Tabakverbod ‘wreed’, hoor hof

(Argieffoto: Unsplash)

Dit is wreed om rokers te dwing om eensklaps heeltemal op te hou rook. Daar is boonop geen bewyse dat die rookverbod Suid-Afrikaners laat ophou rook het nie.

So het die Fair Trade Independent Tobacco Association (Fita SA) Woensdag in die hof geargumenteer oor die opheffing van die verbod op die verkoop van tabakprodukte. Dié saak is in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor.

Fita SA het Woensdag gesê dit is ʼn “daad van wreedheid” om rokers te dwing om sonder enige sigarette gedurende die algehele landwye afsondering te moet klaarkom.

Adv. Arnold Subel SC het namens Fita SA aangevoer dat Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, absolute miskenning toon vir die emosionele en fisiologiese druk waaronder rokers verkeer as gevolg van die verbod op tabakprodukte. Dit te midde van ʼn “reeds stresvolle’ situasie weens die Covid-19-pandemie.

Subel het verder gesê dit is onrealisties om te verwag dat Suid-Afrikaners skielik gaan ophou rook as gevolg van die verbod op tabakprodukte.

Volgens Subel hoef die hof nie te probeer uitpluis of daar wetenskaplike getuienis bestaan ​​dat rokers ʼn groter kans het om aan Covid-19 te sterf as ander pasiënte nie, aangesien Dlamini-Zuma nie in haar argumente daarin kon slaag om te bewys dat mense ophou rook weens die verbod nie.

“Dit kan in haar wêreld ’n antwoord wees om mense sover te kry om op te hou rook, maar dit is wensdenkery. Om in die regte wêreld voor te stel dat jy deur die verbod mense sover gaan kry om op te hou rook, is heeltemal vergesog. Die goue draad hier is ’n onomkeerbare feit dat die verbod op tabakprodukte nie die aanbod gaan stop nie,” het Arnold gesê.

Fita SA het nou gevra dat die verbod ter syde gestel word. Die organisasie het ook gevra om die notule van die nasionale bevelraad se vergadering te sien waartydens besluit is om die verbod te behou nadat pres. Cyril Ramaphosa uitdruklik aangekondig het dat dit opgehef sou word.

Dlamini-Zuma het egter daarteen geskop en verduidelik dat die bevelraad ’n kabinetstruktuur is en dat sy besprekings daarom geklassifiseer is.

Die organisasie het verder aangevoer dat die regering Suid-Afrikaners se intelligensie beledig deur aan te voer dat hulle Covid-19 gaan aansteek deur sigarette met mekaar te deel. “Dieselfde geld dan vir die deel van selfone en die regering het niks hieroor gesê nie.”

Die verhoor het Woensdagmiddag voortgegaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

myvyfsent ·

Hi hoop tog die uitspraak vat nie te lank nie. Te veel mense het reeds selfmoord gepleeg oor die belaglike verbod op tabak. Mense wag angstig om te gaan koop.

Lourens CFG ·

Ek ook. Die spanning vir ‘n sigaret is groter as die spanning oor covid.
Ek is ernstig!

Anel ·

My ma is 83 en sy koop ook haar sigarette onder die tafel. Ek wil nie eers weet wssr sy dit kry of wat sy daarvoor betaal nie. So, die kopdoek vrou, tot sulke ou mense wend hulle tot onwttighede. Hoe dink jy gaan so ‘n ou mens nou ophou? En sy is do gedond as kan kom. Kannie onthou wanneer sy laas verkoue gehad het nie. So ek hoop hierdie aansoek slaag want ek is ook maar bang vir ma se veiligheid. Kyk, want sy koop skelm. Pa weet nie eers nie. So ja.

koos10 ·

Ek hoop op drie dinge:
1. Hof beslis teen kopdoek
2. Las dat sy nie mag appeleer nie en
3. Dat sy persoonlik aanspreeklik is vir die kostes.

JohanR ·

4. Gelieg vir die mense van SA.
5. Moet afgedank word omdat sy gelieg het.

Persheks Adri ·

Sy moet vervolg word! Hoekom word sy nie vervolg nie? Word gevang met 20 miljoen rand se drank en sigarette en sy kom skotvry daarvan af! Die weermag ou wat gevang is met sigarette is in die tronk. Wat maak haar spesiaal?

