Taegrin-sleepdood: Aanklagte teen verdagte teruggetrek

Thamsanqa Twala tydens sy eerste hofverskyning Woensdag  in die Boksburg-landdroshof. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thamsanqa Twala tydens sy eerste hofverskyning. Foto: Werner Beukes/SAPA

Aanklagte teen Thamsanqa Twala (32), ʼn man wat moontlik deel was van ʼn groep wat die sleepdood van die vierjarige Taegrin Morris veroorsaak het, is Vrydag in die Boksburg-landdroshof teruggetrek

“Soos die staat aangedui het, word aanklagte teen die beskuldigde teruggetrek. Hy word met onmiddellike effek vrygelaat,” het landdros E Magamba beveel.

Die staatsaanklaer het nie ʼn rede verskaf waarom aanklagte teen Twala teruggetrek is nie.

Mense in die openbare galery het ná die hofverrigtinge beëindig is na die landdros en staatsaanklaer gewys en geskreeu: “Genoeg is genoeg. Nee man!”

Daar was ʼn sterk teenwoordigheid van polisiebeamptes en lede van die Ekurhuleni-metropolisie by die hof.

Taegrin is in Julie vanjaar dood toe hy kilometers ver buite sy ouers se gekaapte motor gesleep is. Hy het in sy veiligheidsgordel verstrengel geraak toe sy ma hom wou uithaal, en die kapers het met hom weggejaag. Sy ouers is in Reigerpark gekaap en die motor is later in Boksburg opgespoor. Taegrin was reeds dood.

Twala is op 28 Oktober in Katlehong in hegtenis geneem, nadat hy as een van die vermeende kapers geïdentifiseer is.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Francois ·

Nou wonder ek maar net, hoekom trek hulle nie die klagtes teen Oscar Pistorius ook terug nie…wat se verskil is daar..oh ja…ek weet nou!

Francois ·

Nou hoekom word die klagtes teen Oscar Pistorius nie ook terggetrek nie? Wat se verskil is daar? Oh ja nou weet ek…

Patat ·

Wat!?? Maroela, is julle sèker van julle feite? Dit kan mos nie wees nie?

Johan Smit ·

Wat gaan met die SA polisie aan. Die sake word so een na die ander terug getrek. Piesang Piesang paw-paw. Wat se Republiek is die?

Cins ·

Ek verstaan nie, Taegrin se ma Chantel het Thamsanqa Twala uit herken as die een wat die vuurwapen teen haar kop gehou het…. maar omdat die polisie weereens nie hulle werk reg gedoen het nie loop die stuk gemors nou vry rond…. vir een keer hoop ek daai gemeenskap vat die gereg in hulle eie hande……

SNEL ·

Die hof moet maar hul uitspraak gee, die publiek ken sy gesig, hulle gaan maar net reg en geregtigheid in eie hande neem. Ook maar goed so. Sy dae glo ek is getel, hulle sal hom nie laat vry rondloop nie. Ek hoop so, want hoe moet Taegrin se ouers voel, die gereg het hul rug op hierdie ouers gedraai. Skandelik!!!!

Ina Smith ·

Dis elke keer die verskoning en so kom mense weg met moord. Hoe pateties is die opleiding dan van Polisielede???Agg nee ons is eerlik so dom om elke keer die verskoning te glo nie, Moordenaars/misdadigers het meer regte as enige ander persoon in SA .. en natuurlik geld praat of verhoed dat daar gepraat word en reg geskiet , dit weet ons almal ook ,,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.