‘Taegrin se dood het die land verenig’

Taegrin Morris Foto: Twitter

Taegrin Morris Foto: Twitter

David Makhura, premier van Gauteng, sê die wrede sleepdood van die vierjarige Taegrin Morris, het die gemeenskap en land herenig.

“Hy het die gemeenskap verenig in ‘n manier wat ons nie in die afgelope 20 jaar gesien het nie. En hy het inderwaarheid ook die land herenig,” het Makhura Saterdag tydens Taegrin se begrafnis gesê.

Taegrin is verlede naweek dood nadat kapers die Volkswagen Golf waarin hy, sy ouers en sussie gery het wou kaap. Teagrin se beentjie het in die babastoeltjie se gordel verstrengel geraak toe sy ma hom wou uithaal, en die kapers het met hom weggejaag. Taegrin is vir ongeveer 8.5km ver langs die motor gesleep. Die kapers het daarna die voertuig langs die pad gelos en gevlug.

“Ons is diep seergemaak, geraak deur die pyn wat hy moes verduur en die manier waarop die hartelose moordenaars sy lewe geneem het. Ons moet in sy naam sê ‘genoeg is genoeg’. Ons moet hulle almal vind en hulle uit ons gemeenskappe uitdryf.”

Kol. Noxolo Kweza, woordvoerder van die polisie, sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met Taegrin se dood nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jeanette ·

Dit was meer as wreed ek hoop as hulle gevang word daar met hulle dieselfde gedoen sal word. Hulle is niks anders as wrede genoellose gemors nie. Simpatie aan ouers.

M Nader ·

Stel jou voor die land word “verenig” omdat my naaste op die plase vermoor word en daar is n beloning uit om die moordenaars te hang .

karen ·

Ek se bring die doodstraf trug! Dus gemeen en harteloos wat hulle gedoen het!!!!!

EMK ·

Ag tog David Makhura – hoevele kere moet ons NOG sê genoeg is genoeg? Belaglike ou sinnetjie. Ons almal het dieselfde woorde al miljoene kere gesê en steeds gaan dit net aan. Dis maar jy en jou regering wat julle doofhou – solank hulle niks oorkom het hulle nie ‘n saak met die res van ons nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.