacco Processors, JJ Cale Tobacconist, SA Informal Traders Alliance, SA Tobacco Transformation Alliance, SA Spaza and Tuckshop Association, Black Tobacco Farmers Association, CTP Limited en Twisp, sê gemeenskappe is uit mekaar geruk omdat die verbod duisende families landswyd se lewensbestaan vernietig het.

“Dis nie net oor poste wat verlore gegaan het nie, dit is ook wat daardie poste vir die toekoms van ons land beteken. Die pyn eggo van die tabaklande van Limpopo tot die spazawinkels in Soweto, Umlazi en die Kaapse Vlakte. Trotse fabriekswerkers, vragmotorbestuurders en winkelpersoneel word ontneem van die vermoë om brood op die tafel te sit, skoene aan die voete van hul kinders, handboeke in hul skooltasse en ʼn veilige dak oor hul kop,” lui die brief.

“Met ʼn penstreep het 11 miljoen voorheen wetsgehoorsame rokers skielik misdadigers geword. Kleindiewe wat nou daagliks geharde misdadigers moet teëkom.”

Volgens die maatskappye is die landswye gees van ubuntu gebreek. “In die moeilikste tyd, in hierdie Covid-19-krisis, moet Suid-Afrikaners hoor dat harde werk, en om belasting te betaal, of ʼn bydrae te lewer tot die land, nie lonend is nie. Slegs misdaad is lonend.”

Hulle benadruk dat die nasionale beursie reeds R3,5 miljard verloor het weens aksynsbelasting. “Dit in ʼn tyd wanneer elke laaste sent desperaat benodig word. Geld wat gebruik kon word om ʼn beter land vir almal te bou. Maar nou word die sakke van die miljardêr-kriminele gevul in die onwettige handel. Hul korrupte ondernemings floreer bo hul wildste drome terwyl eerlike, hardwerkende burgers se hoop verwoes word.

“Dit is nou 100 dae, maar Suid-Afrika – die enigste groot land in die wêreld met ʼn verbod op tabakprodukte, kan dit nie bekostig dat dit ʼn enkele dag langer voortduur nie. Ons versoek nederig dat u ʼn einde bring aan hierdie pynlike verbod.”

Met die R3,5 miljard kon die regering:

  • twee nuwe hospitale en 5 000 ventilators verseker
  • 54 nuwe skole bou
  • die salarisse betaal van 25 000 verpleegsters, 5 000 dokters en 20 000 laerskoolonderwysers
  • 8 045 nuwe bekostigbare huise bou
  • 23 miljoen kospakkies vir behoeftiges aanskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jurg ·

Hy gaan dit nie eers lees nie nog minder iets doen daaroor nie

Marita ·

Die ANC en hul trawante / ministers is nie opgewasse teen NDZ …. dis hoe n anti christ regering lyk….. Maar ek weet dat daar IEMAND is wat Sy volgelinge nie in die hande van die Anti Christ sal laat beland nie…..al wat ek kan sê….VREESLIK IS DIT OM TE VAL IN DIE HANDE VAN N LEWENDE GOD !!!!!

Lourens CFG ·

Ek rook lekker (onwettig maar lekker), én my dagga plantjies kom mooi aan.
Ek is amper reg om vir regering te sê “Stick it”.
Nie meer lank nie.

marius ·

Lewer by elke een van die squad se huise ‘ n duitse motor af en binne twee dae verkoop hulle twak op die palement se trappe .

leon ·

Geld en energie mors, maak soos die taxi`s, gaan net voort – hulle kan nie al 11 miljoen rokers toesluit

Johan ·

Leon dit is nie die probleem nie die prys van sigarette tans is. Daar is gewentenlose boewe wat tot R80 n pakkie vra vir die no-name gemors. Rampspoedige voel niks vir die land want van die rokers gebruik kos geld vir die plesiertjie.

Jsgroen ·

Stem saam. Die goed wat verkoop word is lae kwaliteit gemors. Ek soek net weer ‘n ordentlike kwaliteit pyp tabak wat nie na beesmis smaak.

Persheks Adri ·

Die regering is dan verslaaf aan omkopery, korrupsie en hul koppe weg te draai vir moord en dood en die reëls is dubbel sinnig genade man! Wat van mense wat verslaaf is aan drugs, dagga, pille ens? Dagga rook is ook aanvaarbaar vir hulle en NDZ maak geld op swart mark en word steeds nie vervolg nie! Lyk my hul wil hê ons moet die plekke gaan plunder soos our people en maak soos taxi organisasies. Ek’s taamlik gatvol vir die sirkus nou!

ONS HET DIE REG OM TE ROOK GENADE TOG!!!

Jsgroen ·

Het nie ‘n saak met die gemors wat genoem word ‘n sigaret. Dit smaak na niks en stink. Soek net weer ‘n ordentlike pyp tabak wat nie na beesmis smaak.

Pieter ·

Cyril is dood bang vir kop doek hy sal nie n woord rep nie. Ek rook lekker en die ANC kry nie n sent belasting nie.

Renee ·

Dit help nie skryf aan Cyril nie hulle moet aan onse nuwe president DR Zol skryf

Flip ·

Ek het vandag presies een maand terug opgehou met rook, nie omdat ek wou nie, maar ek het besluit ek betaal nie meer vir n karton sigarette as vir n tenk brandstof of vir n week se vleis nie. Dit was moeilik, maar dank die Vader ek het dit reggekry. Nou kry nie kopdoek of die regering meer geld van my af vir daardie belasting nie, NOOIT WEER NIE, want kopdoek het hulle kans verbrou! Sterkte aan al die rokers want ek weet dit is nie maklik nie…..

PieterP ·

Die ANC nes is in op die onwettige sigarett. Common sense is not so common after all…

Prikkie ·

Die skrywers moenie asem ophou vir ‘n verwagte andwoord van die prez nie. Hy is so besig om vure dood te slaan en vas te klou aan sy sitplek dat hy nie tyd kry vir briewe lees en antwoorde terug stuur nie.

Dit is egter ‘n groot tragedie.

Adam Adriaan ·

Net om almal in te lig Die ANC het nog nie toestemming gekry vanaf die Global Elite om die verbod op te hef nie. Die Global Elite het nog nie genoeg geld geskep nie. Sodra hulle genoeg geskep het sal hulle toestemming verleen om die verbod op te hef. “Betroubaar verneem”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.