Michael ·

Sy kryp weg agter n sogenoemde kabinetstruktuur/bevelraad… Ek dink daars soveel fisiese items wat mense ongeag uitwissel en deel so wat sou haar/bevelraad se agenda dan wees? Ek dink ook dis n persoonlike/individuele keuse en menslike reg om te kies wat jy wil drink, rook, eet of watookal.

Okmardom ·

Krimenele dien in die raad. Party is nog verhoorafwagtend.

Magda ·

Hoop dat die “kopdoek” vandag sal sien wie het n se in die korrupte / kommunistiese SA. Nie sy nie of zumpie vir wie sy eintlik verteenwoordig nie. hy is nog ltyd in beheer deur haar, dis tyd dat sy ook moet gaan. hulle het net skade gebring in SA, en behoort eintlik nerens naby enige regering nie.

Hoekom ·

Niks geleer uit Amerika se “prohibition of alcohol” destyds nie. Sulke belaglike wette kan nie effektief uitgeoefen word nie en ly net tot meer smokkel en swendelaars wat dan direk bydra tot bendes(mafias) en bende geweld…

PH ·

Die kommunistiese geheimhouding deur lapkop van sake wat niks met staatsveiligheid te doen het nie is belaglik

Johann ·

Haar seun het seker al genoeg geld gemaak met sy onwettige cigarettes!! Kan nie vir myself dink dat hulle met so iets kan weg kom nie… Hoop die ban hou gou op! Mis my Winston blou

Alida ·

Ek het n goeie gevoel hieroor. NDZ is nagsbehep en maak miljoene terwyl SA R60m per dag verloor iets wat ons beswaarlik kan bekostig. Hoop die uitspraak is in Fita se guns.

Riaan ·

Dit is net uiters tragies dat dit elke keer ‘n hofsaak vat om die ANC se patetiese besluite omgekeer te kry. Dit is duur, dit vat tyd, en mens sou graag eerder wou sien dat hulle vir een keer in hulle bestaan verantwoordelikheid aanvaar vir ‘n verkeerde besluit.

Persheks Adri ·

Ons wag al lank vir die uitspraak. Ek hoop ook die verbod word so gou moontlik gelig!!! Hulle verwag ons moet die land bou, maar met die persoonlike vendetta teen ons rokers is dit lagwekkend verby en hul wil ons ook kriminele maak. Dlamini het mos nou genoeg geld gemaak en word nie eers vervolg nie! Verstaan nie hoe dink hulle om drank oop te maak wat erger skade verrig nie, want die domestic violence en dood syfers sal styg. Plaas “ban” hulle die pap, want daar gaan covid vandaan kom… Ek noem dit maar net

Piet Pompies ·

Ja natuurlik sal dit geheim gehou word tannie zol want anders gaan ons mos sien hoeveel julle onder die tafel kry van die onwettige handel af

Fedup ·

headscarf and her lot strain over gnats and swallow camels. They will cannibalize each other for power over all of us. But, no matter the outcome if this sigarette ban, their people just don’t like them anymore. Even their trust for this circus went missing a few weeks ago.

Punisher ·

Ek persoonlik ondersteen NDZ om die verbod op sigarette te verleng tot in lengte van dae……..dis die eerte keer in weke dat wanneer ek braai en ‘n lekker knertsie drink daar nie sigaret rook en stompies in my vuur beland nie. Ek stuur namens n vriend die boodskap…..LOL

Lourens CFG ·

Hy moet maar lekker alleen braai en die lietjie “Hier sit ek stoksiel alleen” sing.

Punisher ·

Lourens kom braai by my dan gee ek vir jou my vrou se sigarette om te rook langs my terwyl ek n knerts drink sy nog 4 cartons oor……..hier in Randfontein

Lourens CFG ·

As jy nie rook nie, sal ek nie langs jou rook nie, ek sal wegstap (windaf), klaar rook, rukkie wag, en dan weer by die braai aansluit.

Persheks Adri ·

Ek stem Lourens! Drank was en is volop te koop, maar ons moet wonder wanneer hul die sigarette terug sit op die rakke vir ons wat nie kriminele wil word nie!

Pappa Beer ·

Se eenvoudig vir jou vriend hy moet n netjiese braai area kry met n asbakkie of twee en hy moet dalk v sy gaste se om nie stompies in d vuur te gooi nie?

Wendy ·

Hulle met sommer die belasting op sigarette ook ophef sodra ons weer wettiglik sigarette mag koop, die regering se mos hulle het nie die sigaret belasting nodig nie.

Mieke ·

Gister op die sypaadjie… twee wat sit en ‘n sigaret deel so met die maskers aan!! ….

KB ·

Ek is so sat van patetiese reëls van die bevelsraad/regering. Hulle het net een ding aan die land gewys: Ons kan nie regeer nie, ons kan slegs “wheel & deal”.

MrMagic ·

Klomp bog dat die bevelraad se besprekings geklassifiseer is. Die mense is in diens van die mense van Suid Afrika en moet verantwoording aan hulle doen. Dink sy mag dalk ‘n baie ernstige breinsiekte opgedoen het.

gatgogga ·

Ja. Dit laat jou kop so met ‘n punt na agter opswel. By pappa aangesteek. Gedink julle sal dit nie onder die doek kan sien nie.

Chris ·

Ek het so groot geskrik vir die gerigte dat; drank verkope gestop of beperk gaan word. Ek het amper my bier laat val, terwyl ek ‘n sigaret opgesteek het.

Objektief ·

Mees kommerwekkend is dat dit die kaliber mens is wat toegelaat word om besluie te neem oor die land se toekoms.

As sy so belommerd was oor die mense se gesondheid sou sy suiker verban het. Syfers uit die Wes-Kap wys dat n baie hoe persentasie sterf as gevolg van komplikasies van suikersiekte saam met Covid 19. Veban sy Suiker?

Ry nou die dag in die hoofstraat in die naburige woonbuurt en daar sit 4 knape en deel n dagge zol openlik.

Ongeveer 250 000 mense sterf jaarliks aan HIV/AIDS en dit neem toe. Wat doen die ANC daar omtrent?

Moord en ongeluksterftes maakjaarliks meer uit as die hoogste (bedenklike) voorspellings vir Covid. Wat doen hulle daaromtrent?

Okmardom ·

Ek wonder hoeveel in die parlement het krimenele rekords. Wonder hoeveel het geldige rybewyse. ..weet iemand?

Pappa Beer ·

Die rook verbod is absoluut belaglik en geen verduideliking deur kopdoek of haar makkers kan dit regverdig nie, dit gaan totaal en al oor omkoop geld en bedrog maar niemand staan op teen die ou feeks nie. Enige iemand met oe in hulle kop kan sien dat dit n onderduimse geld invordering is en dat daar geen logika in steek nie. Oop en blote diefstal deur die Anti Nicotine Council regering.

Magda ·

Ou kodoek – hoop jy gaan op jou neus kyk hier, maar ja ons weet wat regtig gebeur in ons Howe ne. Sal maar sien.

Andre ·

Snaaks dat duisende mense vergiftig word deur steenkool kragstasies maar dis blykbaar nie ‘n probleem nie.

Pieter ·

Ek dink sigarette moet permanent ge”ban” word, dit is so lekker om vars lug te ruik en geen stompies le die wereld vol nie!!

Johann ·

As dit oor deel van sigarette, of Zol, soos sy dit noem gaan, dan kan hulle net sowel koeldrank, eetgery en ‘n magdom ander goed verband. Ook, nou dat sigarette skaars is onder die armes rook daar 5 aan een zol inpleks van net 1 of 2. Ek is nie eers ‘n roker nie maar weet dat rokers wat ek ken nog nooit sonder sigarette hoef te gesit het nie. Hulle het of opgestock voor lockdown of kan koop op baie plekke. Al is dit duur. Al die belasting wat die regering verloor het sal seker opgemaak word deur tabak en drank nog swaerder te belas na lockdown.

Hannelie ·

Ek stem die vrou weet nie waarvan sy praat nie. Ek is ‘n nie-roker maar mense betaal ‘n plaas se prys op die swartmark vir sigarette.
My ma sal nie ophou rook nie, sy sal nou net meer rook as die verbod op sigarette opgehef word.
Het die vrou ‘n dokter geword intussen waarvan ons nie weet nie?
En van wanneer af wil sy die land se mense “beheer”? Hoekom maak jy reëls as jy nie weet waarvan jy praat nie? Wens net iemand wil haar uit die kabinet kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.